So ek verstaan nie, maak KTM hulle rims dan uit klei uit

Ek het ook nog nie 'n BMW rim kon buig nie.
Die KTM rims was nog altyd 'n issue. Ek het al 6 9x0's besit en almal se voorrims vervang. 800 BMW gebruik dieselfde rims.
Jy kan maar solank 'n thread begin vir die ouens wat progressive springs in die voor vurke gaan sit ook. Soos die ouens gewoond raak aan die fietse gaan die offroad spoed begin styg en die voor suspensies begin bottom. Dan buig die rims nog beter. Hilton sal moet springs begin aanhou - een van die dae gaan daar 'n ry 1190R's voor sy shop aantree.
Dalk is ek verkeerd, maar dit was my indruk van die voor suspensie op die R.
