1300km in 2 dae

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Feb 7, 2012
Messages
5
Reaction score
0
Bike
BMW R1200GS
Na ‘n Saterdag wat van ons nog moes werk kom ons eers 2uur hier weg uit vanderbijlaprk. Dit is vrek warm. Ons ry sommer snelweg om so gou moontlik die stad,werk en stresse agter te los. By Middelburg kry ons vir Pieter hy het van Pretoria gery. Drink gou koffie saam koop koeldrank en die nodige om kos te maak vir ons oorslaap op die wildsplaas by Tonteldoos.  Die teerpad is terrible ek kan nie dink dat ons land so baie potholes het nie en daar word net niks an gedoen nie. Ek wonder regtig hoeveel eise daar is en ook hoeveel skade mense agv hiervan lei.

By Tonteldoos draai ons af op grond pad. Dit raak nou weer koel en die grondpad is mooi. Ons het nodig om water oor te gaan wat nie na ‘n probleem lyk nie maar o wee die alge het reeds op hierdie bruggie gegroei en is seepglad. Ongelukkig val een van die GS’e op stadige spoed maar so blerrie onnodig.

SDC13862_zps3b9a87bb.jpg

SDC13863_zpsf4cca22c.jpg

SDC13866_zps253e8d7b.jpg

SDC13867_zps13609ed1.jpg

SDC13873_zps83b82941.jpg

SDC13882_zps602b1802.jpg



Met ons inry in die plaas sien ons Zeebras Blouwilde beeste Rooibokke om dit van ‘n bike te sien terwyl jy in die veld ry is net soveel lekkerder. Die plaas bestuurder en sy Vrou Donald en Megan wag ons in vuurtjie reg en hulle braai vir ons Fillet en Wildswors en en en. Net ongelooflik lekker vergete is al die daaglikse rumoer en stresse.
SDC13884_zps12e22281.jpg

SDC13886_zpsa4998f2c.jpg

SDC13892_zps1dc831af.jpg

SDC13906_zps094c4eda.jpg

SDC13907_zpse2a68231.jpg

SDC13910_zps05527594.jpg


Sondag oggend ry ons 6:30 om vir Diek en Danie op Stofberg te kry. Ons gooi brandstof en ry toe rigting Lydenburg. Pad is Gepothole jy kan nie glo nie.. Draai op n grondpaadjie af en stop by n dammetjie Diek en Danie pluk bass stokkies uit en ons van bass vir 20min ernstig.
SDC13921_zpsf2edf784.jpg

SDC13926_zpsb3ab585a.jpg


Van hier is ons Lydenburg deur en toe ry ons (Lyk of daar bome geplant word in die pad met die groot gate) Orighstad en toe 3 Rondawels en Potholes. Sommer net kuier kuier. Net na die burcks luck op pad terug Graskop toe draai Diek weer op n grond paadjie en ons kom op hierdie kuier plekkie tussen niks en nerens uit. Die oom en Tannie wie se plek dit is is die vriendelikheid van self lekker koel op die rivier se wal en hulle menu is heel eenvoudig. Pap en Wors of Pap en Rump Of Pap en TBone. Flippen lekker pap en die oom kan  braai daai Rump is net reg gaan en sag.
SDC13930_zps89f27cca.jpg

SDC13931_zps4ad28740.jpg

SDC13934_zpsfb5e71aa.jpg

SDC13932_zps1821a4a8.jpg

SDC13940_zps69d34884.jpg

SDC13944_zps2a5c863d.jpg


Ons begin toe terug draai Graskop Sabie Longtom oor Lydenburg, Stop toe gou weer op Dullstroom drink ‘n milkshake en pannekoek. Ry tot by ALzu gooi weer vol en Vat die pad terug.
Dit was nou lekker 1280km vir die 2 dae sonder moeilikheid ontspanne en reg vir werk sodat ons weer die volgende trippie kan beplan. Dankie vir almal wat saamgery het dit was nou ‘n great groep.
 
Top