Met die wegpak en skoonmaak kom ek op goed af wat iemand miskien in sal belangstel.
Caprivi is sandwêreld. Met die vorige toer, al het ek `n breë voetstaander gehad heeltyd vrugteloos na `n klip gesoek. Hierdie keer het ek `n houtblokkie met `n tou en hakkie vooraan gemaak. Die het ek in die tankbag gebêre en as ek stop die blokkie laat val, onder die voetstander ingeskuif en die hakkie aan my tankbag gehak. As ek ry het ek die blokkie opgekatrol en gebêre. Op die eerste foto kan die toutjie gesien word
Vir die hoofstaander het At voorgestel ek neem `n snyblok(?) wat in die kombuis gebruik word om vleis ens te sny. Plat, lig en vat geen plek nie.
Bogenoemde heet puik gewerk en baie frustrasies voorkom