990 vs 800 - My persoonlike opinie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Sandban(g)k

Race Dog
Joined
Aug 10, 2010
Messages
4,434
Reaction score
1,971
Location
Bultfontein
Bike
BMW R1200GS
Ek is als behalwe n riding god.  My eerste bike was die 800.  Het met hom geleer, was op n kursus o f 2 en het daarna die fiets regtig baie geniet. In tegniese terrain kon ek voel dat die fiets effens groot was vir my, en ek moes ekstra hard gewig verplaas om die fiets regop te hou.

Ek was niks anders gewoond nie, so behalwe vir die swakkerige suspensie voor was die 800 vir my die enigste standaard.

Ek het agv persoonlike redes baie min begin fiets ry en het later my 800 verkoop.  Toe ek weer tyd kry vir bikes, het ek gewik en weeg tussen n 690 Oryx en die 990.  Ek was bang vir die 990, omdat die 800 reeds my limits gepush het waar die pad opraak en het met n 690 gaan ry.  Die fiets was glad nie vir my nie.  As ek n fiets moet trailer tot in Lesotho kon ek netsowel n plastic koop.  So toe koop ek n 990 S sonder dat ek ooit op n 990 geklim het :biggrin:

Nou ek is kort, n volle 1.74 m, so my voete het nie so lekker grond gevat op die 990 nie, maar ek het al gehoor die manne se jou voete hoort nie op die grond nie, so ek het maar deurgedruk.  Het maar min kans gekry vir die fiets, maar het dam so paar ente gaan ry.  Was toe laas naweek op n Country Trax kursus en daarom kan ek nou n redelike ordentlike vergelyking tussen die 990 en die 800 doen, want ek was met beide op n naweek kursus.

Op teer is altwee fietse sleg.  Of dalk is die teer net sleg.  Die 990 se voorkant voel vir my meer los, so ek het n steering damper opgesit, en sal ook die T63 afhaal en n TKC voor posit.  Die krag van die 990 maak egter dat mens heeltyd op die teer wil stop, en van voor af wegtrek >:D

Op gewone grond is die 990 stukke beter as die 800.  Die ouens het nooit gelieg nie…Vir die eerste keer ry ek die bike, nie die pad nie. :deal:  Die 800 se suspensie was morsdood, en elke sinkplaat, sandwal, gat en watookal moes jy as ryer voor kompenseer.  Met die 990 voel jy als, maar dis asof die fiets dit self uitsort.  Gewigverplasing op die 800 het ek bloot gedoen omdat ek vas glo dit werk, maar op die 990 kan jy werklik n verskil voel van dit wat jy as ryer doen.  Die 990 reageer net ongelooflik op rider input, selfs my 65kg maak n verskil in n powerslide draai!!

Die fiets se krag is ongelooflik, met die 800 moes ek terug"gear" en my beste gee om die agterwiel van lyn af te kry, met die 990 is net n klein bietjie throttle nodig.  En dit is weereens n meer beheerde aksie as op die 800, hoekom sal ek nie weet nie.

Toe kom ons op die kursus. Cones, genoeg daarvan.  Die 800 draai verseker skerper as die KTM. Heelwat skerper.  Maar ek kon met genoeg commitment die 990 ook deur al die cones kry.  Die 990 is baie makliker om regop te hou teen n stadige spoed.  As ek n slow race moet doen met altwee, sal die 990 elke keer wen.  En dit maak redelik op, asook die feit dat rider input n baie groter effek op die 990 het.  Glo dit of nie.

Figure 8s kon ek nog nooit met enige fiets regkry nie, maar ek glo die 800 is makliker vanwee sy korter draaisirkel.

Die 990 trek weg soos n koeel, maar stop soos n skip.  Die 800 stop definitief baie viniger as die 990, wat presies die rede hiervoor is weet ek nie, want hy is nie soveel swaarder nie? :peepwall:

Jumping the log was redelik interessant, want eerstens was die log 3 keer die grootte wat die een was wat ek met die 800 gedoen het, en tweedens na ek amper oor die 990 se handlebars is word ek vertel my rebound damping is uit.  Maar inelkgeval, die 990, al is sy tenks vol, kom net makliker oor.  Of dit sy ekstra krag of die suspensie is weet ek nie, maar hy doen dit makliker as die 800.

In sand was ek verbaas.  Die 990 doen dit werklik beter as die 800.  Die belangrikste is seker dat mens op die 990 baie verder voor kan kom met jou gewig (amper op die handlebars), waar die 800 se air intakes jou baie beperk.  Die 990 het ook baie meer krag wat die fiets regoptrek in die sand.  Hy het baie meer krag, en kan baie verder oorleuen as wat die 800 kon.  So al is die KTM swaarder, sal ek hom eerder duine toe vat as die 800.

Ons het heelwat effens tegniese terrein gedoen, en die 990 het my net soveel confidence gegee dat ek elke oomblik daarvan kon geniet.  Die fiets is ongelooflik, en behalwe die suspensie, het die ekstra paar perde onder die seat my meer as een keer gered. Die fiets se balans is uitstekend, en die suspensie maak werklik so groot verskil soos almal gese het toe ek nog op n Bee-em was! :3some:

As ek altwee die fietse in die garage het, gaan die 800 baie stof opgaar, al glo ek steeds dis n uitstekende allrounder.  Glo dit of nie, mens kan met die 990 ordentlik ook ry, so in plaas van n 1200 of GSA vir die trips saam met mammie, sal ek nou eerder kyk na n plastic vir die kere wat die 990 in is vir n diens…
 
Top