Potch Dawgs laat waai

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dorsland

Bachelor Dog
Joined
Apr 15, 2012
Messages
11,191
Reaction score
1,677
Location
Van Daar
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
SAPA berig: Die rustige plattelandse dorp van Potchefstroom is vandag lelik die 21ste eeu ingeruk toe sowat 17 Wild Dogs met hulle motorfietse die dorp op horings geneem het en bejaarde inwoners en besadigde motoriste skrik op die lyf gejaag het.

Ook jong dames studente by die PUK universiteit het beswaar aangeteken en gesê dat die motorfietsryers glad nie eens aan hulle aandag geskenk het nie.  Een student het sover gegaan om te sê dat dit blyk die manne stel meer in hulle motorfietse belang as in enigiets anders.

"Hulle het net deur die dorp gejaag, sonder om eens te waai." het sy gesê.  Haar vriendin het gesê daar was een ruiter, wat volgens haar, 'n oranje motorfiets gery het, wat so half met 'n middelvinger gegroet het. Sy was onseker of die handgebaar vir haar bedoel was of of dit dalk vir 'n BMW motorfiets ruiter wat die oranje motorfiets op daai stadium verbygesteek het, bedoel was.

Die SAP is vir kommentaar genader maar volgens hulle val hierdie tipe klagtes oor rondloper honde onder die jurisdiksie van die DBV.

 
Top