Bloedrivier

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
M

Marlene

Guest
In Augustus vanjaar het ek, my man en twee vriende na die Bloedrivier Museum gegaan. Daar is kampplekke beskikbaar asook 'n paar chalets, aangesien dit so koud was het ons in die chalets oornag. Etes word bedien en bykosse as jy verkies om te braai. Tariewe is baie billik.

Daar is ossewaens op die oorspronklike plek waar beweer word die salg van Bloedrivier plaasgevind het. As jy daar rondstap besef jy hoe dapper die mense moes wees, my nekhare het sommer gerys!

Daar is genoeg grondpad om enige Wild Dog besig te hou!


 

Attachments

  • Bloedrivier (11).JPG
    Bloedrivier (11).JPG
    89.4 KB · Views: 205
  • Bloedrivier (12).JPG
    Bloedrivier (12).JPG
    58.2 KB · Views: 204
  • Bloedrivier (38).JPG
    Bloedrivier (38).JPG
    85.5 KB · Views: 200
  • Bloedrivier (39).JPG
    Bloedrivier (39).JPG
    48.2 KB · Views: 198
  • Bloedrivier Laer.JPG
    Bloedrivier Laer.JPG
    55.7 KB · Views: 195
Top