Vis Arend
Bachelor Dog
- Joined
- Nov 14, 2010
- Messages
- 11,824
- Reaction score
- 2,023
- Location
- King William's Town
- Bike
- Honda CRF-250 Rally
Wat kan ek sê, die knieg is uigesort, die Dr is happy, die vrou is happy en ek is happy. :biggrin: Die vorige week se toetsrit,
https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=113234.0
was ‘n sukses, so dit was nou tyd vir ‘n langer trip. :deal:
Ons het al so paar kere daar in Oudtshoorn se omgewing rond gerits, maar ons staatmaker GPS, ChrisL :thumleft:, het onlangs vir my goeie inligting gegee aangaande Rooibergpas en onder andere Cloetespas. Dit was langnaweek en ek skat ek kan die trippie inwerk oor 3 dae.
Ons beplanning was om die Saterdag uit King William’s Town te vertrek tot by De Rust, daar oor te slaap en die Sondag ‘n sirkel roete doen oor Rooibergpas, dan Cloetespas en terug na De Rust. Die Maandag sou dit weer terug King toe.
Dag een se roete.
Soos gewoonlik kan ‘n mens die roete beplan na hartelus, maar die weer kan jy aan niks doen nie. Die oggend was ons oudergewoonte vroeg uit die kooi en op die pad, reen en al. :eek7:
Die reen het ons besig gehou tot net so voor Bedford, die kiekie is in Bedford geneem.
Bruintjiehoogte, oppad na Pearston
Die eerste stukkie grondpad vir die dag na Jansenville. Vandat ek by die huis weggetrek het hol die bike die wereld vol, iets voel net nie lekker nie, maar ek skryf dit toe aan die nat teerpad, maar toe ek die grondpad slaan toe hol die fiets nog steeds in alle rigtings. Ek stop maar en blaas die bande so bietjie af, maar nogsteeds dieselfde probleem. Soos ChrisL sê, smaak ek ry ‘n ander man se bike. Ons ploeter maar voort, want ek sien niks fout nie. Die pad is wel stuk stuk modderig, maar niks ernstig nie. Ek sê vir myself dit is seker maar die modder wat so plek plek opduik.
So 10kilos voor Jansenville klim ons weer op die teer, nog so 4 kilos aan stop ons by die padstal vir ‘n brekkie.
Die son sit nog laag maar is klaar besig om sy krag te wys. Die fiets staan maar in die skadu.
Daar is hordes van die op die pad.
Die manne daar op die “Good food en Braai” thread praat nou die dag van pie, chips en gravy, vandaar is ek so lus vir die bedryf. :drif:
Ons was nog so besig om te eet, toe kom daar nog ‘n biker en pillion ingetrek, hulle fiets is lekker vol modder. Ons groet vlugtig en ek bekyk die fiets en sy se mense so onderlangs. Iets wil ‘n klokkie lui, maar ek bly maar stil, ek is maar van die skaam soort. Die volgende oomblik staan die man hier langs my en sê hy sien die Wilddog sticker en stel homself voor as Mother, dis toe dat die klokkie lui. Ek volg die man se fotos van die Namibia trip draad ywerig en wou ook al een van sy jaar eind jolle bywoon. Hier is die mense in lewende lywe.
Hulle is vroegoggend weg van Cradock en het so deur die modder aangeploeg gekom tot hier. Hulle is nou min of meer op dieselfde roete as ons tot by De Rust. Net daar besluit ons om so entjie saam te ry. Ek het egter besigheid gehad om te doen in Klipplaat en skiet so paar minute voor hulle daarweg. Ek sluip Jansenville binne, Bie se dorpie, maar sy skerpskutters is vas aan die slaap en ons sluip daardeur sonder om opgemerk eepwall: te word en is veilig oppad na Klipplaat.
Klipplaat se ou kerkie
Terwyl ons vir Mother wag speel vroutjie alweer. :biggrin:
Mother daag op en ons slaat so agterpad na Willowmore, dis die eerste keer vir my op die pad, ChrisL het gesê dis ‘n mooi pad.
Die donderwolke staan stewig, maar ons ry onder hulle uit.
Die wêreld moes goeie reens oornag gehad het.
Mother briek hande viervoet toe hy die skillie sien, hy sê dis die grootste een in ‘n lang tyd wat hy gesien het.
So paar kiekies van die lekker pad.
Die mense geniet die langpad.
Toe is dit op die enkel sementpad tot in Willowmore.
Willowmore moes ons gou sousies tap en Mother het nog ‘n paar honderd kilos wat vir hom voorle en besluit om teerpad te slaan om tyd op te maak. Ons groet soos ou vrinne en elkeen slaan sy eie rigting in. Veilig ry julle, dis was 'n voorreg om julle te kon ontmoet. Hoop om binnekort weer raak te ry. :thumleft:
Ou “Skollie” is die tjor se naam.
Ek en vroutjie is weer op die pad na Klaarstroom.
Iemand het die boom net halfpad gesaag
Die pad ry te lekker en die fiets is al hoe stewiger op die pad, daars niks van rondhol meer nie. Ek reken toe maar dis die nuwe agterband wat ek laat opsit het wat nou lekker ingeloop is.
Vroutjie het tot tyd vir speel.
Die goggas het ons al lekker bygekom, kyk net hoe vuil is die helmets. :
Gou ‘n draai gemaak by die siding.
Vondeling stasie
Ai, dis hartseer om die gebou so te sien.
Hierdie riviertjie was lekker vol.
Nog so paar kiekies van die pad na Klaarstroom.
Die ou het met 'n slakkepas van voor af gekom. Ek weet nie waarheen hy oppad was nie, maar problem sal hy voorentoe kry.
Die uie staan mooi.
Toe kom ons uit op die N9 teerpad net noord van Meiringspoort.
Meiringspoort oppad na De Rust.
In Meiringspoort stop ons by die watervalle, maar dis net karre waar jy kyk, smaak my die hele Vrystaat, Transvaal (Noord, Oos, Suid en Wes) is hier, dis net mense waar jy kyk. :eek7: Ek vat so rustige draaitjie om te parkeer. Ek hel lekker oor vir die draaislag, maar my spoed is ver te min, en net daar donder ons neer, voor al die mense. Ek sal nie sê wat my vrou gesê het nie, anners sal ek ‘n ouderdomsbeperking op die RR moet sit. Ek het lekker gat gevoel, maar rustig die bike opgetel asof ek ‘n ou pro is, sidestand uitgeskop , ‘n sigaret aangesteek en rustig gerook. (Met die helmet op) :-[
Die ou verkoop roosterkoeke, nadat ons ingeboek het is ek terug om ‘n paar te koop vir die aand se braai net om uit te vind die man is weg. Ai tog.
‘n Welverdiende lafenis na ‘n lekker, maar lang dag in die saal.
Dag een was afgesluit met ‘n heerlike braai.
Dag 2 volg...............