Gypsybaron
Race Dog
Use THIS if you don't understand some parts of this report
Ek sal maar die thread begin, aangesien ek die enigste odd one out was wat nie soontoe is op die Vark nie, maar voor hom!
Soos meeste van die Bash-gangers nou al weet, my suster het 6 jaar terug laas 'n wegbreek gehad. Terwyl ons die een aand gesels en sy hoor ek gaan bash toe, hoor ek sy klink maar baie bedroef omrede sy en haar kinders nie kan wegkom vir 'n naweek nie. Soos dit Ouboet betaam, stel ek toe voor dat hulle saamkom, aangesien die 1150 ryers nie 'n onaardige spul mense is nie, maar welopgevoede bikers is.
Nou, meeste mense sal weet dat 'n 3 jarige laaitie baie vinnig aan die slaap kan raak, so dit is nie 'n goeie idee om hom agterop 'n bike te laat ry vir 900 km nie. Dit noop my toe om die volgende te doen:
Nadat almal my k@k gegee het oor ek maak of ek Stoetbul is (en almal die 1100 GStrike bewonder het) en die fietse afgelaai is en die tent opgeslaan is, was dit al stiknagdonker. Die volgende oggend lyk dit toe so:
Giepie moes vroeg ry Sondagoggend, so ons het maar vroeg-vroeg die groepfoto geneem
En hier is 'n GS ryer in wording - sy fiets gee seker die beste brandstofverbruik van almal s'n
Ek het daar darem so 'n bietjie (omtrent 50 km) rondgery
en 'n "Leeu" gesien
kleurvolle Akkedisse
en Dassies
Daar is nogal baie water wat daar afstort, maar vanjaar is dit "bietjie droog"
Bietjie op met die rivier, is daar groot maalkolke wat deurgewerk is - dan sien jy dwarsdeur
Ek is bly die paaie het (nog nie orals) SULKE potholes nie
Sondagaand wys Frannarossi hoe jy nou 'n pyp opsteek - met class!
Ek wonder wat dink hy van hierdie hele storie?
En die Incident Report?
Ek het so 40 km buite Upington 'n pap wiel op die bakkie gekry, wat ek toe vinnig-vinnig vervang. Dit het my laat besluit om direk deur te stoot plaas toe, wat darem so 230 km nader is en ek nie weet watse gat-gevare op die pad is nie, dalk sit ek sonder 'n spaar tussen iewers en niewers. Slaap toe maar oor op die plaas, vanwaar ek vanoggend net voor 5 wegtrek (anderkant Zeerust) so net na ses is ek verby Rustenburg se laaste beboude gebied. Moses hardloop lekker teen 170, dan skiet ek by so ses, sewe karre op 'n slag verby. Net toe ek verby so 'n bondel karre is, sien ek 'n silwer-wit streep van regs af oor die pad beweeg, REG voor my in. Ek dink nie daardie jakkals het geweet wat hom tref nie! Gelukkig vir my tref ek hom vol op die sy, en nie op sy voor- of agterlyf nie want dan sou hy dalk omgeswaai het en ons onwillekeurig laat afklim het. Maar, soos dinge gebeur, tel Moses sy kop op, toe sy agterwiel, en ek raak airborne vir so 'n halfmeter of twee. Ek voel die impak soos ek die jakkals met die voorwiel tref, toe die agterwiel, en toe weer toe ek grondvat. Die handlebars ruk so bietjie heen en weer, en ek maak die vet toe, en weer oop. Kyk, menige pilot sou my daardie landing beny het, so maklik het ek daaruit gekom. Moses gedra hom toe, so ek besluit om maar aan te stoot (geen vibrasie wat nie daar hoort nie, geen wopwopwopwop van 'n wiel wat nie reg is nie, en 'n 7uur deadline by die huis - wat ek darem net betyds maak)
RIGHT, SHOW YOUR PICTURES!