Mzungu....jy is een gelukkige bliksem.........

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Carrots

Grey Hound
Joined
Aug 18, 2010
Messages
5,647
Reaction score
1
Bike
KTM 990 Adventure
So met Dawie se afsterwe besluit 'n paar van ons om bietjie weg te kom die naweek...net om  bietjie oop kop en helmet time te kry.

Veldskoen reel vir ons lekker blyplek op 'n plaas net buite Machadodorp en ons almal ry sommer direk na die begrafnis Oos Transvaal toe.

Saterdag oggend sleep ons lekker rond.....ry al die mooi paaie en passe. Na Long Tom stop ek en Dwerg op Lydenburg om vol te maak en ons reel om die ander op Dulstroom te kry. So 20 kilos uit Lydenburg begin al wat kar is vir my en Dwerg ligte flits van voor af.......ek kyk af na my speedo en sien ons sit rustig en cruise op 120......so geen rede om bekommerd te wees nie.

Ons kom oor so bultjie en ek sien doer onder is daar een moerse commotion in die pad. Toe ek nader kom.....sien ek dit is 'n fiets ongeluk......en ek en Dwerg was die laaste van die groep....al ons tjommies was voor ons.....so etter....dit moet een van hulle wees.

Ek verminder spoed en sien hoe A3, Deon se vrou nader gehardloop kom na ons toe....so asof sy ons wil keer om nader te gaan. Ek stop 'n entjie agter die agterste bike en word yskoud.....nee moer man...dit kan nie wees nie...nie nog een na die horrible week wat sopas verby is nie....ek bedoel ons het gister vir Dawie koebaai gese.

Laurika kom ook nader gehardloop en se dis ok.....dis ok.....hy is orraait.

Dit het toe so gebeur:

Dronk sefebe kom van Dulstroom se kant af met een moerse gejuig met sy Corsa bakkie......skrik sy maritau af vir 'n moerse pothole in die pad....swaai uit....verloor beheer oor die bakkie. Over recover en gly oor in die ander baan in....reg voor Mzungu(Andre) in.......hy het gelukkig stadig gery want hy het die pothole van ver af gesien. Hy het nerens om heen te gaan nie.......

Kop aan kop......BMW vs Corsa.

Hy tref 'n gedeelte van die windscreen en is reg bo oor die kar....land en gly en rol 'n hele ent. Fiets word seker 20 meter terug geskiet deur die impak van die slag. Daar was mense in 'n ander kar wat alles reg voor hulle sien gebeur het en se hy was airborne vir 'n ruk.

Deon(Bud500) is eerste op die toneel en hy was ook ietwat wit geskrik maar wragtag...na Andre 'n rukkie gesit het staan hy op. 'n Bleddie miracle.

Hy kla van pyn in sy groin area maar dis dit.......geen ander beserings nie. Hy het letterlik sy ballas afgeval. Behalwe sy crown jewels het hy een klein ander merkie op sy arm gehad. Unbelievable.

Die ambulans het hom Middelburg hospitaal toe gevat en sy vrou en Edward haar broer het hom later Urologie hospitaal toe gevat in Hatfield. Hy is nou nou ontslaan en sy vrou het al sy panniers en goete nou net by my kom haal.....hy het klein operasie gehad so behalwe die pyn en discomfort sal hy geen permanente skade he nie.

Die belangrikste wat ek vir julle wil se is:

Hy het vol BMW twat suite aangehad (dis nie die eerste keer wat ek sien hoe goed daai suits eintlik is nie).....proper riding boots, handskoene, goeie helmet en Leatt neck brace. Ek dink as dit nie vir die brace was nie was hy dalk tickets nou...die helmet het 'n moerse knock gevat ook so daar moes baie kop en neck movements gewees het tydens impak en die val en gly na dit op die teer.

Van die fiets is daar nie veel oor nie.

Sterkte ou maat en ek hoop daai seer plekkie word gou gesond.

 

Attachments

  • 20130316_154007.jpg
    20130316_154007.jpg
    437.4 KB · Views: 891
  • 20130316_154224.jpg
    20130316_154224.jpg
    468 KB · Views: 885
  • 20130316_155029.jpg
    20130316_155029.jpg
    416.3 KB · Views: 884
  • 20130316_155034.jpg
    20130316_155034.jpg
    397.7 KB · Views: 881
  • 20130316_155040.jpg
    20130316_155040.jpg
    461.9 KB · Views: 881
  • IMG-20130317-WA0034.jpg
    IMG-20130317-WA0034.jpg
    117.9 KB · Views: 871
  • IMG-20130317-WA0036.jpg
    IMG-20130317-WA0036.jpg
    130.3 KB · Views: 868
Top