Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Van vlaktes, mielies en wuiwende grasvelde gepraat ...  (Read 1139 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Van vlaktes, mielies en wuiwende grasvelde gepraat ...
« on: January 02, 2013, 01:48:15 pm »
Nou ja toe julle klomp.  Ek het nou lank genoeg stilgesit na ek my arm, ribbes en ander plekke op my lyf effe afgeskaaf het met my onlangse vulletjie van 'n val.  More gaan ek vir 'n dagtrippie wes al met die Vaalrivier langs, grondpad tot anderkant Bloemhof.  My agterent juk al van annerdag af om te gaan ry.  Ek sou so 'n week daar in Gariep en Vanderkloof se wÍreld gaan stofwolke maak (van ry, nie van val nie) maar die Nuwe Jaar se moles met dronk werkers hier oppie plaas het vinnig 'n stokkie voor daŠi wiel gedruk  :(

Moreoggend 05h00 is ek weg hier. Geskeer, gepak, gepolish en gekam.  My roete is so net by die 500km, gaan lekker warm kry maar ek ry mos heeltyd met 'n windjie van voor  :biggrin:

Ek siet jul later met 'n RR en 'n paar kiekies van wat die manne daai kant aanvang met die mielies, blink klippies en goeters

 ;)
« Last Edit: January 02, 2013, 01:49:31 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline JMOL

  • The Mayor of Mopani
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,141
  • Thanked: 43 times
  • East London
Re: Van vlaktes, mielies en wuiwende grasvelde gepraat ...
« Reply #1 on: January 02, 2013, 02:05:23 pm »
 :sip: 
Life is hard - even harder if you are stupid.
 

Offline Rodlau

Re: Van vlaktes, mielies en wuiwende grasvelde gepraat ...
« Reply #2 on: January 02, 2013, 03:24:51 pm »
Enjoy Boet, enjoy
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Van vlaktes, mielies en wuiwende grasvelde gepraat ...
« Reply #3 on: January 02, 2013, 05:14:25 pm »
Enjoy Boet, enjoy

You know those head cleaning trips Rodlau?  This is a short one but definitely one of those.   :thumleft:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,765
  • Thanked: 178 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Van vlaktes, mielies en wuiwende grasvelde gepraat ...
« Reply #4 on: January 02, 2013, 06:21:31 pm »
Geniet hom, ons wag vir die storie

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Road Hog

  • Member No. 6196
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Namibia
  • Posts: 2,169
  • Walvis Bay
Re: Van vlaktes, mielies en wuiwende grasvelde gepraat ...
« Reply #5 on: January 02, 2013, 07:32:15 pm »
Enjoy Boet, enjoy

You know those head cleaning trips Rodlau?  This is a short one but definitely one of those.   :thumleft:

Geniet die trip en ry tog versigtig
2009 KTM 990 Adventure
2011 Honda XR650L

If you think you can, you're right.
If you think you can't, you're right.
 

Offline RobC

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: Kawasaki KLR 650
    Location: Free State
  • Posts: 13,585
  • Thanked: 236 times
  • Bloemfontein
Re: Van vlaktes, mielies en wuiwende grasvelde gepraat ...
« Reply #6 on: January 02, 2013, 07:52:49 pm »
Geniet dit maar know your limits... as jy begin moeg raak vat ń breek of sny die trippie kort. Dis wat ek maar laast week besluit het toe ek amper bo was by Katberg...
 

Offline Road Hog

  • Member No. 6196
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Namibia
  • Posts: 2,169
  • Walvis Bay
Re: Van vlaktes, mielies en wuiwende grasvelde gepraat ...
« Reply #7 on: January 02, 2013, 08:36:29 pm »
Geniet dit maar know your limits... as jy begin moeg raak vat ń breek of sny die trippie kort. Dis wat ek maar laast week besluit het toe ek amper bo was by Katberg...

......moet net nie soos ek maak en jou bike se engine breek nie
2009 KTM 990 Adventure
2011 Honda XR650L

If you think you can, you're right.
If you think you can't, you're right.
 

Offline SchalkL

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 3,149
  • Thanked: 70 times
Re: Van vlaktes, mielies en wuiwende grasvelde gepraat ...
« Reply #8 on: January 02, 2013, 09:12:15 pm »
As jy lus is om 'n bietjie van 'n draai soontoe of terug te ry, kom drink koffie in Coligny.  :sip:
082 agt nul ses 77 een drie  - Schalk
 
Sometimes you don't need a plan, just balls :)
I'd rather ... be riding my motorcycle and thinking about God than sitting ... in Church and thinking about my motorcycle.
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Van vlaktes, mielies en wuiwende grasvelde gepraat ...
« Reply #9 on: January 03, 2013, 07:59:41 pm »
As jy lus is om 'n bietjie van 'n draai soontoe of terug te ry, kom drink koffie in Coligny.  :sip:
082 agt nul ses 77 een drie  - Schalk
 

Jammer ou Slak, ek het my rit effe kort geknip oor die tyd wat geloop het.  Sal lekker gewees het.  Ons maak ander keer so, dankie  :thumleft:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Van vlaktes, mielies en wuiwende grasvelde gepraat ...
« Reply #10 on: January 03, 2013, 08:35:05 pm »
Laasnag kry ons toe so 'n paar druppels reŽn en ek lÍ toe wakker met die hoop om ons lang verwagte groot reŽn te hoor.  Vanoggend,  in stede daarvan om soos beplan, 05h00 te ry, val ek eers so 06h30 in die pad.  Dis lekker koel en die lug mooi vars.  Sal jy nou glo ons 1mm hier op die plaas word toe 'n helse klomp reŽn omtrent so 10km van ons af.  Lekker gereŽn laasnag.

Die trippie was eers vir 'n week Gariep se kant toe beplan, toe is hier arbeidsonrus Kersfees en Nuwe Jaar, so ek stel dit uit.  Ek lees toe oor die Geluksburgrit van Draadkar hulle en dog toe ek mik daai kant toe vir 'n vinnige 3 dae. Maar 600km teerpad is ook nie 'n man se maat nie en ek los toe daai rit.  Toe ek en die 2IB in mekaar se hare begin verstrengel raak, toe besluit ek nou oet ek maar 'n dagrit Írens heen reel of daar gaan huis moles wees, never maaind arbeidsonrus.

Ek gaan loer toe bietjie my Basecamp en sien mens kan nogal 'n lekker rit so al langs die Vaalrivier af Bloemhof se kant toe doen.  Beplan die roete wat hier rondom 502 km vir die dag sal wees en besluit Donderdag is die dag.

Eerste foto stop op die brug by SkandinawiŽdrif waar ek vir die eerste keer oor die Vaalrivier is.  Die plekkie kry sy naam van die SkandinawieŽrs wat in 1863 hulle hier kom vestig het by een van die driwwe oor die Vaalrivier.  Die lig is mooi maar die lug ruik na riool.  Dalk is dit al die gemors in die rivier of dit kan ook wees dat die papswaaiers wat van die brug af visvang, sommer daar pie.  Ek laat wag toe nie op my nie om uit te vind.  Neem 'n paar kiekies en laat waai weer.



Lyk my een van die papswaaiers het 'n grote gevang, en sommer die hele reeling laat omval.

 

Dis daarem mooi hier so vroeg in die oggend.



Ek ry nou al so 50 km teer en sien uit om op die Vierfontein pad af te draai waar die grondpad begin.  Onthou maar hoe mooi lyk my skoon fiets.  Dit verander binnekort.



Ook hier is dit lekker nat en die water lÍ orals in die veld sulke poele.



Meeste mense wat nie die Wes Transvaal en die Noord Vrystaat ken nie het nie 'n baie mooi beeld van die deel van ons land nie.  In die winter is dit wel so dat jy jou polste wil afsny oor die vaal vlaktes en eindelose horisonne as die graan eers gestroop is.  Amper soos die oom wat vertel dat jy Boesmanland se bies moes gedrink het as jy daar wil kom boer.  Maar in die somer is hierdie omgewing bitter mooi met die mielies, sonneblomme en sojabone wat so geil staan na die reŽn.  

En daar is plase hier wat uit die vroegste dae van die twee Boere Republieke dateer.  Kyk bietjie hierdie eikeboomlaning.  Dis groot bome daai mense.  Ek skat hulle 'n hele paar jaar ouer as 100 jaar.  Interessante feit:  Potchefstroom het meer eikebome as Stellenbosch ondanks die feit dat laasgenoemde as die eikestad bekendstaan.



My fiets gee bietjie skaal aan die bome:



Orals is daar spore van tarentale, duikers, otters in die vleie en ander nagdiere wat hier verby was in die nagtelike ure.



Die boere op die forum sal weet dat teen Kersfees moet jy in diť geweste klaar geplant wees en vroeg Januarie dan bemes jy.  En die boere padlangs was druk besig daarmee.  Ek moes maar diť trekker met die vloeibare kunsmis afneem want daar word party dae op die forum seker amper soveel kunsmis gepraat as wat in daai tenks is  :pot:  :biggrin:





« Last Edit: January 03, 2013, 08:41:24 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Van vlaktes, mielies en wuiwende grasvelde gepraat ...
« Reply #11 on: January 03, 2013, 08:40:43 pm »
Enjoy Boet, enjoy

You know those head cleaning trips Rodlau?  This is a short one but definitely one of those.   :thumleft:

Geniet die trip en ry tog versigtig

Het jy toe al jou XR uitgesort gekry?  Laat weet maar hoe dit vorder, dit was nou 'n slegte gelukkie daai.  Jy moet veilig terugry, jy't 'n langpad RH
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Van vlaktes, mielies en wuiwende grasvelde gepraat ...
« Reply #12 on: January 03, 2013, 09:15:10 pm »
Kyk, dis nie net van jaag nie.  Hier het trekkers die "right of way".  Eerstens omdat hulle die hele padoppervlakte in beslag neem en tweedens omdat hulle groter en harder as ek op 'n motorfiets is.  Gelukkig is die manne darem bedag en trek op die skouer as daar verkeer is.  Wat nie baie is nie.   Die drywers is ook vriendelik genoeg om 'n paar passasiers op te laai  :)





EN TOE RAAK DIT NAT!






En nie bietjie nie kerels.  Die water loop sulke strome die pad af.  Ek kom nou net van die hospitaal af en ek is nie van plan om weer binnekort daar te gaan draai nie so ek ry maar bitter stadig.  Dis sulke snotkleigoed wat aanpak en gly en skaats en mens sommer benoud maak.  Ek weet nie moet ek bly wees die sand is nat sodat ek nie die sandmonster hoef aan te durf nie of moet ek wens die moddermonster kon liewers wyk.  Ek ry al van 1977 af motorfiets (met daarem so klompie jare se pouse tussenin) maar vandag, in diť modder lyk dit asof ek verlede week vir die eerste keer op 'n tweewielding geklim het.  Dis voete uit, trap hom soos 'n baisikel en hoop dat ek nie neerslet nie.  Het julle al gesien hoe loop 'n GS800 soos 'n dekselse krap met die voorwiel in een spoor en die agterwiel in 'n ander en die twee kan glad nie in dieselfde spoor kom nie want dis te glad?  Nou ja so het ek seker so 24 km gery.

En toe raak ek gatvol en stop vir tee.



Ja, net daar.  Maar die muggies is soos gatvlieŽ.  Onthou julle daai mopanivlieŽ van Owamboland somertyd?  Die muggies is familie.  Belowe.  Dis in my neus, in my ore, oŽ, my mond.  Kyk, ek kan met sekerheid sÍ dat jy nie tee kan drink as jy jou helmet aanhet nie.  Ek weet, ek het vanoggend probeer. Nou is dit modder en muggies en muggies en modder.  Toe besluit ek, te hel daarmee, ek sien kans vir die modder eerder as die muggies.

My fout.



Die foto hierbo loop die water soos 'n stroom die grondpad af.  Ek moes dit afneem maar toe ek weer ry het ek vir 'n kort ent my ritme verloor en ek kry die fiets se voor- en agterwiele in twee verskillende spore en die fiets wilwil omwetter maar ek kry hom gekeer voor dit gebeur.  Maar daai modder is so glad ek kan nou nie my linkervoet naderbring om die fiets weer regop te kry nie en moes toe noodgedwonge hom in die water neerlÍ.

Ou ZAR,  op die NW Bash het ek gesukkel om die fiets alleen op te tel omrede hy afdraande gelÍ het,  maar as jou fiets dreig om met die Vaalrivier tot in Douglas af te spoel dan tel ek hom laglag alleen op.  Glo my.  Daar is nie kiekies nie want ek het net twee hande maar ek kan hom lig pappie.  En vinnig ook.  Maar ek weet nou ook hoe om met 'n toutrekkery vas te skop, sommer as anker.  In modder ook.  En net so 117 muggies gesluk met die optellery.  Met sout en peper sou hulle seker beter gesmaak het maar nou ja ...

Geleidelik loop die pad so effe teen 'n helling uit en dit raak bietjie droŽr en ek kan weer 2de en selfs 3de rat kry.  Naderhand raak ek heel windgat en hak sommer 4de, 5de en 6de.  Maar soos die manne hier al baie geskryf het,  moenie windgat raak nie.  Veral nie as jy solo ry nie. Van vrolikheid kom olikheid soos my pa altyd gesÍ het.  Ek hou my in en geniet die trippie.

Maar dis rerig mooi hier al langs die Vaalrivier af.  Sommer die oulike plekkie gesien wat ons dalk vir 'n Bash of 'n ding kan reel.  Het hulle kontaknommer en dit lyk asof hulle paar mense kan akkommodeer met kamp en chalets en so aan.



Wat sal 'n rit Vrystaat toe wees as daar nie 'n foto van natneuse is nie.  Klomp nuuskierige diere.  Lyk mooi na die goeie reŽn.



Die pad raak nou lekker met net kolkol sulke snotterige gedeeltes.  Maar nou is daar heelwat fotogeleenthede.  Kyk bietjie hierdie ou kliphuis uit die 1800s:



En die kerkie tussen Írens en nÍrens.  Wonder wat is die storie daŠragter?



Dis ook maar goed die pad raak droeŽr want ek moet my ry ken om nie deur die Hilux boere omgery te word nie.  Hulle jaag - nou nie dat die stof op hulle staan nie (want dis mos modder) maar hulle is nie baie bedag op die modder wat hulle so wyd opskiet nie.  

Dit raak tyd om te gaan eet.  Meer as net mielies in die Mielie Hoofstad - Bothaville.
« Last Edit: January 03, 2013, 09:18:08 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline SchalkL

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 3,149
  • Thanked: 70 times
Re: Van vlaktes, mielies en wuiwende grasvelde gepraat ...
« Reply #13 on: January 03, 2013, 09:39:47 pm »
Lekke RR man, jy't 'n oog vir die natuur!
Sometimes you don't need a plan, just balls :)
I'd rather ... be riding my motorcycle and thinking about God than sitting ... in Church and thinking about my motorcycle.
 

Offline Dwerg

Re: Van vlaktes, mielies en wuiwende grasvelde gepraat ...
« Reply #14 on: January 03, 2013, 09:49:58 pm »
 :thumleft:
Current: KTM 690R
Previous: KTM 790ADV, 640ADV, 950ADV, 250XCW BMW F650GS Single, F650GS Twin, F800GS, G450X, R50/2 Honda CRF450X, CRF230 x 2, VFR400 NC30, Z50 Mini Trail Yamaha BWS100 x 2, LB80 Chappy
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Van vlaktes, mielies en wuiwende grasvelde gepraat ...
« Reply #15 on: January 03, 2013, 10:00:56 pm »
Ek weet nie hoe lyk dit op ander plekke nie maar deesdae vind ek dat daar heelwat minder private eetplekkies en koffiewinkels in ons wÍreld se dorpe is.  En ek is nie 'n Spur, MacDonalds of KFC ou nie, dis maar so.  Ek ry deur Bothaville maar kry niks nie,  Ry weer 'n ander draai om te sien of ek nie iets gemis het nie.  Nee, lyk my die Spur is die in ding.  Lekker ding is ek parkeer sommer so oppie sypadjie vlak langs die venster sodat ek 'n ogie kan hou.  

Maar ek is modder tot by my knieŽ.  Ek trap maar suutjies maar jy't nie 'n spoorsnyer nodig om my te vind nie.  Dis moddertjies tot by my tafel.  Maar die Spurmanne is op die bal, hulle kom met 'n borsel en skoppie en maak gou weer netjies.  Sien daar was bietjie bespreking die afgelope paar dae op die forum oor honde en kinders in die Spur.  Ek kan aan die beswaardes terugrapporteer dat daar wel 'n paar kinders in diť Spur was maar hulle was besonders goed gemanierd.  Geen honde nie.  Net een Wild Dawg, ekke  :biggrin:  Ook myself goed gedra.  Selfs 'n goeie fooitjie vir die kelner gelos.

Maar manne, manne!  Kyk bietjie die "steak".  Ja, dis 'n steak daai, ja ek weet die tamatie is amper groter as die steak.  En hy kos, saam met 'n groot glas Coke, R135  :eek7: :eek7:  Rowery sÍ ek jou.  En dit sonder 'n geweer.  Nie weer vinnig in 'n Spur eet nie.



Dalk moes ek maar mielies bestel het, hulle kan seker goedkoper gewees het. Betaal toe R200 en die kelner bly weg en bly weg en bly weg.  Hy het seker nie Kersfees bonus gekry nie of dalk vra hulle ekstra vir modder opvee.  In elk geval, moes toe die man laat roep om my kleingeld te kry en betaal hom toe maar sy fooitjie daaruit.

Toe's dit weer aantrek en die padvat want die dag loop en ek het nog 'n hele ent om te ry.

Verlede jaar die tyd toe ek hier verby is, toe kan die mielieboere amper hulle John Deeres vir duikbote ingeruil het so nat was dit.  Maar ek sien hulle het goed herstel na die skade van daai baie water.  En nou lyk dit my dit wil amper weer kom dreig om so nat te raak want die weer lyk asof hy enige oomblik kan uitsak.

Maar die mielies lyk darem mooi.





Hier is nou 'n goeie plan om daai boereverneuker koperasies en hulle silos te laat les opsÍ.  Hierdie silosakke stel die boer in staat om sy graan self op te berg totdat hy dit wil bemark of wanneer die pryse meer gunstig is.  Sonder om bergingskoste en ander fooie en heffings aan die koperasies te hoef betaal.  Wat sÍ hulle:  'n boer maak 'n plan.



En nog eie opbergingsplanne:



Die pad raak nou eintlik lekker en ek is bly vir die reen wat geval het.  Hierdie stuk pad sou nogal geneuk het as dit droog was: lekker dik sand.  Maar nou ry hy lekker en 'n ou kan maar laat waai.

Kom by Kommandodrif se brug oor die Vaalrivier.  Dis nog een van daai mooi ou staal bruŽ met karakter.  Dis 'n enkelbaanbrug maar daar is darem nie ander voertuie nie so ek kan 'n paar fotos neem.  Sal lekker wees om bietjie die geskiedenis van die drif se naam te kry.  Ek soek later bietjie dan pos ek dit hier.

Mansize Meccano:





Ai man, dis darem mooi hier langs die water.  Stroomop van die drif:



En stroomaf sak daar nog 'n bui reŽn uit om die boere se harte bly te maak.



Ek klim weer en ry verder.  Weer terug innie Noordwes (of North West Province).  Ons praat mos net Ingels hier of het julle nie geweet nie  :pot:



Ek ry nog so lekker grondpad toe kom ek op die klomp yster- en erdvarkgate af.  Kerels as jy in die nag hierlangs moet ry en jy ken nie die pad nie gaan jy darem jou as afval.  Jy kan selfs 'n BOF hierin verloor so versigtig julle 1200GSA manne wat hierlangs ry:  die gate is groot.  So 50 km hiervandaan was daar nog 'n hengse gat sommer so in die middel van die pad, 'n culvert wat gebreek het en nou as dreinpyp funksioneer.  Die goed is waaragtig lewensgevaarlik, met of sonder 'n 800GS  :peepwall:



Nog mooi fotos van ons deel van die wÍreld.  Hier was 'n klomp flaminke op die pannetjie gewees.



Toe ek weer wegtrek na die foto hoor ek iets is los hier agter op die fiets.  Ek ry nog so 'n ent en hoor iets is nie lekker nie.  Stop toe by 'n T-aansluiting om gou die ketting te stel.  Dankie vir "centrestands".  



Ek het nie vroeŽr genoem nie maar ek ruik vroeŽr vanoggend iets brand as ek stop.  Ek kyk en sien niks nie,  dog dis dalk 'n voŽl wat ek raakgery het wat op die enjin braai maar nee.  Vind toe later uit dis een of ander stuk plastiek wat om die waaier pas wat losgekom het en teen die headerpype gaan lÍ het wat so geruik het.  Kon nog nie uitwerk waarvandaan hy kom nie maar sal bietjie fotos neem en op die Technical board pos.  Slim manne daar.









« Last Edit: January 04, 2013, 07:11:50 am by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Pepe

  • Member
  • **
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Northern Cape
  • Posts: 197
Re: Van vlaktes, mielies en wuiwende grasvelde gepraat ...
« Reply #16 on: January 03, 2013, 10:35:41 pm »
Lekker Dorsland. Gooi nog.
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Van vlaktes, mielies en wuiwende grasvelde gepraat ...
« Reply #17 on: January 03, 2013, 10:48:24 pm »
Slakkie,  hierdie paar kiekies het ek vir jou geneem.  Dit blyk diť manne van Kirsten Boerdery sukkel bietjie hierdie seisoen.  Hulle moes maar sien en kom klaar met net 3 langbeen gifspuite, 2 stropers, 10 John Deeres, 'n Claas en 'n Massey (wat ek kon sien)  :drif: .  Wat reken jy?  So R20 miljoen se toerusting (implemente ingesluit) wat oppie werf staan?  :eek7: Dit gaan maar bars daar maar ek glo hulle sal 'n plan kan maak om die lande betyds bewerk te kry  :ricky:







Ek gooi vol brandstof op Makwassie en terwyl ek daar by die vulstasie staan sien ek nog 'n boereentrepreneur daar inval met sy Mercedes.  Oulike kar ...



... maar nie as jy hoenders in hom wil vervoer nie!  :eek7: :eek7:



 :o :o


Nadat ek vol gegooi het, ry ek so 'n draai deur Makwassie se middestad  :)  en kom op die standbeeld van Generaal Christiaan Frederik Beyers af.  Interessante storie agter die man.  Hy was een van die bekende Boeregeneraals van die Anglo-Boere Oorlog.  Hy het veral roem gewerf vir die nederlaag wat hy Generaal Clements by die slag van Nooitgedacht toegedien het. Sy en Generaal Jan Smuts se kommandos se opmars vir die veldslag was oor my plaas toe ek nog in die Rustenburgdistrik geboer het en het ek verskeie interessanthede op daai plaas opgetel.

Nietemin,  hy is in 1912 as Kommandant-Generaal van die Unie Weermag aangestel en het in 1914 protes aangeteken teen die beplande aanval van die Suid-Afrikaanse magte teen Duits Wes Afrika (NamibiŽ).  Dieselfde aand nog het hy en Generaal De La Rey uit Johannesburg uit gery,  op pad Potchefstroom toe.  De La Rey is noodlottig deur die SAP - wat 'n padblokkade vir die berugte Fraser bende opgestel het - gewond.  Daar is nog altyd bespiegeling hieroor.  

Daaropvolgende politieke gebeure het Beyers meegesleur en is hy teen sy wil daarby betrek.  Hy was besorg dat daar 'n aanslag op sy lewe sou wees en hy het toe na die platteland toe uitgewyk waar gewapende burgers hulle by hom aangesluit het.  Die SAP het daarvan te hore gekom en het Beyers naby Makwassie in die Vaalrivier verdrink toe hy van die regeringsmagte probeer vlug het.



Dis vir my dikwels die lekker van so 'n solo trippie, om die ongewone en interessante plekke en dinge uit te soek en na te vors.

Nou ja,  ek het my rit effe kort geknip want die tyd het geloop en ek wou nie in die donker nog op die pad wees nie.  Ek kies toe - ongelukkig - koers op die N12 van Wolmaransstad Klerksdorp toe.  Sjoe mense, dis wilder as die wildtuin!  Die manne jaag en daars polieste en dis vervelig en dis sommer net nag.  Net buite Stilfontein, toe wyk ek weer uit oppie grondpad.  Ahhh, saligheid.

Laaste stukkie teer voor die grondpad plaas toe.



Wat 'n mooi gesig is dit wat mens groet.  'n Lekker Transvaalse donderstorm, maar helaas, nie op die plaas nie.

Lyk my ek sal volgende keer verder moet ry om my reŽn te gaan haal.  Sien baie uit daarna.

« Last Edit: January 03, 2013, 10:49:59 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Onetime

Re: Van vlaktes, mielies en wuiwende grasvelde gepraat ...
« Reply #18 on: January 03, 2013, 11:22:29 pm »
 :thumleft:
Onetime to live your life. No time to wait for someday or you will find that someday was yesterday.

XT500(sold), DRZ400(sold), XT600(sold), F800GS(sold)
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,062
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Van vlaktes, mielies en wuiwende grasvelde gepraat ...
« Reply #19 on: January 03, 2013, 11:24:59 pm »
Lekker Dorsland. Gooi nog.

 :thumleft:  Sien jy's van Upington Pepe. Ken jy vir Freddie Stolper?
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven