Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Wye draai - 26 tot 28 April  (Read 475 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Straddle

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: KTM 1290 Adventure R
    Location: Western Cape
  • Posts: 759
  • Thanked: 9 times
Wye draai - 26 tot 28 April
« on: May 02, 2013, 11:07:47 pm »
Daar word toe op kort kennisgewing besluit dat die laaste mooiweer voor die kaapse winter gebruik moet word en n vinnige trippie word gereel. Erik T laat weet hy is in en daar moet ook n sekere tupperware ryer oortuig word om sy spoedfiets te verruil vir n stofskoeter so hy word ook genooi. Die beplanning is stofpad sver as moontlik om Erik T se knobblies te spaar. Daar word toe naarstigtelik gesoek na n leenfiets maar ewe skielik is al die vriende se bikes of in vir n diens of stukkend, seker maar omdat hulle hierdie sekere ryer te goed ken. n Fiets word dus as n laaste uitweg gehuur en daar word afgespreek om stiptelik om eenuur vrydag te vertrek. Soos gewoonlik is skere mense stiptelik n uur laat en nou moet daar tyd opgemaak word om Malgas te haal voor donker so smokebreaks en stop vir piepie word beperk.

Die verkeer oor Sirlowryspas is hectic en die eerste teenspoed is toe die 990 se bashplate loskom na n km stofpad oor highlands pas. Gelukkig geen skade of beserings en na oor en weer beskuldigings word dit gefieks met cable ties en draad en kan ons weer vertrek. Volgende smokebreak is die bos dam anderkant karwyderskraal waar die tupperware ryer deeglik geroskam word oor sy rystyl op grondpaaie
KTM 1290 R -
KTM 1290 Super Duke R
KTM 640
 

Offline Straddle

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: KTM 1290 Adventure R
    Location: Western Cape
  • Posts: 759
  • Thanked: 9 times
Re: Wye draai - 26 tot 28 April
« Reply #1 on: May 02, 2013, 11:23:22 pm »
Vanaf die dam hou ons al langs die padwerke tot voor Shaws pass wat een van die dae verlore is as n stofpad en toe af indie rigting van Teslaarsdal tot in Napier waar daar gestop word vir petrol en n broekskuit paai. Van Napier oor Bredasdorp teerpad en verby  De Hoop waar ek vanaf die passasiers sitplek deur vroulief herinner word dat spoedbeperkings ook geld vir stofpaaie. Die 990 word breed gemaak om te voorkom dat ek verbyggegaan word en en die stof moet ry. Malagas word kort voor sononder bereik en daar word dadelik gesoek na die kroeg vir n koue. Ons word daaraan herinner dat die kroeg vroeg sluit maar as gevolg van die ernstige bespreking oor die dag se rit en die volgende se roete kan n knorrige kroegman net sit en toekyk. Toe die ligte om 10 uur afgesit word is daar n eenmalige besluit dat daar nooit weer hier oorgeslaap word nie.
KTM 1290 R -
KTM 1290 Super Duke R
KTM 640
 

Offline Straddle

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: KTM 1290 Adventure R
    Location: Western Cape
  • Posts: 759
  • Thanked: 9 times
Re: Wye draai - 26 tot 28 April
« Reply #2 on: May 02, 2013, 11:36:45 pm »
Saterdag vroegoggend is almal fris en vars en word die voldende been aangepak na Heidelberg via askraal. In Heidelberg petrolstop en daar word ernstig gesels oor die brandstofverbruik van die 990 teenoor die gehuurde 660. Die nuwe ryer gaan selfs sover om te beweer dat al huur hy die 660 elke naweek sal die KTM se brandstofrekening nog steeds meer wees as sy totale uitgawes per maand. Vanaf Heidelberg volg ons die stofpad deur die plase tot by die afdraai na Gysmanshoekpas. Op pad word vroulief amper in die verbygaan gepik deur n Kaapse kobra wat oor die pad seil. Nodeloos om te se word ek ernstig vermaan om in vervolg eers ver voor die slang te stop en te wag dat hy oor die pad is voordat ons verbyry. Gysmanshoek is soos altyd asemrowend mooi met sy uitsig oor die klein karoo
KTM 1290 R -
KTM 1290 Super Duke R
KTM 640
 

Offline Straddle

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: KTM 1290 Adventure R
    Location: Western Cape
  • Posts: 759
  • Thanked: 9 times
Re: Wye draai - 26 tot 28 April
« Reply #3 on: May 02, 2013, 11:48:37 pm »
Aan die anderkant van Gysmanshoek pas volg ons die stofpad na Vanwyksdorp verby die Turnhill wildreservaat. In Vanwyksdorp word daar gepiepie by die Vanwyksdorpmall. Petrol is slegs beskikbaar op die dorp in 5 liter kannetjies maar is uitverkoop. Daar word toe besluit om oor die rooiberg direk na Calitzdorp te ry en die beplande loop via groenfontein en nelspoort uit te sny. Rooiberg is n eerste vir my en vroulief so ons geniet dit terdee en laat die 660 en 690 maar vooruitry terwyl ons die pas se uitsigte geniet. In Calitzdorp aangekom sal ons uitvind dat die 990 se agterste shock nie werk nie.
KTM 1290 R -
KTM 1290 Super Duke R
KTM 640
 

Offline Straddle

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: KTM 1290 Adventure R
    Location: Western Cape
  • Posts: 759
  • Thanked: 9 times
Re: Wye draai - 26 tot 28 April
« Reply #4 on: May 03, 2013, 12:12:03 am »
Verder ry is toe op n einde vir my en vroulief en daar word toe maar vergader in die Broken Spoke met al sy motorfiets memorobelia om die situasie te bespreek. Veldbrand word gebel en hy spring dadelik in sy kombi vanaf Ladismith met die treiler agterna om ons te kom haal. Ek weet nie of ek mag n oornagplek plek bemark op die forum nie maar eugene en debbie van koedoespoort in ladysmith se gasvryheid en atmosfeer is uitstaande en beslis n hoogtepunt van die trip. Die geriewe is uitstekend en n gesellige braaivleis word geniet en ons loop ook vir francois (gewese young one) raak by die gastehuis. Hy is n dokter van Lydenburg wat stoksielallen op sy GS deur die Kaap ry. Weereens word ek deur die loop van die aand herinner aan die bmw's wat deur die land ry op twee wiele en die 990 wat op n treiler rondgery word. Ten minste is hy baie ligter op brandstof so. Sondagoggend na n stewige ontbyt vertrek die ander 2 terug via ouberg oor montagu terwyl ek en vroulief deur die barmhartige samaritane kom haal word. Die 990 breek egter ook nie verder agter op die treiler nie. Ons gaan terug hierdie naweek om ons trip te voltooi deur seweweekspoort en anysberg
KTM 1290 R -
KTM 1290 Super Duke R
KTM 640
 

Offline BrandsiekBrak

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Free State
  • Posts: 1,110
  • Thanked: 21 times
  • Formerly known as Lycan
Re: Wye draai - 26 tot 28 April
« Reply #5 on: May 03, 2013, 07:18:58 am »
Straddle

Lekker report, bly julle kn toe veilig by die huis terug kom. Was gaaf om hulle te ontmoet het.

Het toe wel die 7 weeks poort en mountain-to-sea road gaan ry na ek weg is daar by julle. Asemrowend!

My trip is ook besig om einde se kant toe te staan, nog 2 dae se ry oor

Safe riding
If you are packed for adventure, you can never be lost or late

Previously know as Lycan after getting bitten...
but then became infected
 

Offline Pietcoke

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,989
  • Thanked: 1 times
  • "Wille Worcester Hond"
Re: Wye draai - 26 tot 28 April
« Reply #6 on: May 03, 2013, 08:22:26 am »
Nice RR.

Jammer oor die teenspoed. Nou vir die tweede been. :thumleft:
I don't know how to act my age.....I have never been this old before!
 

Offline Veldbrand

  • Super Saaiber Slet
  • Grey hound
  • ****
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,691
  • Thanked: 3 times
  • Hou die blink kant in!
Re: Wye draai - 26 tot 28 April
« Reply #7 on: May 03, 2013, 11:01:30 am »
Lekker om julle hier te gehad het.
Hoop jy kry die bike gou uitgesort.
 

Offline XT JOE

Re: Wye draai - 26 tot 28 April
« Reply #8 on: May 03, 2013, 12:08:15 pm »
Nice :thumleft:
When life gets to hard to stand. kneel
 

Offline Buddy

Re: Wye draai - 26 tot 28 April
« Reply #9 on: May 03, 2013, 02:54:07 pm »
Lekker  :thumleft:
The Townkraaier of Kraaifontein
 

Offline RobC

  • Stoepkakkertjie
  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: Kawasaki KLR 650
    Location: Free State
  • Posts: 14,748
  • Thanked: 922 times
  • Bloemfontein
Re: Wye draai - 26 tot 28 April
« Reply #10 on: May 03, 2013, 03:06:50 pm »
Lekker een! :thumleft:
 

Offline spoedvark

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 6,275
  • Thanked: 22 times
Re: Wye draai - 26 tot 28 April
« Reply #11 on: May 03, 2013, 05:32:33 pm »
Nooit te lekker wanneer die teespoed ;n mens op ;n trip tref nie. Lyk my julee het dit nogsteeds geniet.

Go Big!
or
Go Home!!!!
Previous bikes:
Yamaha XS 400 Special Kawasaki ZX 10 Yamaha XT 550 BMW 650 GS BMW 1200 GS BMW 1200 GSA BMW 1200 GSA LC KEEP THE RUBBER DUSTY!!!!