Van vlaktes, mielies en wuiwende grasvelde gepraat ...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dorsland

Bachelor Dog
Joined
Apr 15, 2012
Messages
11,191
Reaction score
1,677
Location
Van Daar
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
Nou ja toe julle klomp.  Ek het nou lank genoeg stilgesit na ek my arm, ribbes en ander plekke op my lyf effe afgeskaaf het met my onlangse vulletjie van 'n val.  More gaan ek vir 'n dagtrippie wes al met die Vaalrivier langs, grondpad tot anderkant Bloemhof.  My agterent juk al van annerdag af om te gaan ry.  Ek sou so 'n week daar in Gariep en Vanderkloof se wêreld gaan stofwolke maak (van ry, nie van val nie) maar die Nuwe Jaar se moles met dronk werkers hier oppie plaas het vinnig 'n stokkie voor daái wiel gedruk  :(

Moreoggend 05h00 is ek weg hier. Geskeer, gepak, gepolish en gekam.  My roete is so net by die 500km, gaan lekker warm kry maar ek ry mos heeltyd met 'n windjie van voor  :biggrin:

Ek siet jul later met 'n RR en 'n paar kiekies van wat die manne daai kant aanvang met die mielies, blink klippies en goeters

;)
 
Top