My 21" coversion

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Hinksding

Race Dog
Joined
Sep 12, 2010
Messages
2,992
Reaction score
204
Location
LOERIESFONTEIN
Bike
Honda XR125L
Ek was die afgelope ruk heel koorsig oor 'n 21" voorwiel, en heel bemoerd omdat ek 'n conversion van misgeloop het.  Ekt maar begin scout en navraag doen totdat ons vriend Chris Louw my bel en se van 'n nuwe rim geadverteer vir R3000.  Ek was nie by die pc nie en hyt vir my 'n prelimenary dibs gevat. Weereens dankie ou Chris.

Bel toe die meester, Oscalot, koop die rim oor die foon.  Toe ek hom se dat Niclaus Lutzeller die rim gaan lace en true, stuur hy sommer mahala saamt Mev Lutzeller die rim Kaap toe vanaf GP. :thumleft:

Lang storie kort.  Rim is oorgelace op my hub nadat BMW my R1600 beroof het vir 40 HP speke.  Wiel is net voor die WC bash gefit en sedertdien het ek darem al 'n 1000km gedoen.  

Raait my ondervinding:

Ek ry op die oomblik nog sonder 'n mudguard, ou Hings lyk vir my heel cool met sy moerse hoefyster aan die voorkant.
Ek sou dit graag so wou hou, maar sedert ek op die grond was is dit ‘n ander storie.  By ons reen dit min en ek is nie gepla oor modder nie, maar ek was laas Maandag plaas toe na die reen en dis ’n gemors.  Daai voorwiel gooi modder verby die vurke boontoe, helmet, baadjie, speedo cluster, screen, alles het deurgeloop, needless to say die engine clog maar ook lekker op van die modder.

Selfs wanneer jy op droeë grondpad onder 60km/h ry tel die voorwiel fyn sandkorreltjies op, jy moet jou visor die heeltyd toe hou anders bly jou oë aan die brand.

Wat grondpad betref is die conversion ’n lekker verbetering in die opsig dat hy sinkplaat paaie (waarvan ons baie het), beter hanteer, daardie constant shake is gedemp en dit maak ’n groot verskil aan die rit. Die bike klim ook baie makliker oor groot vaste klippe wat gedeeltelik bo die grond uitsteek teen stadige spoed en gaan makliker deur spoelplekke. (Hou in gedagte dat ’n man se gat nog steeds lekker stamp as die 17” agterwiel deur dieselfde sloot loop)

Vrydag was ek daar in ’n droeë rivierloop en dit het betreklik goed gegaan, die rivier het 2 maande terug afgekom, so die sand was nie los nie, so dis moeilik om te judge.  Sal maar wag vir ’n sanderige trip.

Wat die koste betref het ek heel goed losgekom:
Nuwe rim:       R3000
Lace en True:  R500
Speke:             R1600
Koerier uit CT:R93
Nuwe TKC:     R1100
               =       R6293


Verkoop van ou Rim en speke: R2500
Verkoop van nuwe 19” Heidi: R900 (wat vir my 19" rim bedoel was)

Nouja, dan het ek R2893 betaal vir die conversion.  Volgende sal ek ’n bracket moet maak vir die mudguard, sal maar nog ’n bietjie R&D met ’n idee in my kop.  Hierdie mod saam met die Wunderlich PC maak dat ek nou moeilik van die 1200 ontslae sal raak. :ricky: :ricky: :ricky:

 

Attachments

  • IMG-20130324-01545.jpg
    IMG-20130324-01545.jpg
    123.4 KB · Views: 504
  • IMG-20130322-01526.jpg
    IMG-20130322-01526.jpg
    145.7 KB · Views: 494
  • IMG-20130401-01598.jpg
    IMG-20130401-01598.jpg
    137 KB · Views: 596
Top