Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: `n Alleenrit  (Read 2051 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Single Cylinder

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 546
  • Thanked: 1 times
  • Kickstart the beast or push the button
Re: `n Alleenrit
« Reply #40 on: May 19, 2013, 10:38:25 am »
Wat 'n lekker trippie, pragtige fotos, baie dankie   :ricky:
I am not lazy, I am energy efficient.
Honda CB750 sold
Honda Elsinore 250 stolen
Honda XR500 sold, Kawasaki Ninja 750 sold
TDM 850
 

Offline K1200surfer

  • Puppy
  • *
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 36
  • K1200surfer
Re: `n Alleenrit
« Reply #41 on: May 19, 2013, 10:51:43 am »
Alhoewel ek `n "pen pusher" was hou ek daarvan om dinge self te maak.

Gedurende die 2010 Botswana/Namibia toer het ek `n sagte stuk rubber gevat en daaraan knippies en bande vasgewerk. Nog `n paar kleiner "chinese tricks" en dit vorm die basis. Plak eers plastiek en dan ducktape....voorkom `n klomp gom.

Kies dan die grote tankbag wat ek wil h en werk knippies daaraan vas.

Die tankbags het ek gedurende die 2010 Botswana/Namibia, 2012, 4-uithoeke toer en die alleenrit gebruik...totale afstand 22124km. Het uitstekend gewerK.

Eerste twee foto`s  die basis, derde vir die eerste twee toere en laaste vir die alleenrit
 

Offline K1200surfer

  • Puppy
  • *
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 36
  • K1200surfer
Re: `n Alleenrit
« Reply #42 on: May 20, 2013, 03:06:39 pm »
Van Martinsdrif is ek oor Ellisras vir `n koffie by Vaalwater en toe twee lekker dae met my suster Elsa en haar vriendin Marge by Klein Kariba gekuier.

Woensdag 8 Mei 2013, dag 25 van die toer het op sy kop gaan staan.

Eers ontbyt in Warmbad se Wimpy waarna Elsa en Marge na Pretoria sou ek na `n ou kolega/vriend, Piet Rohrigh by Peacenwood gaan maar, hy word vroegoggend in die hospitaal opgeneem. Res van my beplanning val soos dominoes om.

Besluit om na Bothaville te ry en die dag maar sy loop laat neem.

Ek ry 0m 09:30 van Warmbad na Magalisberg. Wat `n telleurstelling...Wicker tea garden, ons ontbyt plek van 79/80 bestaan nie meer en die res lyk maar treurig. Ry oor Carletonville na Potch, my ou Alma Mater(73/76) en daarna na my ou koshuis "Die Klooster". Toe na Bothaville maar geen slaapplek a.g.v. Nampo oesdag. Ry na Odendaalsrus waar die skaduwees al lank is. Theunissen al sterk skemer en warm klere word aangetrek. Ek is om 20:30 in Bloemfontein en besluit, terwyl ek nou aan die ry is om maar netsowel na Mosselbaai te ry!
22:54 in Colesberg, 01:34 Loodsberg pas, 02:21 Graaff-Reinet kerk en 02:32 Graaf- Reinet petrol.

Ek het die hele toer pragtige weer gehad maar, net na Aberdene slaan die reen my! Die GT wys toe sy staal! Die sitplek verwarmer hou my gat lekker warm, die "heated grips" maak warm en die spoedkontrole laat my toe om agter die ho skerm te skuil. 06:57 is ek net voor die Outeniqua berge. Net na 8 stop ek in Mosselbaai.....vodde!! Ek het stadig gery....nog bang vir die plug wat ek van Bulawayo saamry!

Ek bly wakker en om 5uur slaap ek `n gat in my eie bed!!

Afstand:               7411km
Petrol:                  336.67L
Dae:                     26

En nou is ek moeg!!

Groete,
Philip