Mof
Race Dog
Ek begin graag hierdie fred oor seker die lekkerste groepry waarop ek al was. Saterdag se roete van Kransgat, deur die Tankwa, oor die Posroete tot by Oase was absoluut fantasties! Elke soort terrein (behalwe grootpad natuurlik) en die groep het net gekliek. Die vinnige manne kon vooruit speel en die rustige manne was nooit te ver agter nie. Boonop was daar nie 'n oomblik se teespoed nie, die 2 papwiele in die kamp tel mos nie. Ek moet weereens bysê dat ek nog lekker mense ontmoet het, soos met meeste WD rides. Baie dankie almal.
Ek sal maar afskop met 'n paar fotos van vroeg Vrydagaand toe my vrou so 'n paar geneem het, check die 'jpg - titels' vir die name. Ek sien uit na al die kiekies en videos van die helmet cams.
Ek sal maar afskop met 'n paar fotos van vroeg Vrydagaand toe my vrou so 'n paar geneem het, check die 'jpg - titels' vir die name. Ek sien uit na al die kiekies en videos van die helmet cams.