Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Gasman

Pack Dog
Joined
Oct 26, 2010
Messages
475
Reaction score
0
Location
Johannesburg
Bike
Yamaha XT 660 Z
Agtergrond:

Ek het gevoel dis tyd vir 'n ordentlike bike trip en het vir een of ander rede Malawi in my agterkop gehad. So hoor ek dat Berno besig is om 'n week trip Namibia toe te beplan. Vinnig gesels ons en so oorreed ek hom dat 2 weke Malawi toe beter klink. Dis toe nou een maand voor ons vertrek. 'n Week later is Berno se nefie Japie ook lus vir die trip en so is ons toe drie.

Die datum van vertrek word vasgemaak as 21 Junie 2013. Al die admin afgehandel vir die trip (of dit waar ons by uitgekom het) en die roete word rofweg uitgesit. Net sodat ons 'n idea het waar ons wil gaan, maar met die gedagte dat ons dit kan verander soos ons wil vorentoe. Daar is een GPS tussen ons 3 en elke dag se roete word uitgeprint op Google Maps.

Die aand voor ons vertrek skiet ek oor na Berno se huis om vir Japie te ontmoet en al 3 se Senas te sync. Ek kom agter my bike wil nie lekker draai nie, maar dink nie veel daaroor nie.

Die lande waardeur ons gaan ry is Botswana, Zimbabwe, Zambia, Malawi en Mozambique en die stickers word bygevoeg.



Alles word gedouble check vir die laaste keer voor dit in die panniers in gedruk moet word.
Lys van goed wat ek saam geneem het.
1. 3 man tent
2. slaapsak
3. ribz stretcher
4. Kussing
5. 3 poot stoel
6. Camelbak
7. Goggles
8. Extra bungee cords & Cargo net
9. Petrol Funnel en 'n 7L fuel bladder
10. Bord, bak en bekker
11. Witgoud
12. USD$s, GPS, Kamera, GoPro, Ipod en chargers vir alles
13. 1x Jeans, 1x baadjie, 4x sokkies, 6x onderbroeke, 4x tshirts, 1x kortbroek en 1x boardshort
14. Plakkies en tekkies
15. Kettie en pellets (want jy weet nooit nie)
16. Tabard, Malaria pille en baie ander ook
17. Reflective vest, roadside driehoek, geel koors sertifikaat, paspoort, bike registrasie papiere, brief van die versekerings maatskappy en afskrifte van lisensie ens
18. Spaar voor en agter binnebande, chain lube, cable ties, tyre fix en 'n fleatherman

 
Top