ChrisL en Karoo Rider kap 'n es by die Bash in Suidwes

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Karoo Rider

Race Dog
Joined
Sep 1, 2012
Messages
1,716
Reaction score
446
Location
Ladismith WC
Bike
Honda CRF-1100L Africa Twin
Vir 'n wyle reeds wou ek graag 'n Namibië toer met die motorfiets doen, my eerste kennismaking met hierdie pragland was meestal teer langs en met 'n bakkie in 2007 toe ek en my vrou op wittebrood was.  Vier dae na ons troue lê skoonpa sy kop neer met ons wat in Okahandja by Gross Barmen sit...

Toe die Ai-Ais Bash dus begin vorm aanneem het kon ek 'n kriewelrigheidjie begin bespeur, maar met werksomstandighede wat op daardie stadium anders dikteer het was ek huiwerig om vas te bespreek.  ChrisL en ek het eendag begin gesels en kort voor lank is voorlopige planne neergelê:  ons doen 'n zig-zag agterpad toer sonder enige vooraf verblyfbesprekings of vaste roetes, en as ons gedurende die Ai-Ais Bash in die omgewing is dan gaan groet ons en maak 'n kuiertjie.

Wat gevolg het was 'n onvergeetlike toer deur areas waarvan ek nog net gehoor of gelees het.  Die meeste van die paaie het Chris reeds gery, en saans om die kampvuur was sy mond vol stories oor die plekke en sy mense.  Die Namakwaland, Noordkaap en Suidwes is harde wêreld en kweek by jou 'n waardering vir die eenvoudige dinge in die lewe.  Die mense boer skaap en bietjie bees, maar die reën is min, en die jakkalse baie.

Op Woensdag 24 April 2013 het ons vertrek en vir 10 dae gery, in totaal so byna 4000km.  Ek het 'n Kenda Big Block agterop gesit en was aangenaam verras deur die band se traksie in enigiets van harde klipbanke, los gruis, dik sand, nat teerpad, ens.  Met my Trax panniers wat anderkant die water vertraag was het Chris sy vrou se Enduristan soft luggage vir my vooraf deurgebring sodat ek hulle kan opsit en begin pak.  (Die sakke was 100% water- en stofdig gedurende ons trip, en ten spyte van 'n val na elke kant kan geen sigbare merke gesien word nie, ek kan dit regtig aanbeveel vir iemand wat in die mark is vir bagasie.)


Die roete:

NamampRSAmapmedium_zpsa126172c.jpg



Dag 1:  Stilbaai/Ladismith tot naby Calvinia [347km]

Die wegspring...

IMG_0001_zps40f60119.jpg



Buffelsrivier (hoofoorsaak van Laingsburg vloed - 1981)

IMG_0807_zps8b75be0e.jpg



Moordenaars Karoo

IMG_0808_zps0686e564.jpg


IMG_0809_zps0fd46b94.jpg



Die outjie het hom verstrengel maar ons kon hom gelukkig loskry

IMG_0811_zps980f19d7.jpg



Middagete by die Jupiter op Sutherland (groot porsies teen billike pryse)

IMG_0817_zpsf01f97ae.jpg



Oppad na Middelpos

IMG_0820_zps8f4434b0.jpg



Middelpos Hotel

IMG_0821_zpsbf0340a4.jpg



Ou klipmure voor die draadheinings oorgevat het

IMG_0824_zps4a834975.jpg



Tussen Middelpos en Calvinia

IMG_0830_zps3c80df05.jpg



Lekker gekuier en oorgeslaap by vriende van Chris op hul plaas

IMG_0838_zpsdaf5f8f8.jpg



Byna volmaan

IMG_0835_zpsfccafe98.jpg

 
Top