Wie maak vir Gansbaai lekker

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Bokveld

Race Dog
Joined
Aug 16, 2012
Messages
1,047
Reaction score
55
Bike
BMW F650GS / Dakar
    Vriend JD nooi my gisteroggend saam Stilbaai toe om bande te gaan optel by ChrisL.Soos gewoonlik is die Louws die gasvryheid self en ewe gou sit ons op die stoep en Amanda bedien ons met koffie en die heerlikste beskuit.En toe praat ons stoepstories;baie stoepstories,maar een van Chris se stories hinder my:dis die een van die perd van Vermaaklikheid.Nou kyk,Chris is die geloofwaardigheid self,maar die een hinder my en ek besluit om nie saam met JD terug te ry Montagu toe nie.Ek gaan n bakdraaitjie ry oor Vermaaklikheid,net om te kyk of ek nie die perd se spoor daar kan optel nie.
    Dis hard middag toe ek in Vermaaklikheid afsak, en ek besluit om middag te maak onder n groot melkhoutboom.Cutting Torch se padkos is altyd van die beste;met liefde gemaak.Dis stil warm en ek sien geen mens of perd nie.Soos ek vorder ,word my reisplan duideliker:Malgas, Bredasdorp,Elim,Gansbaai.My swaer bly op Gansbaai en daar sal plek wees vir my tent.Ek is doodseker my ou swaer sal tuis wees,want as hy die dag moet Stanford (buurdorp) toe gaan,dan slaap hy oor.
 

Attachments

  • Vermaaklikheid.jpg
    Vermaaklikheid.jpg
    197 KB · Views: 729
  • Malgas.jpg
    Malgas.jpg
    176.2 KB · Views: 726
  • Elim.jpg
    Elim.jpg
    141.9 KB · Views: 733
Top