HP2 Dwarsbar Dash 2012

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Fenderbender

Race Dog
Joined
Oct 7, 2006
Messages
4,057
Reaction score
250
Bike
BMW R1200GS Adventure
Weereens n lekker dag manne , ek dink hierdie sal n jaarlikse instelling moet raak . Maar laat ek voor begin . Ons het laas jaar besluit om n slag bymekaar te kom hier oor die groot dae en sommer n draai te ry . Dit was so lekker dat ons besluit het om dit vanjaar weer te doen . Ons mees sentrale punt wat ons kon kry wat darem die meerderheid se goedkeuring kon wegdra , was weereens Riversdal .

Ek , Seeduiwel ( KTM , maar daaroor later ) en Vaalbaas is so net na 6 am uit Robertson . Op Riversdal n lekker brekkie geeet en toe ek my oê uitvee , toe staan daar 9 HP2 's . Nou ja , vir n Boxer , HP2 petrolkop soos ek , kan ek nie die gevoel vir julle beskryf om sommer 9 van die goed op een dag bymekaar te sien en dit net vir n dagtrippie nie .

Ons beplan sommer so tussen die toastbroodjie , eier en bacon ons finale roete . Bermrooster is toerleier en ons kies koers Gysmanshoekpas toe . Sommer van die begin af loop hy teen n redelike opgewekte tempo . Nodeloos om te sê , ek het fnokol gesien en ek het fnokol foto's geneem . Ek moes net daai 2spoor dophou . Na so 10 minute stop ons anderkant die pas onder n paar koeltebome vir n smokebreak . As ChrisL by was , sou ek hom so duidelik hoor  sê : " Nee kêrels , ek kom wys vir julle die natuur en dan fnok julle die paaie so op !! " :imaposer:

Ok  , eers n paar prentjies
1 en 2  Bymekaarkom Riversdal
3 en 4  Smokebreak anderkant Gysmanshoekpas 10 minute later



 

Attachments

  • des 2012 006.jpg
    des 2012 006.jpg
    227.2 KB · Views: 501
  • des 2012 015.jpg
    des 2012 015.jpg
    198.2 KB · Views: 502
  • des 2012 012.jpg
    des 2012 012.jpg
    146.1 KB · Views: 493
  • des 2012 009.jpg
    des 2012 009.jpg
    181.5 KB · Views: 512
Top