'n Vinnige een in my agterwerf

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dorsland

Bachelor Dog
Joined
Apr 15, 2012
Messages
11,191
Reaction score
1,677
Location
Van Daar
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
Ons het in Mei ons boerdery na die Oos-Kaap verskuif en, alhoewel dit nog steeds bedrywig en daar min tyd vir ry is, het ek besluit om Saterdagmiddag 'n vinnige rit met die XR, sommer hier in die onmiddelike omgewing, te gaan doen. Ek het die GS800 verkoop voordat ons getrek het, en alhoewel ek hom mis, is daar nie nou tyd vir lang ritte nie.  Maar kom ek sê sommer reguit dat ons grondpaaie hierrond vir die XR gemaak is: goeie grondpaaie, op en af deur die mooiste landskappe.  Ek sien nou eers wat die Oos-Kaap dawgs nog al die jare kan geniet.  Ek is nie meer so 'n jaagduiwel nie en het sommer lekker gaan ronddrentel met die fiets.

Ons het Donderdag en Vrydag bietjie sneeu op die berge gehad maar dit was darem nie te koud nie.

OK genoeg gewarra warra.  Hier is 'n paar kiekies vir julle manne:

Sowat 30km van ons plaas af is hierdie mooiste mooiste ou plaashuis wat nou leeg staan en redelik verwaarloos is.  Ek kry altyd so 'n heimwee in my as ek aan al die harde werk en drome dink wat nou sommer so met die wind weggewaai is.

P8100009_zps86521cc3.jpg




Daai ou dennebome is al 'n paar jaar oud!

P8100011_zps50f2359f.jpg




Al is dit droog hier na die einde van die winter se kant toe, het die Karoo darem altyd die mooiste blomme om dié droë wêreld op te helder.

P8100012_zpsbeeb253e.jpg



Watse mooi gesig is dit hierdie, met 'n lekker grondpad doer onder wat wag om verken te word. Vir ons Wes Transvalers wat oor 2 opgestapelde klippe opgewonde raak, is sulke berge darem bitter mooi.  Ek het groot vrede in my hart oor die besluit wat ek geneem het om die Reverse Groot Trek te doen.

P8100015_zps2929fac8.jpg



Ek moes toe ook een van jorstroelie hier plaas sodat julle kan sien ek jok nie  :biggrin:

P8100019_zps8a1a1dd9.jpg



En kerels, die aalwyne hierrond is te mooi!  Sulke monsters van hier by die 3m hoog van hulle, met die diepste oranje blomme wat nou vertoon.

P8100021_zps801b254f.jpg


P8100020_zps7ee62d4f.jpg



Nog so 'n laaste een sommer vir die mooi en die lekker van 'n nuwe omgewing verken en ontdek

P8100022_zps3e10e4d6.jpg
 
Top