UPDATED: H2O down... and robbed!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

H2O

Race Dog
WD Supporter
Joined
Nov 19, 2012
Messages
555
Reaction score
42
Location
Cape Town
Bike
AJS (all models)
Het vannaand by Rokie 'n enduro jacket gaan haal naby Sir Lowry's village (Somerset Wes).  Het gelukkig met die Honda Twister gery (is darem nader aan die grond) & is so net voor 20h00 by Rokie weg.  Ek moet terug Parow toe, so besluit om nie N2 & R300 nie aan te vat nie, R102 (Old main road) deur Kuilsrivier en sommer regdeur Belville sal mos darem seker veiliger wees.

Stryk lekker aan tot net so voor Baden Powell se brug; vanaf Baden Powell is daar 'n sliproad wat die R102 kruis, (GPS 34 grade 1'27.10" S, 18 grade 44'35.65" E), met die naderkom sien ek die kar wat wag by die stop & vermoed hy lyk of hy dalk mik vir die gap om oor te ry & Somerset Wes toe te draai, so ek slack af op die throttle en hou hom dop; so 'n ou blou f%&upped Datsun, vol duike & met swart wheelrims, geen hubcaps - ek doen seker so 75-80, die drywer sit in my oe en kyk & trek die volgende oomblik weg & ry reg voor my in, dit lyk of hy dit probeer time dat ek die voorwiel tref!  Die drywer kyk nie vorentoe in die pad nie, hy sit vir my en kyk!!  Ek't nog tyd gehad om hardop te se "Ag nee kak man!" en linkerduim het nog ook toeter gesoek terwyl regterhand rem styftrek en ek uitswaai na regs, maar drywer staar stip na my en bly vorentoe ry terwyl ek uitswaai!
Was net genade dat ek die bike op sy regterkant neersit voor ek die kar tref, ek onthou die slag van die val, en het nog gedink 'Bliksem, hy gaan oor my ry' toe ek voor die kar se neus op die teer verbyskuif terwyl ek opkyk na die kar se ligte.  Gelukkig vol ATGATT aan, leat brace, handskoene, kevlar jeans, gloves, die lot.  Man, het nooit kon dink ATGATT raas so hard terwyl dit skuur nie!!  En ek ruik net Nylon brand.

Klaar geval spring ek dadelik op & kyk terug in die pad.  Jafta & sy drie pelle sit in die Datsun in die middel van die pad (hy moes op die laaste oomblik gestop het, die Twister le tussen my en sy kar.  My regterskouer is moer toe, so ek staan net stil met my linkerarm uitgestrek en wys na Jafta.  Gelukkig was daar agter Jafta by die stop 'n Builder's Warehouse ligte lorry & die drywer skakel toe sy brights aan.  Die volgende oomblik sit ta die Datsun in gear & vat die draai Somerset Wes se kant toe; hy't so 200m verder gestop & 'n rukkie teruggekyk voor hy weer weg is.

Staan ek verdwaas met lam regterarm & wonder hoe ek die bike gaan optel; en in die verte kom die karre.  Weet nie hoe nie, maar kry die bike regop & stoot uit die pad & skop uit die sidestand.  Die ou in die Builder's Warehouse lorry het nie gevra of kom kyk nie, die oomblik toe ek uit die pad is, daar gaat hy ook.

So hier staan ek; stikdonker & in pyn besig om stock take te doen.  Het so 'n minuut oor die seat gehang om al die pyne uit te sort, bike in neutral te kry & te kyk of hy wil start.  Nee wat, carb is ge-flood.  Kom so twee karre verby, en toe kom die blou Datsun verby & stop so 50m anderkant my.  Geen worries op die stadium nie, was nogal bly die drywer het teruggekom om te kom kyk of ek ok is.  Maar hulle bly sit in die kar & ek sien die briekligte bly helder aan.  Nog drie karre kom van agter af, en toe die karre so 100m verby die Datsun is & alles is weer donker, spring die 3 passasiers uit & kom na my toe aangehardloop.

Dadelik besef ek, hier's nou groot KAK!! Probeer om die bike hardloop, maar hulle skop die bike & my plat & hulle skree net heeltyd 'wallet!, wallet!'  Een ou sit bo-op my & gaan deur my sakke, kry my beursie & daar hol hulle.  Thank fuck hulle het my nie mes gesteek nie!!  So haastig is hulle daar weg, my selfoon was in my bosak toegezip & SUUNTO D5 horlosie aangehad.

Jislaaik man, gelukkig karring ek die bike aan & kry gery... was so opgepomp met adrenalien dat ek reguit deurgedruk het huistoe.

So hier sit ek nou, my vakansie in sy moer (wou more-oggend Vermaaklikheid & Puntjie toe gery het met die Dakar om vir die oumense te gaan kuier), R800 se petrol & kosgeld vir more se trip weg, jacket afgeskryf (regtermou kas toe geskeur en gebrand), jeans geknou, opgedrug & vol spierpyn...

On the plus side: 1) ek leef nog, dit kon baie donners erger gewees het, 2) bless ATGATT!! 3) bike loop nog 4) as dit gebeur het voor ek by Rokie was, was ek R1050 kwyt EN sonder Rokie se jacket, 5) plenty myprodol tablette by die huis, 6) man cave souvenier jacket

On the down-side: 1) hier's groot fout by my rotator cuff, sal maar more uitvind 2) regterknie gewel, 3) het 'n 'tweede' kuit bygeswel op my regterbeen, 4) ai, groot knock gevat in vertroue in my medemens  :'(

In nabetragting kan ek nie uitwerk of die ou my doelbewus wou omry & of hy nie net dronk was of iets en die idee om my te besteel bloot opportunisties was nie, wat dink julle??

En is dit hoegenaamd die moeite werd om by die polisie aan te meld??  

PS - en FFS, stuur eers boodskappe van simpatie!! Ek gaan die moer in raak as iemand voor page 3 beweer mea culpa want ek moes van beter geweet het as om in die nag daar te ry :mad:  


   
 
Top