Vinnige Sondagoggend trippie na McGregor

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Bliknêrs

Race Dog
Joined
Oct 7, 2008
Messages
3,957
Reaction score
1,066
Location
Swellendam
Bike
Honda XR650L
Vanoggend, Sondagoggend is almal in die huis siek.
OK amper almal, want ek makeer soos gewoonlik f@kkol behalwe nou vir die stemme in my kop maar net n groot blou bike kan hulle gelukkig hou.
En raai, daar staan net so n bike op my agterstoep!

Die kinders se siekte kan dalk iets te doen he met die terug skooltoe gaan more maar vroutjie is siek en wil nie eers opstaan nie.
Seun is siek, wil net TV kyk, dogter is darem nie siek nie maar het "maagpyn" dan weet jy mos om hulle maar uit te los.

So van iewers heen gaan as n familie is daar nie sprake nie.

Maar die wiele moet mos draai, hulle is nie verniet rond nie.

Alhoewel mens sou kon redeneer dat ek seker al genoeg bike gery het die week, insluitende n trippie af Kaap toe in die reen, sien ek toe n geleentheid...

Sommer vroeg al het ek vir vroutjie koffietjies in die bed gevat en uitgevra hoe sy voel en bietjie moed in gepraat. Toe sommer half begin om n oorlas van myself te maak en kort daarna aangekondag ek gaan n "draaitjie" ry.

Dis redelik dubbelsinnig, die "draaitjie ryery" want van my draaitjies het my al vir n paar dae van die huis af weggehou - so sy vra gewoonlik meer inligting, wat my dan half dwing om n plan voor te le vir oorweging kompleet met tye ens.

Maar vanoggend se sy net "Mooi ry"

Die kinders was nog makliker, maar ek kon sien hulle gaan my vreeslik mis want die "Gee pad voor die TV" was nie so driftig soos gewoonlik is nie.

Net volgemaak toe suiker daar n rooi DS bike verby. Man en sy vrou. Ek val agter hom in. Saam saam ry ons rustig tot by Stormsvlei. Daar besluit ek om van die besige N2 af te kom en draai weg Bonnievale toe. Die rooi bike wuif en hou aan, hy het n CF nommer so op pad Kaap toe. Dis lekker weer vir ry.

Net na die passie, draai die pad links uit McGregor toe.

Die pad is lieflik, nie te veel stof na die reen van die week nie - die boere het die week begin spuit sodat hulle na die volgende reens kan  saai. Maar vandag is dit Sondag, die trekkers is stil (wind waai in elk geval te veel vir spuit) en orals langs die pad stap gesinne in hulle beste klere op pad kerk toe.

Ek voel nie skuldig nie, my mense is mos af siek geboek vir die dag.

Iewers op hierdie pad het ek eendag op n pragtige grond berg- (OK kop-) pas afgekom. Ek kon hom nie deur ry nie so weet nie waar die pad heengaan nie, alhoewel dit seker ook maar in McGregor uitkom. Daardie dag het die tyd en my petrol my gevang en moes ek omdraai, maar vandag wil ek bietjie gaan kyk waarheen passie pad loop.
 

Attachments

  • P1070316.JPG
    P1070316.JPG
    55.5 KB · Views: 314
  • P1070317.JPG
    P1070317.JPG
    66 KB · Views: 316
  • P1070318.JPG
    P1070318.JPG
    88.4 KB · Views: 310
  • P1070319.JPG
    P1070319.JPG
    69.5 KB · Views: 315
Top