Julle spreek darem baie bollie oor daardie arme ou uit.
Wheelies kan baie goed beheer word, onthou al verskil is hy is op een wiel, nie twee nie!
Maklike konsep, as jy jou neus hoer in die lig wil sit, draai die throttle en as jy oor Balance Point gaan, dan trap jy eenvoudig net die agterbriek en die bike kom terug na 2 wiele toe.
Kom nou boys, wat is die punt om jare te oefen om te wheelie as jy niemand mag impress nie....
Ek dink daar is mense wat meer bekwaamd op een wiel is as sommige bikers wat op twee wiele ry. Ek het nou die dag `n oomie op sy RT sien weg trek, daar is nie `n manier wat ek voor hom met my arme GS gaan ry nie, die revs juig, dan los hy die cluch in een moment, dan klink dit of die bike gaan vrek maar dan gee die oomie hom weer met die throttle. Net soos jy dink die bike gaan vrek versnel hy, 500meter verder onthou die oomie van sy voet pegs, en plaas sy pote daarop. As hy skielik moet uitswaai of briek, dink ek hy gaan vergeet om sy voete op die vloer te sit. So verskil ons almal, maar gelukkig geniet ons almal ons bikes op ons eie maniere!
Dis cool, almal begin iewers, maar party mense se vermoe is net ver bo ons sin, en as daardie ou dit kan beheer, good for him!
Jammer ek is een van daardie ouens wat somtyds so bietjie in die verkeer afshow, dis darem maar lekker!!! (Moet se nog nooi JHB se spitsverkeer probeer nie, kan taai raak!)
