Yamaha, het my guns gewen

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Jakkals

Grey Hound
Joined
May 7, 2009
Messages
6,512
Reaction score
118
Location
George Western Cape
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
Ek was nog nooit 'n Yamaha fan gewees nie, vandag weet ek dit is omdat ek nog nooit voorheen 'n Yamaha besit het nie.

Toe ek besluit het dit is tyd vir 'n nuwe fiets het ek na al die verskilende fabrikate gekyk, ek het BMW se GS en GSA gery maar was nie baie impress met hulle nie, niks fout met die fiets nie maar BM het maar net te veel fyn skrif en of die Beemers dit wil weet of nie maar daar het net soveel GS'e in die shop gestaan vir repairs as wat daar was vir service's.

KTM het nie 'n agentskap in ons dorpie nie so back - up is 'n probleem, keting en te kort aan touring capibility het my ook af gesit maar dit is nie so groot isue nie.

Honda wat eintlik my brand is het niks op die mark wat my trek nie, alhoewel die TA 'n goeie fiets is en baie under rated is maar jy gaan nie somer van 'n Africatwin na 'n TA nie.

Ek gee toe Yamaha 'n kaans en koop 'n S10 wat nou op 40 000 happy km's staan, as ek vandag terug kyk dink ek dit was sekerlik my beste besluit ooit.  Yamaha Sa se diens en back-up is uitstekend en dan is ons ook bevooreg om 'n uitstekende handelaar, George Yamaha te he.

Af gesien dat die S10 'n GREAT bike is en ook my volgende keuse van bike is as ek weer sal replace het my eerste Yamaha my ook toe gelaat om Yamaha SA en George Yamaha te leer ken en so ook my guns gewen.

Ek kan ook verstaan hoekom daar mense is wat 600 km vêr ry om hulle fietse by George Yamaha te laat diens want die ouens mag maar en gee om vir hulle customers.

Thanks Yamaha Sa en George Yamaha, julle het my guns gewen.  :thumleft:
 
Top