Skaapkop + braai op Gouda (17 Aug)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Riebeeker

Race Dog
Joined
Mar 16, 2008
Messages
3,812
Reaction score
0
Location
Riebeek Kasteel
Bike
AJS (all models)
Ek weet nie van julle nie maar ek dink dit is tyd dat ons 'n slag 'n paar skape kop af sny en daai koppe gaar maak!

Die 17de Aug gaan ons weer vir Vaalbaas pla en sy lekker plek gebruik om kop te kou! Ons gaan weer die DIY ding doen so elkeen maak sy eie SKAAP-kop gaar.

Die WP speel teen die Vrystaat om 18H00 so as jy dan nog daar is moet jy maar sorg dat jy jou slaapgoed saambring!

Ons kan altyd weer met 'n ompad vir Vaalbaas bekruip op die lekker grond paaie, maar kom ons kyk eers wat die belangstelling is en of die weer saam speel.

Vir die wat nie kop eet nie kan sommer hulle vleis by Vaalbaas bestel dan is dit op die perseel. Drank is nie nodig vir saam ry nie hy het 'n kroeg en mag skink!

Hier is die vorige ete se foto's: https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=122654.0

PRYS: R75.00 vir die skaapkop en roosterbrood met tuisgemaakte konfyt! Die gaste bring hulle eie vleis of koop dit by die VAALBAAS en dra R15.00 by vir die hout en die roosterbrood!

Ons beplan om so by 13H00 te eet.
 
Top