Die KleinBike ZEN Trip : POSTPONED AGAIN !

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Gerard

Teelhond
Global Moderator
Joined
Jan 16, 2010
Messages
37,735
Reaction score
2,149
Location
Port Elizabeth
Bike
Triumph 900 Scrambler
Right, julle weet nou wat die idee is. Ons kry mekaar erens in die Suid-Kaap die Saterdagoggend en ry rond vir die naweek, slaap uit Saterdag en Sondagaand. Ons wil ons nie doodmoeg ry nie, net lekker ry.

Ek kan nou al sê, dis redelik seker ons sal die Saterdagaand by Veltie op Koedoeskloof slaap. Verdere planne, bymekaarkom en roetes volg later.

Die plan lyk op die stadium so :

Saterdagoggend ry ek en Footpeg se Pa uit Gouritzmond uit en ontmoet die res wat van die Suide kant kom by die Engen Wimpy  net buite Mosselbaai 0800. Ons vat dan die R328 en by Ruiterbos oor rigting Herbertsdale, Cloetespas, Van wyksdorp, Rooibergpas, Calitzdorp, Ladismith tot by Veltie op Koedoeskloof.

Brekkie by Martin en Jenny op Dwarsrivier in Cloetespas - 1000.

Saterdag en Sondagaand kamp ons oor op Koedoeskloof. Sondag ry ons erens in die berge rond... sê so 150 na 200km vir die dag. Die gedagte is op die stadium Gysmanshoek pas oor in Heidelberg se rigting. Maandag koers ons terug Gouritz en huistoe.

Geen formele reëlings nie. Ons kry mekaar erens langs die pad en ry saam. Laat net weet waar. So soortvan 'Pitch en Ride' Jy tref ook jou eie verblyf reëlings met Veltie.

Dit sal egter gaaf wees om die lys by te hou dat hy 'n idee kan hê van nommers om te verwag.

Die Reëls :

Daar is nie, maar as jy wil kwalifiseer vir die medalje ry jy 'n klein bike (250cc of minder) en jy mag net saamvat wat in 'n melkkrat sal pas  :deal:  :biggrin:
 
Top