Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: HP2 Dwarsbar Dash 2012  (Read 2082 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Fenderbender

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,623
  • Thanked: 6 times
  • Robertson
HP2 Dwarsbar Dash 2012
« on: December 27, 2012, 08:06:44 pm »
Weereens n lekker dag manne , ek dink hierdie sal n jaarlikse instelling moet raak . Maar laat ek voor begin . Ons het laas jaar besluit om n slag bymekaar te kom hier oor die groot dae en sommer n draai te ry . Dit was so lekker dat ons besluit het om dit vanjaar weer te doen . Ons mees sentrale punt wat ons kon kry wat darem die meerderheid se goedkeuring kon wegdra , was weereens Riversdal .

Ek , Seeduiwel ( KTM , maar daaroor later ) en Vaalbaas is so net na 6 am uit Robertson . Op Riversdal n lekker brekkie geeet en toe ek my o uitvee , toe staan daar 9 HP2 's . Nou ja , vir n Boxer , HP2 petrolkop soos ek , kan ek nie die gevoel vir julle beskryf om sommer 9 van die goed op een dag bymekaar te sien en dit net vir n dagtrippie nie .

Ons beplan sommer so tussen die toastbroodjie , eier en bacon ons finale roete . Bermrooster is toerleier en ons kies koers Gysmanshoekpas toe . Sommer van die begin af loop hy teen n redelike opgewekte tempo . Nodeloos om te s , ek het fnokol gesien en ek het fnokol foto's geneem . Ek moes net daai 2spoor dophou . Na so 10 minute stop ons anderkant die pas onder n paar koeltebome vir n smokebreak . As ChrisL by was , sou ek hom so duidelik hoor  s : " Nee krels , ek kom wys vir julle die natuur en dan fnok julle die paaie so op !! " :imaposer:

Ok  , eers n paar prentjies
1 en 2  Bymekaarkom Riversdal
3 en 4  Smokebreak anderkant Gysmanshoekpas 10 minute later



« Last Edit: December 27, 2012, 08:17:41 pm by Fenderbender »
 

Offline Mof

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Boss Hoss (all models)
    Location: Northern Cape
  • Posts: 1,270
Re: HP2 Dwarsbar Dash 2012
« Reply #1 on: December 27, 2012, 08:47:08 pm »
Gaan nou 'n week laat in julle wreld kom, lyk my ek sal maar volgende jaar spesiaal die trippie moet maak. Daai foto voor die Dwarsbar in Veldbrand se thread het my erg jaloers gemaak.
 

Offline Fenderbender

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,623
  • Thanked: 6 times
  • Robertson
Re: HP2 Dwarsbar Dash 2012
« Reply #2 on: December 27, 2012, 09:10:03 pm »
Ja nee Mof , Veldbrand het n lekker plekkie daar uitgeskrop . Ek dink nie ek sal ooit weer daai ou vervelige stuk teerpad tussen Montagu en Ladysmith ry nie . Van nou af is dit  grondpad al die pad van Montagu af deur Ouberg tot by die Dwarsbar by Ladysmith . Sou lekker wees as jy kon saamry . Hierdie is ons dam se eende .
« Last Edit: December 27, 2012, 09:13:00 pm by Fenderbender »
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 32,157
  • Thanked: 838 times
    • dustriders.co.za
Re: HP2 Dwarsbar Dash 2012
« Reply #3 on: December 27, 2012, 09:15:29 pm »
Sal nogal gaaf gewees het as ek geweet het julle ry n entjie :peepwall:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Berm_Rooster

  • is childish hooligan, not a
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS HP2
    Location: Mozambique
  • Posts: 4,376
  • Mossel Bay every other 6 weeks
Re: HP2 Dwarsbar Dash 2012
« Reply #4 on: December 27, 2012, 09:33:26 pm »
Thanks HPF en Fendie vir die idee en finale reelings. Ekt dit haie geniet.

Het geen fotos, maar daas n paar videos wat ek aan sal werk more en dan oplaai.

Chris, ekt niks met die reelings te doen gehad nie. Hullet my ne n datum en tud gegee. Maar namens hulle vra ek jou om verskoning dat ons jou nie laat weet nie. Sorrie ou maat.

Die res van die ouens, was lekker om almal te ontmoet en saamejulle te ry!
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 32,157
  • Thanked: 838 times
    • dustriders.co.za
Re: HP2 Dwarsbar Dash 2012
« Reply #5 on: December 27, 2012, 09:35:01 pm »
Ook maar goed so. Ek kan nie byhou by julle ouens. :eek7:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Fenderbender

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,623
  • Thanked: 6 times
  • Robertson
Re: HP2 Dwarsbar Dash 2012
« Reply #6 on: December 27, 2012, 09:39:17 pm »
Vandaar kies ons weer koers na Barrydale se kant toe , net om ons na 10 kilo's vas te ry in n vrou , ouma , 3 sproetgesig kinders en n hondjie , met n papwiel . Ek was net besig om die laaste goedjies uit die boot te haal om by die spaarwiel uit te kom toe die res van hulle geselskap daar aankom . Ek was nogal verlig , daai koue bier by Ronnies het hard geroep .  ;D  Net voor ek ry vra die vrou vir my , " Hoekom lyk julle fietse almal dieselfde ? " Ek was nie lus vir n lang antwoord nie , toe s ek maar vir haar , ek dink nie sy sal in haar lewe ooit weer so klomp van hierdie fietse bymekaar sien nie .  Toe ek wegtrek toe skree sy vir my : " Is dit almal BMW's ? "  Ek het maar net so knik met my kop gegee .

By Ronnies aangekom en moes darem net eers n draai maak op die ovaalbaan , en toe , en toe , en toe , toe smaak daai koue biertjie darem lekker  :thumleft:

Nadat ons vir Bermie weer op werkstemperatuur gekry het ( wie het n foto )  , het ons weer in die pad geval .  So stuk aaklige lang teerpad ingepak tot so 20 kilo's voor Ladysmith . Links afgedraai op n grondpaadjie en daarvandaan was dit strepie 1 , strepie2 en n mo@rse klomp pret regdeur tot by Veldbrand Benoudeboud se lekker plek .
 

Offline Kalahari Leeu

  • Member
  • **
  • Bike: BMW R1200GS HP2
    Location: Northern Cape
  • Posts: 150
Re: HP2 Dwarsbar Dash 2012
« Reply #7 on: December 27, 2012, 09:53:08 pm »
Ek wil net graag he daai foto's / video van daai mooi wheelies moet ook hier bykom!
Praat maar .......jy's deur.
 

Offline Fenderbender

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,623
  • Thanked: 6 times
  • Robertson
Re: HP2 Dwarsbar Dash 2012
« Reply #8 on: December 27, 2012, 10:09:22 pm »
By die Dwarsbar het  Veldbrand vir ons  n paar lekker koues gereed gehad , net die regte medisyne vir hierdie "klein karoo brand jou vrek as ek jou alleen kry " sonnetjie .  Lekker geeet en dankie vir julle gasvryheid . Die Dwarsbar ry ek nie sommer weer mis nie .  :thumleft: As daar enigsins strepe op jou werf l , Bermrooster het n lisensie vir n hark en hy het aangebied om die landscape vir jou gratis te kom refill . Al die strepe en merke buite jou hek sal gelukkig onder julle plaaslike Munisipaliteit se onderhoud val  vir herstelwerk en kosmetiese rekonstruksies .

Dankie weereens vir julle gasvryheid Veldtie en dankie vir die manne wat die dag moontlik gemaak het . Ons groep was :
Niku ..........ala   Niku
Howard.....        HPFreak
Leon...............   Leo
Jaco..............    Jaco M
Jacques ........... Kalahari Leeu
Roelof ...............Fender
Roelf..................Seeduiwel ( maar meer hieroor later )
Ludolf.................Vaalbaas
          ................Bikermice  ( jinne eks sleg met name onthou )
Durandt...............Bermrooster



Hiers die masjiene en die mense wat dit so lekker maak van alle angles af .  :thumleft:

« Last Edit: December 29, 2012, 11:01:30 am by Fenderbender »
 

Offline VaalBaas

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS HP2
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,534
  • Thanked: 203 times
  • Sogenaamde Vleismeester
Re: HP2 Dwarsbar Dash 2012
« Reply #9 on: December 27, 2012, 10:20:18 pm »
My dag het so geloop:
4h55 trek ek uit Gouda en maak op Worcester die eerste keek petrol vol. Net so met sonsopkoms.

Van daar na |Robertson om ir Fenderbender op die kirb te waar hy al wag vir my en See duiwel met die .....

Ons vat 'n grondpad deur Bonnievale ek dink tot in Swellendam. Van daar teer tot in Riversdal waar ons wag vir die res van die pak

Eet brekvis en eweskielik is daar 9 HAA PEE 2 bymekaar. Bermrooster vat "leader of the pack"oor Gysmanskloof waar rondkyk redlik beperk is. Die pad was bietjie nou vir die spoed van die dag. Anderkant vat die manne smokebreak en ons stoot aan na Ronnies vir 'n heerlike (R20) koue bier.

Intussen kry ons die les "Hoe om te wheelie" deur Fender en ons kry weer 'n gronpad tot by Veltie se Dwarsbar. Moenie ooit vergeet om daai koedoeburger te bestel nie  --  HEERLIK  --

Die twee foto's voor die Dwarsbar is sekelik waaroor die dag gegaan het. Die eerste een van hulle tieties en die tweede een van hulle boudjies. Is dit nie mooi nie. En dan is hulle nog 9 bymekaar ook. (Daar ver is ook iets ORANJErig, maar die ou se hart is reg)

Die pak split en ek, Fender en See Duiwel ry die lekkerste grondpad Montaque toe. So erens in die middel is daar nog 'n seks shop(met selnr en 'n cheap rate)

Ons drie groet op Ashton en ek pak die noorwester tot net duskant Wolesley en vandaar sommer omdat hy daar is die grondpad Tulbaghstasie toe.

My total vir die dag - 693km en gooi maar nog

NS - Dit was lekker

NNS - Julle is 'n moerse lekker groep

NNNS - Dit was FNOKKEN lekker
2006 Hp2 # 882 #1555 #1784 - 2008 R1200 GSA -  2009 R1200 S - 1998 R1200 C - 2020 RnineT Pure
2012 TW200
My eertse foutjie KTM RC8 en toe nog n 525 ook
Project Bikes - 2003 Yamaha 350 Banshee SE - 2006 Yamaha 200 Blaster SE - TW200
As ek nie gister gedoen wat ek gedoen het nie, het ek nie vandag geweet wat ek weet(en ek weet nog steeds nie wat ek doen)
 

Offline BiG DoM

  • A Grahamstown Greyhound!
  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: BMW R1200GS HP2
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 18,114
  • Thanked: 277 times
  • License Plates: GSpot EC and HUSKY EC
Re: HP2 Dwarsbar Dash 2012
« Reply #10 on: December 27, 2012, 10:22:24 pm »
Looks very Naaice ... I will need to make the groot trek next year  :3some:
"Love is the feeling you get when you like something as much as your motorcycle" - Hunter S. Thompson

Scoots: BMW HP2E  Husky 701E  BMW R100S

 :ricky:
 

Online Operator

  • is a Forum Vendor and a
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Husqvarna (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,768
  • Thanked: 226 times
  • Official Vendor
    • Vendor
Re: HP2 Dwarsbar Dash 2012
« Reply #11 on: December 27, 2012, 10:25:30 pm »
Lyk vir my soos 'n  BMW "elitists" groepie.  :pot:


 ;D ;D ;D ;D ;D



Lyk na 'n span lekker manne bymekaar.  :thumleft:
 

Offline HP FREAK

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Free State
  • Posts: 2,812
  • Jy moet FOKUS my kind
Re: HP2 Dwarsbar Dash 2012
« Reply #12 on: December 27, 2012, 10:28:51 pm »
Manne baie dankie vir n besonderse trip ,wat n voorreg om die dag saam met julle te kon deur maak.
BMW HP2 Enduro "SOLD"
BMW R1200GS Adventure "SOLD"
BMW G450X "SOLD"
BMW R80 CAFE RACERS
 

Offline Fenderbender

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,623
  • Thanked: 6 times
  • Robertson
Re: HP2 Dwarsbar Dash 2012
« Reply #13 on: December 27, 2012, 10:32:37 pm »
Howie , ek stem 100% met jou saam . Ek kon dit nie beter stel nie , selfs ou Seeduiwel s ons is n klomp lekker ouens bymekaar , ( maar hieroor later ) .
 

Offline HP FREAK

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Free State
  • Posts: 2,812
  • Jy moet FOKUS my kind
Re: HP2 Dwarsbar Dash 2012
« Reply #14 on: December 27, 2012, 10:36:28 pm »
Het julle gehoor hoe klink die klomp bymekaar ,ek gaan nie slaap vannaand nie ,ek wil dit net oor en oor hoor .Eishpee
BMW HP2 Enduro "SOLD"
BMW R1200GS Adventure "SOLD"
BMW G450X "SOLD"
BMW R80 CAFE RACERS
 

Offline Fenderbender

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,623
  • Thanked: 6 times
  • Robertson
Re: HP2 Dwarsbar Dash 2012
« Reply #15 on: December 27, 2012, 10:40:40 pm »
Nog so paar .
 

Offline Veldbrand

  • Super Saaiber Slet
  • Vendors
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,691
  • Thanked: 2 times
  • Hou die blink kant in!
    • Koedoeskloof Country Lodge
Re: HP2 Dwarsbar Dash 2012
« Reply #16 on: December 28, 2012, 12:26:24 am »
Hey boys, dit was nou regtig cool dat julle vir ons kom kuier het.
'n Paar nuwe gesiggies by forum name gesit, 'n paar bekende maters weer gesien en skoon ge-eerd gevoel om so streep blou bomme voor die bar te he.
Jammer die tyd haal mens altyd in maar nou weet julle waar ons is so hopelik kry ons vorentoe dalk weer kans om ordintlik te kuier.
Hoop almal het veilig by die huis uitgekom.

PS. Bermie, jy's 'n animal en my hark het jou naam op dude! :biggrin:


Co-ordinates: S33 30.300 E21 10.258  http://www.koedoeskloof.co.za/  facebook - Koedoeskloof Country Lodge, Dwarsrivier, Ladismith, WC
Life is like hitch hiking, just when you think you're not going to get a lift, you don't.
 

Offline Footpeg se PA

  • Member
  • **
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 231
Re: HP2 Dwarsbar Dash 2012
« Reply #17 on: December 28, 2012, 06:36:31 am »
Dit is nou lekker om so n klomp "oversize scramblers" bymekaar te sien!!!!! :thumleft: :thumleft: Bly die manne ondersteun vir ou Veldtie. :thumleft: :thumleft:
 

Offline VaalBaas

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS HP2
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,534
  • Thanked: 203 times
  • Sogenaamde Vleismeester
Re: HP2 Dwarsbar Dash 2012
« Reply #18 on: December 28, 2012, 07:01:25 am »
Weet nou waarvoor HP2 staan  Hope Plesier 2 maal meer as wat jy verwag.  :thumleft: :thumleft: :thumleft:

As dit "elitist" is om saam met die manne met HP's te ry, dan wil ek 'n windgat wees.  ;D

Weereens dankie vir die lekker trip.

Ek het sopas 'n goeie idee gekry. Kom ons gaan help gou more vir Bermie om Veltie se yard gelyk te hark.

Ek hoef seker darem nie te wonder wie is in nie.  :lol8:
2006 Hp2 # 882 #1555 #1784 - 2008 R1200 GSA -  2009 R1200 S - 1998 R1200 C - 2020 RnineT Pure
2012 TW200
My eertse foutjie KTM RC8 en toe nog n 525 ook
Project Bikes - 2003 Yamaha 350 Banshee SE - 2006 Yamaha 200 Blaster SE - TW200
As ek nie gister gedoen wat ek gedoen het nie, het ek nie vandag geweet wat ek weet(en ek weet nog steeds nie wat ek doen)
 

Offline Frannarossi

  • Vendor
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,639
  • Thanked: 8 times
  • karoorooster@gmail.com
Re: HP2 Dwarsbar Dash 2012
« Reply #19 on: December 28, 2012, 07:03:06 am »
Dit lyk lekker!Het gisteraand so half ses uit Stilbaai gery en 'n man so skeef teen die moerse wind op 'n HP2 oppad Stilbaai toe gekry op die vlakte en gewonder waar kom hy daai tyd van die dag vandaan...
If you don't live on the edge,you take up too much space!!!