Terug op my Namakwalandspoor

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Bokveld

Race Dog
Joined
Aug 16, 2012
Messages
1,047
Reaction score
55
Bike
BMW F650GS / Dakar
      Soos mens ouer word,hunker jy mos terug na ou vriende en plekke uit jou kinderdae.Op die,besluit ek en Cutting Torch om na Kersfees n draai in Namakwaland te maak.Die plan was om die volgende plekke te besoek:Rietfontein,my geboorteplaas,my groot-ouers se grafte op Rietfontein en Kotzesrus,die sendingstasie op Rietpoort,Komkans,Nuwerus,Boesmanland,Calvinia en dan terug deur die Tankwa Montagu toe.
    Waar die vlaktes oopmaak anderkant Karoopoort,steek daar vroegoggend n lastige noord-oostewind op,wat stof opjaag oor die Tankwa.Ons maak n vinnige draai by die padstal en vat toe die pad Katbakkies oor.Dis die eerste keer dat ons die pad ry en verstom ons aan die uitsig en rotsformasies.Die mik en druk werk oortyd terwyl ons n vroee middagete bo-op die berg geniet.Toe ons later afsak aan die Koue-bokveld kant steek daar wolkies op,maar dis laat in Desember en reen is buite die kwessie.
    Ons maak petrol vol by Op-Die-Berg en kies koers Citrusdal toe.Teen die verwagting, begin dit liggies reen,maar ek stel my ou mater gerus dat dit maar net so voor die berg langs reen en ons sak nou af na Citrusdal.Verkeerd.Ons klim toe eers Middelbergpas,voor ons begin afsak.Dit begin reen en die mis trek toe.Toe die water begin deursyfer tot op my kroonjuwele,besef ek dat my aandele nou seker op n 34-jaar laagtepunt moet wees. Aan die Citrusdal-kant klaar die reen op,maar my wederhelf is nog baie bewolk en daars moord in haar oe.Waar ons later op die sypaadjie sit en koffiedrink,vertel sy my van al haar wrede planne wat sy teen my bedink het.
 

Attachments

  • Middagete.jpg
    Middagete.jpg
    127.1 KB · Views: 313
  • Winderig.jpg
    Winderig.jpg
    56.5 KB · Views: 311
  • Reenweer.jpg
    Reenweer.jpg
    155.1 KB · Views: 308
  • Katbakkies.jpg
    Katbakkies.jpg
    97.7 KB · Views: 307
Top