Naweek na Sterkrivier en terug deur die Waterberg

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Armpie

Pack Dog
Joined
Apr 30, 2013
Messages
304
Reaction score
0
Location
Pretoria
Bike
Kawasaki KLR 650
‘n Twee dae Waterberg trippie Julie 2013
Ek en die Buurman vat die pad na die Noorde uit Pretoria.  07:45 op ‘n Saterdagoggend.  By die Shell Garage op die Ou Warmbad Pad kry ons die Swaer.  By hom is die Batman.  Sy 12 jarige seun.  Hy wou ook saam.  Hoe kan die manner y, en hy bly.  Toe se die ouma hy kom saam.  En as Ouma praat is dit tickets.  Vra vir die Swaer.

Ek en die Buurman op ons KLR’s en die Swaer op sy GS650F.  My KLR, ‘n goeie ou Ox Blood Red 2007 Fugly en die Buurman met sy “nuwe” swart 2009 model.  Hy het hom by ‘n boer gekoop wat nie mooi na die fiets gekyk het nie.  Vir meer as twee jaar het die fiets buite, so half onder ‘n dak gestaan.  Toe die Buurman R22000 kontant bring, was die fiets syne.  ‘n Paar spieeltjies, nuwe olie en ‘n uitgewaste verkoelingstelsel, en nou was ons oppad.  Die fiets het nog  nie 5000km geloop nie.  Die plastiek covers het hy met superglue aanmekaar plak.  
By die Wimpy op Warmbad sit ons aan vir die Brekfis special.  Ons plan is om verby die Warmbad dam, dan grondpad tot by Rankinspas te ry, dan deur ‘n pas noord tot by Vaalwater.  Vanaf Vaalwater gaan ons noordoos om die Entabeni Groot 5 Reservaat tot by Lekkerbreek, my broer se naweekhuis.  Ons sal daar slaap en dan die volgende dag terugkom huistoe.
By die Aventura se hek draai ons regs oppad na die Warmbad dam.  Nie veranderkant die dam word die pad grondpad.  Die Buurman ken nie grondpad nie, en met sy 2012 BMW vat die Swaer di took maar rustig.  Sy fiets spotless en heelwat duurder as ons sin.  Wel, en ons ry darem KLR’s .
Ek sien sommer vinnig hier gaan sports kom.  Die Batman is ‘n groterige seun, maar met die baadjie wat sy ma hom gegee het lyk hy twee maal groter.  Onder daai baadjie het hy genoeg body armour aan om teen ‘n tenk te staan.  Maar die Swaer vertrou nie sy grondpad vermoee, sy duur fiets of sy passasier agter op nie.  Ons vat die pad na Loubad.  Een van daai sekondere paaie wat nie meer deur die provinsiale regering onderhou word nie.  ‘n Twee spoor paadjie met sulke diep slote en lekker sand.  Ek hou stil om ‘n foto te neem, toe die Fugly onder my uitgly.  Ek staan en die fiets is reg-op.  Ek neem ‘n foto of twee.
Ons gaan deur ‘n klein klipperige klofie en kom bo-op die plato uit.  Die eerste opdraende van die Waterberg. Nadit kom ons by ‘n kruising.  Nou kan ons linksdraai oor die vlakte na Rankinspas, seker so 30km verder.  By die linksdraai hou ons die tweede maal stil.  Aan die eenkant van die gebou is ‘n geboutjie.  Dit kon moontlik vroeer ‘n kerkie gewees het.  Wie weet miskien was dit ‘n tabakstoor?

Vir die wat dink die Waterberg is net kranse en klippe is daar ‘n verassing.  Hier strek die vlakte seker so oor 10km.  vandat ek drie maande terug hier was, was die Limpopo Provinsiale regering se padskraper ook hier.  Die grondpad ry mooi tot so twee kilometer voor die afdraai na die grootpad tussen Alma en Rankinspas.  Hier raak dit sand.  Ek is eerste by die t-aansluiting met die Buurman op my hake.  Maar die BMW en sy ekstra passasier vat bietjie langer.  

Voor die Polisiestasie by Rankinspas vat ons ‘n waterbreek.  Maar my waterbottel het los gegaan en die dop het losgekom.  So vir my was daar niks.  Hier by Rankinspas waar ou baaspeurder Piet Beyleveld as jong polisieman baie skofte om gesit het.  Ek dink hy het hier in die aanklagkantoor so verveeld geraak, dat hy strategiee uitgewerk het, hou hy moontlike massamoordenaars kon vang in die toekoms.  As hy sulke planne uitgewerk het, het hulle beslis gewerk.  Twee kilometer wes van Rankinspas was die bordjie regs “Jan Trichardt Pas”.  Op Google Earth zig-zag die paadjie deur die berge na die noorde.  Hier was nie een van ons al ooit nie.  Die pas is ‘n indrukwekkende plek die pad draai links teen die berg uit en plek-plek is die pas uitgekap teen die hang van die berg.  Die pad aan die suidekant is in skadu gehul.  Hier stop ons en kyk oor die vlakte na die suide.

Dan gaan ons op oor die hoogtepunt van die pas waar dit soms erg klipperig is.  Alles loop mooi tot so drie kilometer voor die aansluiting by die R33 teerpad.  Op die vlakte hier bo is dit sand.  Dik sand seker vir twee of drie kilometer.  Van vooraf kom ‘n bakkie en ek stoei om bo te bly.  Stand up, lookup and open.  Soms werk dit.
Van vooraf kom ‘n bakkie en ek is in die middelste van die drie spore.  Maar die bakkie gebruik ook die middelste spoor.  So probeer ek oor die sandrif tussen die middelste en linker kanste spoorkom.  Met absolute geluk bly ek bo, maar in die poging ry ek oor al die bane en kom uiteindeliktot stilstand in die sand links van die linkerbaan.  So 20 meter waar die bakkie nou gestop het.  Die bakkie met drie manne wat gras gesny het ry nader.  “Meneer, hou djy bly bo by daardie motorbike?” vra die drywer.  “Nee, ou maat, ek weet self nie”.
Agter my gaan dit nie veel beter nie.  Die Buurman met sy “nuwe” KLRs, wat nie sandpaaie ken nie, maak dit ook tot by die teerpad.  En steeds is hy bo.  Maar die BMW kom nie.  Seker vyf minute later daag die GS650 ook op.  “Hoekom het jy my nie gesê die paaie is so rof nie?” “Jis ou swaer, hoe moet ek weet!?  Ek was nog nooit hier nie!”
As ons by Vaalwater kom is dit al twee uur die middag.  Hier besluit die Swaer dat dit tyd is om te breek met die willewragtig KLR’s.  Vir sy eie gesondheid wat onder druk van die Ouma is, sou die Batman se gesondheid enigsins aangetas sou word, sou hulle twee met die teerpad terug na Nylstroom, dan na Naboomspruit en dan 33km verder, op die Sterkrivier teerpad na die MTN toring by Sterkrivier gaan.  Ek en die Buurman koop ‘n Spar kaas en tamatie bun en twee bier elk by die Tops.  Ons vat die 10km  teerpad tot by die Vryemansrust afdraai op die Nylstroompad.  So kilometer verder op die grondpad stop ons om ons middagete te vat.  Maar die kilometer was te rof en ons kom met sonder die doppies van twee van die biere daaraan.  Die handoek in die topboks het getrek gelyk.  50 meter van waar ons ons toebroodjie en bier elk vat, wei twee kameelperde.  Rustig aan die top van die bome.
Ons ry verder met die nou paadjie met die Buurman so ent agter my.  By die plek waar ons geeet het, het ek 1,5 liter water met rekke vasgemaak.  Met die eerste stop na weereens ‘n stuk sandpad op ‘n gelykte, soek ek my water.  Maar ook dit is weg.  So paar minute later kom die Buurman ook daar aan.  Hy het die bottle gesien en opgetel.  Nou wil hy my bottle vir my gee, maar ook syne is weg!  Nie ‘n goeie dag om water te drink nie.
By Witfontein kry ons die grondpad na Naboomspruit.  Die pad is breed en oop.  Soms haal ons 100km per uur op die grond.  Verby Kleinmelkrivier tot by die westelike hek van die Entabeni Wildreservaat.  Hier drink ons die Klippies en Coke wat die Buurman by hom gehad het.  In die laaste 30km vat ons die3 pad af teen die Kranskloofpas en dan word die pad teer.  Vir oulaas kry ons ‘n troppie bobbejane.

Ons kom by die plaashek sekondes na die Swaer en Batman daar aangekom het.  Ons ry die 500 meter in en binne binne ruil die Swaer die BMW om vir sy 600cc kwad.  Dit was kwart oor vier en ons moes jaag om by Danie se winkel uit tekom.  Die paar honderd meter sand oppad na die plaaswinkel was nou niks.

Ons haal die winkel (en drankwinkel) oop en koop die nodige.  Nog maals laai ons die goed agter in die KLR se topboks.  Maar die grondpad is ‘n bottle se doodsteek.  Van die dosyn wat ons gekoop het, maar vier dit nie.  Gelukkig het ek so plattetjie in my sak gesit.  Met die skadu’s wat reeds lank lê, maak ons vuur en drink ‘n bier.  Teen 21:00 is ek in die bed.  In vandag se klere.
Die volgende oggend maak ons vuur, hou ‘n worsbraai, en eet gisteraand se chakalaka en steak.  Teen 08:30 is ons weer in die pad.  Die Swaer en Batman gaan reguit terug, die 220km op die hoofweg na Pretoria.

Ek en die Buurman draai links op die grondpad oppad na die hoofhek by Entabeni.  Voor ons pryk die imposante figuur van Hanglip, die kop wat die omliggende gebied domineer.  Hier laat dit jou dink aan Eugene Marais.  ‘n Briljante man.  Digter, skrywer, medikus, dierkundige, plantkundige, sielkundige, junkie. Ook hy was hier in die deel van die Berg.  Die hek by Entabeni is ‘n groteske plek wat gerig is op mense met baie geld, of van die buiteland is.  By die Entabebi hek vat ons die Swartkloofpad na die Suide.  Al langs die leeukamp van Entabeni, verby wild en mooi koppies.
By die brug oor die Sterkrivier stop ons en neem ‘n foto.  Dit is ‘n pragtige sonskyn oggend.  Ons gaan reguit aan met die pad, totdat die pad aansluit by ‘n teerpad.  Die Warmbronne pad.  Ons draai links  en waar die teerpad regsdraai hou ons reguit.  
Maar hier is daar weer groot ooptes.  Die omgewing herinner aan die hodraai links  en waar die teerpad regsdraai hou ons reguit.  
Maar hier is daar weer groot ooptes.  Die omgewing herinner aan die hoëveld.  Golwende grasheuwels sonder bome.  En dit in die Bosveld?  Maar so leer ons die land ken.  Die pad is mooi, maar soms sanderig.  En die sand lê in die draaie.  Dit maak vir interesante ry.  Net voor die R33 teerpad ry ons verby ‘n plaas “Kanonspruit”.  Waar sou die naam vandaan kom?
Weer vat ons die teerpad vir so 7-8km tot ons weer ‘n grondpad na die suide vat.  Hier kom on suit by “De Nyl Zyn Oog”.  Hier waar die ou Boere gereken het die Nylrivier het sy oorsprong.  Nou die Nylrivier was nie sommer so ‘n ou riviertjie nie.  Miskien hier waar hy begin het, maar daar ondertoe, na die noorde, was dit die rivier van die Bybel. Van ou Farao, en ou Moses en daai boys.  Maar ongelukkig moes ‘n bloemin Ingilsman ook die oorsprong van die Nyl loop ontdek.  Iewers in Somalië of daar iewers.
Die Nyl se oog lewer ook sy kwota sand op.  Kan gaan ons verby die Bateleur Reservaat se grens.  Tussenin is daar pragtige plase, soos die van van der Merwe.  Ons sluitaan by die teerpad, net voor die Warmbaddam.  Ons gooi petrol in by die Engen.  My 2007 KLR vat presies 9.9 liter vir 264km.  Die Buurman se 2009 KLR, nou met net minder as 5000km vat 7.6liter vir ‘n 34liter per kilometer.  Nie net het sy fiets dit gemaak nie, hy het dit goed gemaak.  Net om te wys hoe taai hierdie fietse is.

By die O Hagans drink ons ‘n draft en 102km en ‘n uur later is ons by die huis.  550km in twee dae.  Vuil en stowwerig, maar te vree.  Soos die osse wat deur die stowwe gestap het.  Geduldig, gedienstig, tevree.  Met tye as die refs laag was, en daai KLR se enjin klink soos ‘n trekker.  Man dit is great!





 
Top