Siende dat daardie perd van jou so blink, wil jy nie vir die res van ons vertel hoe kry jy daardie perd so mooi blink nie 
Cleen Green, tuinslang en 'n spons onmiddellik na elke vuil rit en dan kry hy 'n lagie Shield silicone spray. Die goed kom in trigger spray bottel wat R30 kos by Shoprite. Dit help veral dat modder nie hardnekkig vassit onder die bike nie.
As jy jou bike na elke rit was en goed pamperlang kry jy nie surprise-breakdowns soos sommige manne saam met wie ek al gery het nie, want jy sien dan reeds waar 'n toekomstige f-op broei.