'n Week en 'n half se oproepe gevolg deur 'n dosyn e-mails...diensrekords, foto's, scans...en nog 'n paar foto's. En dan is dit saterdag oggend en jou vlug land op George Lughawe... Jou nuwe 990 staan blink gepolish en wag...en jou opgewondenheid laat my skoon vergeet van my hartseer oor my katoom wat nou ander baas gaan kry... Hel jy was in jou skik, BLOUROS, soos jy die S sommer dadelik gedoop... Riding gear saamgebring en reg vir die round trip terug huistoe.
Ek is baie bly om te kan se ek het wel vir Henk ontmoet, en selfs in daai bietjie tyd kon ek al die mooi dinge wat hierbo genoem word oor Henk self ervaar.
Ek sluit af met 'n e-mail van jou, net nog 'n voorbeeld van jou entoesiasme vir die 2wiele wat ons almal so deel:
" haha, tuurlik ja! Bliksem man, ek moes al laaaankal so boney gekoop het!
het hom gister gepolish en mooi skoon gemaak...ek het nog nie so oor 'n motorbike gevoel nie!

"
Ons weet jy gaan saam op al die trips wat volg ou maat - RyInVrede.