MR DELIVERY

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Old School Biker

Pack Dog
Joined
Mar 14, 2012
Messages
425
Reaction score
0
Location
Villierdorp
Bike
Yamaha XT 660 Z
Right dit begin toe nou so. My ma'le en ouma en tannie hulle het laas naweek by op ons op Villiersdorp kom kuier. Die week voor dit was ek op bystand so die bike het nie veel geloop nie en ek het erg aan P.M.S gely!! (Parked Motorcycle Syndrome) ;D. My Pa los toe sy laptop by my met 'n lys klagtes want oupa to be is bietjie tegnologies agter geblewe, maar anyway het die famielie kuier nogal geniet.

So die naweek het aan gebreek en ekhet uiteindelik weer gepay. Eerste ding wat ek gedoen het met my nuut verdiende loon was om die Swart Yster se tenk vol te maak. Ek het die week nie veel kans gehad om na die laptop te kyk so Ek en vroulief het vanoggend bietjie laat geslaap en lui op getaan terwyl ons nog kan voor ons prinsessie kom. Ek gryp toe gou die laptop en sort hom uit en besluit toe sommer om dit te gaan aflewer op cw voor die nat weer kom en ek nie kan ry nie want ek is gewoond aan water so ek is nie so erg daaroor om nat te word nie.

Ek is toe klaar met die blik brein en trek my gear aan en groet vir Mamma wat op die bank le en tv kyk. Stap garage toe en start my yster op. Start somme net so met die eerste druk van die happy button. Klim op en val in die pad.

Ek ry toe nou net oor rooi hoogte en val regs op die koppies pad want my bike is baie allergies vir teer. O ja en sy was gewas so daar moes iets gedoen word om weer bietjie kleur aan die ou te gee want 'n skoon XT is net verkeerd. Ry toe nou rustig deur koppies so staan staan en kry toe 2 Worcester honde teen die pad wat toe nou in my dorpie gaan koffie drink het.

So kom ek Worcester in en iets voel net verkeerd aan die bike, die krag is net nie daar nie. Ry toe nou maar so an tot by ma'le se. daar gekom wil ek die bike start om in die erf te trek en als is vrek. Niks wil angaan of brand nie. Stoot toe maar die gewonde een in. Gaan groet toe eers my pa se ouers en drink koffie en toe my dors geles is besluit ek om te gaan ondersoek instel.

Haal die side panel af en daar hang die negatiewe draad los van die battery af. :-\ Kry toe maar by my pa 'n nuwe boutjie en moertjie en sit toe maar weer die storie aan mekaar. Druk die happy button en daar gesels sy weer soos wat dit hoord. Sy het seke gehoor ek het gedreig om haar op die bakkie te laai :p.

So ons eet toe gou  :pot: en ek sort die laptop vir ou laas uit en klim toe maar weer op die perd want ek wil nie te laat by die huis kom nie. Ry toe weer die koppies pad, Net voor Brandvlei kelder draai ek toe regs af op die moddergat pad. Maar ek sien my bike spook so bietjie. Elke keer as sy stof proe dan wil sy net 80 km/h ry ;D. Maar ek kla nie langer tyd in die saal, en wie kan nou daaroor kla. Ry toe verby wilds kampe en sien 'n paar mooi springbokkies wat nogal leke gelyk het. >:D.

Kom toe weer opi teer en stoot toe maar aan en net voor Stetyn Kelder val ek toe weer links op 'n ander grond pad wat lieflik was en op die koppies pad in loop. Ry toe weer so om terug huis toe. Ek weet dit was nou nie vreeslik ver nie maar dit was long overdue. Nou lyk die bike weer reg met die stof op die rims en swing arm. Hopelik kan ek volgende keer 'n buddy of twee kry om te join dat ons bietjie ander onbekende grond paaie kan gaan verken. :ricky:

Dis min maar dis in soos my pa sou se. Hoop julle ander manne het 'n leke dag gehad.
 
Top