Het gister van trippie afgekom, 600 km vanaf Durbanville,Worcester, De Doorns, TouwsRivier en toe grondpad na Tankwa Tented kamp. Sondag Tankwa, Peerboom, Katbakkies, Op die Berg, Gydo, Prins Albert, Ceres, Voëlvlei, Durbanville.
LC het wys 4.3 km/l vir die trip en het presies dieselde hoeveelheid sous as my buurman se gs 800 gebruik.
Ek is heeltemal beindruk!
Fiets het nou 6000 km's op, kry gereëld net so oor die 400 km op n tenk.
Het ook nog nooit meer as 19 liter ingesit nie.
Maar nouja, ons almal ry vir verskeie redes, ek het geen haas nêrens heen nie... my nek is altyd seer as ek op n trip was, maar nie van windweerstand nie, van rondkyk!!