Geelbek Challenge

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Leon

Puppy
Joined
Feb 13, 2006
Messages
28
Reaction score
0
Location
Western Cape
Bike
BMW R1200GS Adventure
Ons het toe die langeverwagte Geelbek naweek gehad.

Ons het Saterdag oggend 6:00 uit die Kaap vertrek na Laingsburg (in die Kaap is dit daai tyd nog donker). Ons het manne langs die pad ontmoet totdat ons 11 stuks en voltallig was. Nadat ons vir koffie gestop het op Towsrivier het ons so net na 9:30 in Laingsburg aangekom waar ons ons vriende van George (12 Bikes) ontmoet het.
68639060-M.jpg

68810319-M.jpg


Dawie (die gasheer) het ons verwelkom en die groep van 25 fietse het gesplit vir die "rooi roete" en die "groen roete".

Die rooiroete ouens is eers na die Geelbek huis toe om ons bagasie daar af te laai
Foto van die huis (met die recce 'n paar weke tevore)
68428228-M.jpg


Ek het die rooi roete gedoen - en hier is die storie.

Net nadat ons die bagasie afgelaai het is ons met die paadjie uit en halfpad deur die rivierkruising . . .
68428221-M.jpg


skree Dawie - GAAN LINKS . . .
68428231-M.jpg


Vir 40 meter kon jy net 2 meter voor jou sien. Ons moes deur die riete bundu bash en toe kom ons anderkant uit
68428233-M.jpg


Die volgende 8 km was lekker rivier bed. Eerste paar honderd meter was nat maar daarna lekker Karoo rivier bed sand.
68639062-M.jpg


68428234-M.jpg


Na sowat 'n uur en 'n half later het ons gestop om middagete te geniet
68639069-M.jpg

68428240-M.jpg

68428241-M.jpg

Die braaier
68639072-M.jpg

En die vreters
68639076-M.jpg

68639078-M.jpg


En toe neem ons die lang pad terug Geelbek-huis toe
68428245-M.jpg

68639066-M.jpg

oor buurman se werf
68428247-M.jpg

terug Dawie se plaas toe
68428248-M.jpg

68428252-M.jpg

68428256-M.jpg

68428258-M.jpg


Na 'n lekker pot wat Dawie en Krisjan vir ons georganize het ons die Saterdag aand lekker om die vuur gekuier en orals geslaap
68639082-M.jpg

68428266-M.jpg


Sondag oggend het ons na koffie en beskuit opgepak en die pad terug huistoe aangepak.
68639056-M.jpg

68639058-M.jpg


Die pad was maar lekker morsig, plek-plek
68428282-M.jpg

68428287-M.jpg


En op ander plekke weer baie mooi
68447059-M.jpg

68447073-M.jpg


Klein ongelukkie gehad op pad, gelukkig nie baie ernstig nie
68447078-M.jpg


Op Ceres gestop om bande te pomp
68447034-M.jpg


En na ete het almal huiswaarts gekeer. Nog 'n lekker naweek - Saterdag oggend uit en Sondag aand terug - 'n maklike en 'n moeilike roete om vir almal se smake en voorkeure te cater. (Sien die res van die foto's op www.odm.smugmug.com/gallery/1438678/1)
 
Top