Full circle 
Nie heeltemal nie. Die GS is 'n heel ander bike as die GSA. As ek destyds in 'n ander gemoedstemming was, en my kop gevolg het en die GS gekoop het, dink ek ek sou hom steeds gehad het.
Maar soos ek al gesê het, kop gebruik en bike ry pas nie saam in my woordeskat nie. Hierdie keer probeer ek kop gebruik, maar die hart is ook daar. 
Verduidelik asb? Ek dink om GSA te gaan.
Voor die GSA het ek 'n Africa Twin gery. Ek toets toe die GS en GSA. GS voel te "klein" maar GSA voel reg. Maar my gat het maar gejeuk vir 'n GSA en ek het myself eintlik maar voor die tyd oortuig.
Dis 'n GROOT bike en binne 'n maand is ek gatvol. Moenie fout maak nie, dis 'n great bike om te ry, maar jy gaan niks meer met hom doen as die GS nie. Die rygevoel is wel anders as die GS, wat ligter en meer beheerbaar is.
Ek kyk nou om tussentyd net 'n sinvolle bike te koop vir die vlg paar jaar. Ry die laaste twee dae op 'n GS rond en geniet dit baie. Nou moet jy ook in gedagte hou ek klim van 'n 660 Tenere af, so dis 'n ander gevoel as destyds.