Van My Kant af
Ek sal later die foto's en video wat ek het op sit.
Gaan ook nie baie dwel op die roete vanaf huis tot by Oasis nie.
Na al die handskud en voorstel, besluit ons om tot op Wuppertal te ry, iets te eet en dan die roete te pak.
Die pad vanaf Oasis tot Wuppertal is maar sleg verspoel en ons het dit maar rustig gevat.
Na lunch by Wuppertal is ons oor rivier en tussen paar huise verby. Ons kon 'n pad teen die berg uit sien. Baie Los klippe. DZ voor maar ons het verkeerd gery. RR op die kleiner fiets het gou gaan loer boontoe en kom terug en se ons moet maar omdraai. Weer af teen berg, vang regte pad en begin klim.
Op hierdie stadium begin ek warm kry, erg warm kry.
Die pad maak so 'S' teen die berg op, ek maak laaste draai en daar is nog so 200m oor. Ek stoei erg met die XR en ons maak so Klein Atoombom ontploffing soos ons val. Op hierdie stadium kan ek nie eers my fiets self optel nie, DZ genadiglik kom help my, toe ek hom optel sien ek 51grade op my temperatuur lesing.
Die XR wil niks weet van aanskakel nie, DZ SE enigste oplossing is om om te draai en berg af te probeer. Nie wat ek wil hoor nie.
Ek sukkel om asem te haal.
Partykeer moet 'n mens stop en "Admit Defeat", Letterlik "Live to fight another day"
My fiets is heeltemal te swaar gelaai vir wat ek met hom probeer doen.
Ek het dieselfde Riding Gear aan wat ek in die winter mee ry, heeltemal te warm aangetrek, kan nie regtig van iets onslae raak nie.
Die hitte is so erg dat die XR nie wil start nie, dit is in my mind dat alhoewel hier nou afdraande is om hom te start, wat gebeur as dit bo gebeur? Daar waar dit plat en sand is?
My fisiese kondisionering is klaarblyklik nie dieselfde as die ander manne nie, en wat Ou nie eintlik wil erken nie, hulle is heelwat jonger.
Last but not least, hulle is duidelik beter op die fietse as ek.
So oomblikkie van self ondersoek en ek besef - Ek gaan nie die roete maak nie.
Kerels, ek gaan terug, moeilke woorde, maar na lang denke hieroor na die tyd, die regte besluit op daai oomblik.
Ek vat die pad af, maar vorder net so 200m, daar le ek weer. RR kom help my en Lang storie kort.
Hy ry op die einde my fiets tot onder en ek kom op sy KX.
Hierdie Ou is Tuff en hy kan 'n fiets ry. Ou Tolla sou gese het hy maak sy broek met 'n Geelslang vas.
Onder by die huise kry hy koue water vir ons en ek rus, plat op my rug. Hy vat die pad op boontoe en hulle gaan die roete voltooi, iewers het ek die sat phone vir hulle gegee.
Vir my is die avontuur oor, vir nou. Ek sal weer terug wees, maar beter voorbereid wees met regte toerusting.
Die res van die storie los ek vir die Manne wat dit gemaak het. Welgedaan Manne