Whale Rally Trip - 14 tot 17 Junie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Straddle

Race Dog
Joined
Jan 7, 2013
Messages
759
Reaction score
0
Bike
KTM 1290 Adventure R
So word daar op kort kennisgewing beplan om die Whale Rally by te woon in Plett saam met ons klub (Universal Riders). Vrydag oggend vroeg stortreen dit en ek besluit om eerder te wag aangesien die voorspelling was dat dit later sou opklaar. Vertrek toe 12:30 en eerste stop in Riversdal waar die KTM se petroldors gevoed word. In Heidelberg word daar weer gestop en ontmoet ons toe n groep manne op pad huis toe na n Namibia trippie. Ons maak ook kennis met n Spanjaard wat met sy F800gs 5maande terug Spanje verlaat het en nou klaar sy draai gemaak het in die kaap. Met n gebroke engels en handgebare verduidelik hy dat hy nog deur Lesotho en Swaziland gaan ry voordat hy die pad terug huis toe vat. Bereik Plett eers ongeveer 18H30 na n senutergende rit in die donker vanaf Knysna.(Sal onthou om volgende keer nie n donker visor op te sit nie). Slaan tent op in die donker en geniet die geselskap en rally tot Sondag oggend. Moet se dat daar is niks soos n lawaaierige en partykeer besope klomp bikers wat jou herinner hoekom jy jou superbike verruil het vir n dual bike nie. Totale km 491 gery alles teerpad.
 

Attachments

  • IMG_0419.JPG
    IMG_0419.JPG
    308.6 KB · Views: 217
  • IMG_0425.JPG
    IMG_0425.JPG
    435.5 KB · Views: 213
  • IMG_0426.JPG
    IMG_0426.JPG
    360 KB · Views: 213
  • IMG_0418.JPG
    IMG_0418.JPG
    306.4 KB · Views: 216
Top