Bokveld raak skoonveld in Namibie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Bokveld

Race Dog
Joined
Aug 16, 2012
Messages
1,047
Reaction score
55
Bike
BMW F650GS / Dakar
      Skoonveld roughly means nowhere to be found ,for the English dogs.En dit was hoe hierdie solo trip moes wees.Ek was nog nooit aan die oostekant van Namibie nie en wou my pad solangs opwerk tot teen die Kunene en dan aan die westekant terugkom.Rofweg wou ek so 400 km. per dag doen met n rusdag of wat tussenin.My doel was om die land en sy mense te ervaar.Alles het toe min of meer so uitgewerk,maar ek is bevrees ek sal nie met hierdie RR my wonderlike ervarings kan weergee nie.Hoop maar die prentjies help so hier en daar.
      Op Saterdag 15 Junie groet ek my vrou, kinders en hond en val in die pad.Ek weet van n billike backpacker in Bitterfontein,waar ek dan die N7 sal verlaat en koers vat via Kliprand en Pofadder na Onseepkans.Alles verloop volgens plan,maar Sondagoggend steek daar n knaende noord-oostewind op,wat my sou besig hou tot teen die Kunene vir die volgende paar dae.
      Toe ek by die vulstasie op Pofadder indraai,sluk Kulula en vrek.n Ou omie met n wit bokbaard maak vol en praat met tipiese Noord-kaap aksent:Wonder nou net wat soort van n bike is dit die,toe sien ek dis glad n BiMWi.
      Die pad Onseepkans toe is sinkplaat en sanderig,maar gelukkig bedaar die wind effe.Die grensprosedure verloop seepglad en kort voor lank is ek op Karasburg.Hier moet ek eers my telefoonkaart verander sodat ek nie heeltemal verlore raak nie.Terwyl ek met die selfoon doenig is,maak die petroljoggie die terrein skoon van bedelaars met behulp van n rubberpyp.Dit lyk of hier ander reels is as in SA.
      Dis nog vroegnamiddag en ek stoot aan en draai later op n plaas in op soek na kampplek.n Baie vriendelike vrou verwys my na n plek 20km. verder.Sy groet my met die woorde: Veilig ry en geniet ons mooi land.Dis amper sononder en ek besef ek IS nou in n ander land.
      Oas is n jagplaas 20km. padaf en ek word met dieselfde vriedelikheid daar ontvang.Die stilte van die nag is iets ongelooflik.Wat n kampplek!
 

Attachments

  • Slaggereed.jpg
    Slaggereed.jpg
    144.7 KB · Views: 793
  • Bitterfontein backpackers.jpg
    Bitterfontein backpackers.jpg
    103.8 KB · Views: 789
  • Velloorsdrif.jpg
    Velloorsdrif.jpg
    185.9 KB · Views: 793
  • Voor Onseepkans.jpg
    Voor Onseepkans.jpg
    96.6 KB · Views: 793
  • Oas kampering.jpg
    Oas kampering.jpg
    135.7 KB · Views: 793
  • Oas ablusie.jpg
    Oas ablusie.jpg
    152 KB · Views: 781
Top