Amper rampspoedige Tosca trip

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

subie

Bachelor Dog
Joined
May 20, 2008
Messages
11,257
Reaction score
694
Location
Uitenhage
Bike
Honda XR125L
Kloes het met die idee vorendag gekom om n reccie run op na Tosca te doen. Vrydag oggend het 4 van ons dan net na 05h00
weggetrek hier uit Centurion.
Kloes  BMW 1200GSA
Vagabond  XT660R
Karkas (Kallie Vagabond se broer) op BMW 800GS
Subie XT660R
Vroeg oggend is ons Breedtesnek oor om soveel as moontlik grondpad te ry Tosca toe. Ongelukkig nog steeds 200km
van die 600km was teerpad. Van Breedtsnek is ons Koster,Mafeking en toe Tosca. So n klompie km's na Mafeking het ons afgedraai
weer op n grondpad wat heelwat meer as interresant begin raak het. Die rooierige sand het al dieper en meer uitgetrap geraak.
Ek het begin bekommerd raak oor Kloes op die groot 1200 omdat ek weet hy het nog nie veel "off-roading" met hom gedoen nie.
Vagabond en Kallie het ek dadelik besef is ou gesoute manne en kon jy sien hulle is in vlak van "riding ability" ver bo ons ander twee.
1 km van die teerpad voor Tosca het Kloes dan ongelukkig ook n erg ongeluk met die 1200. Bike stukkend en het ons nie besef hoe erg Kloes seergekry het nie. Miskien is my feite nie reg nie maar ek verstaan hy het gewrig gebreek,4 ribbes gebreek,sleutelbeen af en bladbeen ook af. Mense hierdie is n yster. Die man het die heeldag so rondgestap met n smile en is eers 21h00 uur die aand ,opgetel deur familie, daar weg. Ek het maar redelik sleg gevoel oor die ongeluk en het die trip sy "sparkle" vir my verloor.
Ons het egter n baie lekker twee aande uitgekamp op die plaas by Loftie en Mara wat ons absoluut bederf het en was ons bietjie
uit die veld geslaan deur die heerlike aandetes en ontbyt. Vagabond het n wheelbearing gekort en nuwe een is sommer gou gou in hul seun Erik se werkswinkel ingesit. Die eerste aand was ek so uitgedroog dat ek 9 biere gedrink het :eek7: Het darem nie kaal op die tafels gedans nie maar was later die aand die enigste engelsprekende daar  :imaposer:
Sondag oggend is ons vroeg weg en het die Bray pad al teen die rivier terug gery wat n baie lekker pad was. Pasop vir Kudus,3 het my pad gekruis. 14h30 was ek by die huis.
 
Top