Wie het Nam

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Tim

Pack Dog
Joined
Jun 5, 2007
Messages
171
Reaction score
0
Location
Melkbosstrand
Bike
KTM 990 Adventure
Hierdie report is nie hier om mee te ding met reports so Angola of so nie, ook nie om te wys hoe goed ek of my vriende kan ry nie, want ons kan nie.  Die doel is om te vertel wat ons gedoen het, om jou lus te maak om self te ry, en om so nou en dan te vertel wat gewerk of nie gewerk het nie.

7 Desember 2007
Vrydag oggend in Melkbos het geen haas aan hom nie.  Gert en Jan ry uit Sasolburg, maar Gert moet eers gou in werk toe, so my rit Britstown toe begin so 8uur.  Ja jy het reg gehoor.  Namibie via Britstown.  Die reling is dat ek vir Gert en Jan daar kry, dan sal hulle weer tot by my ry in Melkbos oppad terug.

Ek stop vinnig in Beaufort om Super glue te koop, want om een of ander rede het die Dakar se linker agterlig 'n kraak wat lelik groei, en die ding val al amper af.

Op Britstown slaan ek solank tent op, koop â??n paar biere vir die aand, installeer â??n Easy button en verken terwyl ek op my makkers wag.  Langs die kampplek is n begrafplaas, en die eerste graf wat ek sien is 'n Human.  My van is Human.  Nie n goeie begin nie, maar bygelowig is ek beslis nie, so ek neem 'n foto, en lag dit af.
 



Gert

En Jan arriveer.


8 Desember 2007
Volgende oggend vlieg verby soos Valiant sou sê: met 'n wicked, wicked backbeat.  Ons stop by Skaapland vir 'n braaivleisie, en laat waai vir die grens.



Van die warmste wat ek ooit gekry het was hierdie stuk pad tussen Upington en Nakop.  Op dele spuit ek myself nat met my camelback so in die ry, maar die water verdamp te vinnig om enigsins te help.  Jan se ongemak is natuurlik van 'n heel ander aard.  Hy het nie die registrasie papiere van sy motorfiets by hom nie, maar al die stress was heeltemal onnodig, siende dat die vriendelike mense op die grenspos ons blykbaar net so vinnig wil deurhelp as wat ons in Karasburg wil kom.

Geen kampplek in Karasburg nie, en ons eindig by Pela pela gastehuis/backpackers of so iets.  Ons deel 'n 2 bed slaapkamer, en daar kom ons eerste verassing vir die warm Nam. Reën en 'n Reënboog.



 
Top