Jong ons het bitter selde bo 110 km/h gery (miskien net afdrande) en op daai lang R355 grondpad het ons tussen 80 en 100 km/h gedoen.
Natuurlik geen top end runs of deur die ratte ge- accelarate of gespeel nie.
Ek het wel November agter gekom dat die verbruik aansienlik verswak as jy bo 120 ry, ek was oppad na Kuruman in die Noord Kaap, of dit was die 38 grade, of die effe opdrand daaikant toe en die hoogte bo seevlak, maar kon nie naby die 4.2 kom wat ek in die Kaap kry nie.
Moet darem ook bieg, ek het meeste van die tyd tussen 130 en 150 km/h gery...Was op daardie stadium meer lus om uit die son te kom as om beste verbruik te probeer kry.
Was egter bly om te sien die LC se temp. was slegs 3-4 grade warmer as normaalweg, al was dit op n tyd 42grade in en rondom Upington. LC loop altyd teen 82 - 83 grade, maar daar in Upington het hy nie warmer as 87grade geraak op die pad nie. Deur die dorp het ek maar oor rooi verkeersligte en stopstrate gery en het doelbewus nie die engin temp gemonitor nie.
Was nie op daai stadium oortuig dat 5-40 olie die beste keuse is nie... lol