My apologies to the English speaking wilddogs for doing this in Afrikaans but I cant express myself as well in English as in Afrikaans.

As ek moet dink aan n opskrif vir n RR sal ek dit noem "n Sout happie so nou en dan"
Laat ek die sout happie verduidelik.
Die lug daar bo was maar dun en die hutte het nie gehelp nie so suurstof in die lug was skaars. Met die erg klip banke se uit ry raak mens so bietjie uit asem. Dan moet jy erg oop mond asemhaal om net so bietjie asem terug te kry anders oor verhit jy.
Nou met die oop asem storie loop daar so nou en dan n sweet druppel oor jou lippe en die gee bietjie sout terug.
Ek weet nie of dit net ek is maar ek het so warm geword dat my snot in my neus gesmelt het en soos sweet begin loop het.
Ek gaan maar nou nie verder verduidelik nie. Ek dink julle moet maar julle eie verbeelding gebruik om te dink wat gebeur het terwyl jy ry en nie hande van motorfiets se stuur af kan haal om vinnig genoeg die lopende vloeistowwe ter keer uit verkeerde plekke in loop nie.
Weet nou nie of dit die sout happies was nie of die baie water nie maar ek het darem nie heeltemal weg gesmelt nie.
Ok genoeg oor die souttert meer oor my ervaring van die ride.
Vir my is die sederberge een van die beste plekke in die wêreld om bike te ry so as ek n ride sien met die opskrif sederberge stel ek dadelik belang.
My enigste worries was die tyd van die jaar is die sederberge baie warm. Oorspronklik sou ek op my XT660R gegaan het maar 3 dae voor die ride besluit ek en vroulief dat die hele familie met n paar dae kan doen van rustige wees daar by Gerrit en Chantelle.
Met vele kinders en baie bagasie was my bakkie toe nie groot genoeg vir XT660 by nie. KX250 was al wat pas. As ek nou dink aan die ride was dit die beste ding wat ek kon doen. Die KX het n paar keer goed te hand gekom en gehelp waar dit nodig was. Ek glo my XT600R sou menige keer oor verhit het, dalk probleme gegee het in die hitte op die berg en dit sou nie n goeie ding gewees het nie. Op n koeler tyd van die jaar gaan ek terug gaan en die XT660R sal daai paadjie doen.

Dinsdag oggend voor Oasis reg vir die uitstappie wat wag. Dit was so teen 10uur die oggend. Die kinders en vrou het al klaar geswem en was reg om uit die son te bly tot later die dag. Ek skat dit was toe seker al naby die 30grade buite.

Jaco(Grondpaaie) besig om sy Satfoon in te stel en alle nood nommers in te programmeer. Ek was baie beïndruk met sy setup/bike. Hy het alles saam gebring vir n 3 maande lange bike trip.


My eerste gedagte was ons gaan een aand dalk oor bly en dan ry ons n ernstige 4x4 roete. Wil mense nie dalk so min moontlik gewig by jou dra nie? Maar ek is nie een vir in meng met ander nie en die is n groot man! Ek het maar nie baie gesê nie.

Riaan(Dikzol) Het ook goed gepak vir n lekke lank bike trip. Ek was baie beïndruk toe hy n 5+l water sak uithaal en agter op sy bike begin vas maak. Ek het eers gewonder of dit vir n shower is want die water het so lekke uitgeloop teen die kant. Draai toe uit dit het bietjie skade gelyk met die op trip tot by Sederberge. Sakkie was toe maar afgehaal en het by Oasis gebly. Ek kon gedoen het met n shower so halfpad deur die roete.

Die roete van Oasis tot by Wuppertal het sommer vinnig gegaan en amper geen probleme nie behalwe vir my Petrol kannetjie wat die hele tyd wil afval.

Teen die tyd wat ons die roete begin ry was die son op sy hoogste. Ek weet nie of ek dit al gesê het nie maar dit was toe al "k@k warm"


Die mooi pers blomme sakkie in die fotos hier bo is myne. Sal later n bietjie meer oor dit uitbrei. (PS:Laat die kleur julle nie dink aan ETS nie?)
Ek het nie baie kans gekry om fotos te neem nie. My kamera was in my mooi pers sakkie en die was op my skouers en dit was PT om dit af te haal.
Die op ry deel het heel wat langer geneem as wat ons verwag het. Met Jaco se bike wat nie wou start nie en hy wat moes terug het ons seker n ekstra uur, uur en n half gevat om tot bo te ry. Dit het my darem n kansie gegee om te voel hoe ry n XR650L. Met n bietjie minder bagasie op is ek seker sal Jaco daai bike maklik daar uit ry.
Teen die tyd wat ons hier by die bossie gekom het was ek al redelik moeg en uitgeput van die hitte. Ons het seker n uur+ hier gerus.
(Foto copy Dikzol)

Ongelukkig het ek nie baie fotos geneem van hier tot bo nie en ook nie veel van op die plato nie. Sorry. Daar is darem video.

n Boom wat my gat gered het van hitte uitputting! Het ek julle al gesê hoe vrek warm dit was daar bo? "K@k warm"


So n paar klip huisies. Was geen mense daar nie. Ek dink hulle bly seker net daar in koeler tye.

Van hier het ons die pad so bietjie byster geraak. Dikzol was nie baie gelukkig oor dit nie want meeste van dit was op los sand en sy gladde tires het nie gehelp nie. Ek dink dis hier waar sy moed erg gebreek was, In hitte soos daai dag is dit nie kinderspeletjies nie. Sy motorfiets was seker 50kg swaarder as myne met bagasie en ryer by. Ek dink meeste manne sal daar onder daai groot boom bly lê het maar hy het aan gepor en deur gedruk. Tuff is n goeie woord om hom op daai oomblikke te beskryf.

Toe ons uiteindelik die anderkant van die roete bereik het die son al redelik laag begin hang. Ons het n kort gesprek en besluit Oasis het koue's en ons wil deur druk.


Daar onder lê Wuppertal.

Van hier was dit n maklike vinnige ry tot by die af passie.

DIE AF PASSIE
Ek gaan nie veel uitbrei oor die pas nie. As jy nie self daar is nie sal jy nie die gevoel kan verstaan nie. Na jy amper omval van hitte uitputting en dan kom jy by die afdraand dan breek dit jou hart soos Dikzol gesê het. Mens wil amper op gee.
Woorde soos "hoede fok gaan ons hier af kom" "goeie fok dis styl" "net ouens met groot ballas sal hier afry in n 4x4" word gebruik.

Een foto van die afsukkel. Die is in die begin soos ons oor die rantjie gegaan het en van hier raak dit net steiler.

Na baie rus en baklei met die bikes het ons dit gemaak tot onder die steil deel. So dink ons wel ons is nou amper onder. LOL.
Hier lê ek onder n bos en tiep vir n rukkie.



Laaste fotos wat ek geneem het net soos die son gesak het agter die Eselbank berg.

Daar op regter kant lê Eselbank. Eselbank waterval se rooi klip rante is baie mooi van die kant van die vallei.

Kom ek gee so bietjie raat oor pers rugsakkies.
n KX het mos nou nie juis n subframe nie so die enigste plek is op jou rug. So pak ek maar die nodige water en kos en slaap goed in die pers sakkie. Met als in seker so 7-8kg. Wel 7-8kg as jy begin ry.
Teen die tyd wat ons die berg begin op ry het het daai sakkie soos 15kg gevoel toe ons die berg begin afry toe voel daai sakkie soos 50kg.

Die uitwerking wat dit op jou arms het na so n lang dag in die saal met daai hitte(Ek het julle seker al gesê dit was "K@k warm")is net pyn. dit voel of die sak se straps deur jou arms wil skeur.
So die moraal van die storie is moet nie bagasie op jou rug laai as jy op n "k@k warm" dag n erg 4x4 roete wil gaan ry nie. Dit gel nie!
So dink ons net so klein entjie dan is ons onder. Haha net soos met die op was die af ook oor elke rantjie lê daar nog een en wag. Teen die tyd wat ons by die t aansluiting kom vir Wuppertal se pas was dit amper donker en ons was fodder/opela/klaar/fokkolniemeernie.
Ek stop en vra vir Dikzol wat nou net soos gewoonte kry ek net n thumps-up en daar gaan ons al weer.
So nou is dit amper donker en ons is op ons laaste bietjie krag. Twee bikes, een met n kerslig vir n voorlig en een met niks. Die Wuppertal, Eselbank roete op n goeie dag is nie die maklikste roete vir meeste bikers nie. Dis hier waar Dikzol lyk my weer n bietjie krag gekry het want hy is toe op die KX.

Ek weet nie of hy op gevoel gery het nie maar ek moes my gajja afry om die lig so nou en dan darem te skyn waar hy ry.
Ek glo ons het van Wuppertal tot by Oasis in 45min gery daai aand. Daai roete het baie hase op in die nag, verder het ek nie baie gesien nie net stof en modder wat Dikzol vir my aangegee het.
Ons het so net na 9 by Oasis gestop.
Dit was n harde dag, die gevoel van tevredenheid toe ons daar stop is iets wat jy net op n harde dag soos daai dag kan kry.
Wat het ek geleer uit die ride?

Fokkol nie.

As ek nog so n opskrif in "planing a ride" sien is my naam weer by. XT660R moet nog daar oor.

Dit was k@k warm!!!PS: Video sal eers na die naweek klaar wees want ek moet n Daddy, kiddy ride gaan doen die naweek. Lekke!!