Nuwe liefde in my lewe

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Vlakhaas

Race Dog
Joined
Aug 15, 2010
Messages
953
Reaction score
0
Bike
KTM 990 Adventure
Sy het haar vorige eienaar gepos op die Khomas Hochland. Hoof besering, gebreekte sleutelbeen, arm, gewrig en rug. Nodeloos om te sê wil sy vrou nooit weer 'n bike naby die erf hê nie, en ek kon 'n bargain koop.

Die vorige eienaar was alleen toe hy geval het en kan niks onthou tussen 'n paar kilo's voor die ongeluk tot 'n week nadat hy in die hospitaal bygekom het nie. Hy kan weer loop, maar sal nooit weer bike ry nie.  :(  Gelukkig vir hom was daar 'n man in 'n bakkie ent agter hom wat besef het daar is skielik nie meer stof voor nie. Hy het omgedraai en begin soek in 'n paar draaie, en uiteindelik hom gevind tussen bosse 'n hele ent van die pad af. Jy kon glad nie die ryer of die fiets van die pad af sien nie. So maklik kon die soveel erger gewees het. Niemand het eens geweet hy het gaan ry nie, of watter pad hy gevat het nie.

Op 'n ligter noot,  ;D eintlik is sy nog 'n projek in wording. 2006 990, 14 000 km, steering damper en akro stelsel.

Die fiets het paar krappe op die sy, regter crashbar bietjie gebuig, lig stukkend, flikkers stukkend en die raamwerk wat die hooflig dra is gebuig. Voorwiel het 'n massive smiley en die linker vurk seels het geblaas. Dit lyk of die fiets se voor suspensie 'n baie harde hou weg het en toe 'n faceplant gehad het. Eintlik baie min skade



 

Attachments

  • 001.JPG
    001.JPG
    308.7 KB · Views: 528
  • 002.JPG
    002.JPG
    334.6 KB · Views: 485
Top