Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae  (Read 10260 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Diesel & Dust

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,548
  • Thanked: 4 times
  • As die koppie klein is kak die hele lyf!!!
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #120 on: October 03, 2013, 04:46:52 pm »
« Last Edit: October 03, 2013, 04:47:22 pm by Diesel & Dust »
I'll take the high road. You take the psycho path...
 

Offline Fuzzy Muzzy

  • Merchandisers
  • Forum Whore
  • *
  • Bike: Honda TransAlp XL700V
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,519
  • Thanked: 347 times
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #121 on: October 03, 2013, 10:28:00 pm »
This RR brings back a blast from the past, we also stayed at Bridge Camp, Mama Rulas and Cool Runnings.. it is like you followed our route to the T.

Sam is looking the same !! I always recommend her place, when we were there we were supposed to stay one day, 4 days later we were still here helping out with the school she was building, she has an amazing energy.

I would love to go back.. Malawi is a great place, I see there are still tons of hot women from all over the world travelling through there  :thumleft:
Africa trip, Namibia, Botswana, Zambia, Malawi, Tanzania & Moz rr http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=61231.0
 

Offline Gasman

  • Member
  • **
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Gauteng
  • Posts: 475
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #122 on: October 03, 2013, 10:31:10 pm »
This RR brings back a blast from the past, we also stayed at Bridge Camp, Mama Rulas and Cool Runnings.. it is like you followed our route to the T.

Sam is looking the same !! I always recommend her place, when we were there we were supposed to stay one day, 4 days later we were still here helping out with the school she was building, she has an amazing energy.

I would love to go back.. Malawi is a great place, I see there are still tons of hot women from all over the world traveling through there  :thumleft:

I agree 100%! Malawi is amazing. The people are so friendly and very helpful. And yes there are NGO girls all over the place. Sam is truly an amazing person, I would definitely go back to visit her again  :thumleft:

Offline badballie

  • Macum Amicum Est
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 2,496
  • Thanked: 4 times
  • www.bikersagainstdrugs.co.za
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #123 on: October 04, 2013, 10:33:23 am »
Cash, Gas or Ass............ no-one rides for free :-)

I did it because I can, I can because I want to and I want to because you said that I couldn't !!!!!!!
 

Offline Gasman

  • Member
  • **
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Gauteng
  • Posts: 475
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #124 on: October 04, 2013, 10:46:05 am »
Weet iemand hoe kry 'n mens die youtube video embedded?

http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=88053.0

here you go

Thanks badballie, works like a charm  :thumleft:

<a href="http://www.youtube.com/v/gKmw6rQZ-k8#" target="_blank" class="new_win">http://www.youtube.com/v/gKmw6rQZ-k8#</a>

Offline badballie

  • Macum Amicum Est
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 2,496
  • Thanked: 4 times
  • www.bikersagainstdrugs.co.za
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #125 on: October 04, 2013, 10:49:17 am »
 ;D :thumleft:

Love die RR en verlang erg na Malawi
Cash, Gas or Ass............ no-one rides for free :-)

I did it because I can, I can because I want to and I want to because you said that I couldn't !!!!!!!
 

Offline Vosperd

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1290 Super Adventure
    Location: Namibia
  • Posts: 583
  • Thanked: 1 times
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #126 on: October 06, 2013, 02:43:54 pm »
Epic boys, keep it coming!!

Ek het baie die selfde paaie gery met my bike in Botswana n week terug en die zam, malawi trio met my bakkie so 4 weke terug!!

Ek lees lekker dankie!!
Back on the horse!
 

Offline Gasman

  • Member
  • **
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Gauteng
  • Posts: 475
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #127 on: October 08, 2013, 10:37:40 am »
Dag 10: 30 Junie 2013
Begin: Cool Runnings, Senga Bay, Malawi (481m bo seespieŽl)
Eindig: Fat Monkeys, Cape Maclear, Malawi (476m bo seespieŽl)
Afstand: 166km
Verblyf: Fat Monkeys ( www.ozeana.com/malawi/cape-maclear/hotels/fat-monkeys-lodge)
 (S 14į 01' 26.83  E 34į 50' 28.35)



Ons het rustig op gestaan sonder enige haas aangesien ons net 166km gehad het om te doen die dag. Stelselmatig word die kamp opgepak.



Die theme by die bar is nommerplate en smiley faces.



Ons was nie so keen om 'n nommerplaat van een van die bikes af te ruk en te skenk nie, aangesien daar maar baie roadblocks is en dit sou ons lewe net onnodig moeilik gemaak het. So besluit ons maar op 'n ou lisensie skyf van my fiets



Die plan was om na Monkey bay toe te gaan en daar iewers oor te slaap, maar nadat ons vir Sam gevra het, het sy ons verwys na Fat Monkeys in Cape Maclear.  Teen hierdie tyd het ons al 'n redelike tab laat op hardloop oor die paar dae by die bar en restaurant, so needless to say het ons nie genoeg kontant op ons gehad nie. Sam het aangebied om agter ons aan te ry tot by die ATM waar ons net kan geld trek en vir haar gee aangesien iemand die vorige dag die kabels gesteel het en die internet af was, wat die moontlikheid van 'n EFT by die deur uitgegooi het.

Dit was verseker die meeste note wat ek al vasgehou het in my lewe



Berno verbeel homself hy is 'n mynmagnaat



Sam, thank you very much for a great time at Cool Runnings. I will definitely be back!

Die pad na Fat Monkeys was warm en het lank gevoel. Daar was die meerderheid van die tyd maar radio silence gewees tot ons by die afdraai gekom het na Cape Maclear. Die mense van malawi is baie goed met beelde uit hout maak



So 20km/30km voor jy by Fat Monkeys uitkom, kry jy so 'n lekker pas tussen die berge deur. Dit is great (as jou bike kan draai... wat myne al die hele trip nie wou doen nie - toe ek by die huis gekom het na die trip, het ek die fiets ingevat na Linex Yamaha vir sy 20 000km diens en dit is hier waar ons agter gekom het dat die stearing head bearings gaar was en dit die rede is dat die bike nie wou draai nie. Volgende keer sal ek my fiets laat diens VOOR 'n groot bike trip).
So klein grondpad geslaan en deur die dorpie tot ons by Fat Monkeys uitgekom het. Soos ons ingery kom, sien ons net die Put Foot Rally karre links en regs geparkeer. Met geen energie en die son wat die laaste sweet uit ons uitdruk soos 'n gedraaide waslap, word ons na ons kamer toe gewys. (ek kan nie onthou hoekom ons nie gekamp het nie...) Maar ek kan wel onthou hoe lekker dit was om die bike klere uit te trek en op die strand te gaan sit met 'n boardshort en plakkies...



3x Burgers en chips en 6x Cokes asb!! Ek kan nou nog daai burger proŽ...!

Ek het so bietjie die omgewing gaan verken









Die Put Foot Rally ouens het gefokus en 'n paar opblaas matrasse gebruik as groot lillows vir hulle en die girls wat saam met hulle op toer was.



Ons was redelik moeg, maar het gevoel 'n koue bier is wel aan die orde van die dag so met sonsondergang.





Ek kon nie eens my oŽ oophou om my bier klaar te maak nie en toe ek weer sien is ons al 3 in die bed teen 6:45pm. Ja ek weet, ek kon dit ook nie glo nie... Ek het heeltemal deur geslaap tot die volgende oggend (ek moes seker laas so geslaap het toe ek 2jr oud was) behalwe vir Japie wat weer regop in sy bed gespring het teen 3am en in sy slaap begin benoud praat het. "WAAR DE F*K IS EK? WAT DE F*K IS DIT?!?! (met verwysing na die muskiet net oor sy bed). WAAR DE F*K IS EK?!?!"
Berno en hy het 'n dubbelbed gedeel en hy het net doodstil gelÍ en hoop dat Japie nie vir hom langs hom gewaar en begin vra "WIE DE F*K IS DIT?" nie. Heeltemal deurmekaar skree ek vir Japie "Jy is op 'n bike trip en ons is in Zimbabwe!"
Hy het my geglo (ek het myself ook geglo op daai oomblik) en ons het dadelik verder aan die slaap geval.

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 758
  • Thanked: 7 times
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #128 on: October 08, 2013, 11:21:12 am »
Lekker trip :) :)
Malawi is ook nog op my bucket list
Dankie vir die nice RR en foto's
Life is great LIVE IT!!
 

Offline Gasman

  • Member
  • **
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Gauteng
  • Posts: 475
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #129 on: October 08, 2013, 11:27:38 am »
Lekker trip :) :)
Malawi is ook nog op my bucket list
Dankie vir die nice RR en foto's

Jy kan nie verkeerd gaan met Malawi nie  :thumleft:
Die mense is baie verdiendelik en die land is pragtig. Die petrol is net blerrie duur daar. Kan nie onthou presies wat dit was nie, maar ek weet dit was meer as R20/L

Offline Koet

  • T-Rex 700N "The Beast"!
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,640
  • Thanked: 32 times
  • Splash!
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #130 on: October 08, 2013, 12:17:42 pm »
Kakakakakaka!  Lekker lag ek nou vir daai laaste paragraaf.

Ek lees baie lekker, baie dankie!!!
« Last Edit: October 08, 2013, 12:18:04 pm by Koet »
Only Bikers understand why dogs love to stick their heads out car windows.
 

Offline Gasman

  • Member
  • **
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Gauteng
  • Posts: 475
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #131 on: October 08, 2013, 12:49:09 pm »
Dag 11: 01 Julie 2013
Begin: Fat Monkeys, Cape Maclear, Malawi (476m bo seespieŽl)
Eindig: Casa Branca, Tete, Mozambique (139m bo seespieŽl)
Afstand: 393km
Verblyf: Casa Branca, Tete, Mozambique (www.tripadvisor.com/Hotel_Review-g677702-d2626730-Reviews-Casa_Branca-Tete_Tete_Province.html)
 (S 16į 08' 45.25  E 33į 34' 37.35)



Ons het opgestaan en was so vars soos wat 'n mens moontlik kan wees.



Ons hoor toe by die Put Foot ouens dat hulle Rally se roete verander is agv die Renamo rebel opstande in Mozambique. Die ou wat die Rally reŽl was in die Britse weermag intelligensie gewees en hy het sy kontakte gebruik in Engeland om te hoor of dit veilig is. Hulle het vir hom gesÍ dis 'n "no go zone". Hulle sou dan nou hulle roete waarmee hulle gekom het moet terug volg deur Zambia. Dit was vir ons nie sulke slegte nuus nie aangesien ons nou nie verder sou hoef vooruit te jaag om 'n dag voor hulle te bly nie.

Daar was 'n overlander wat langs ons bikes gestaan het met 'n Suid-Afrikanse familie van 5 en ons het met hulle ook gepraat oor om in Mozambique in te gaan. Hulle was van die opinie om dit te vermy en ons hoor toe nuus dat daar 2 keer 'n dag militÍre escorts is deur die area waar die Renamo teenwoordigheid was waar hulle aktiewiteite onder andere insluit om op busse vol mense skiet, trokke uit te brand ens.

Ek het die famlie se email adres gevat en aangebied om hulle te laat weet hoe rof dit nou eintlik is en of hulle moet kom sodra ons daardeur is.

Laaste paar fotos van die meer.





So val ons in die pad om uit te kom by die laaste buurland van ons trip. Dit is maar 'n einaardige gevoel as jy die omdraai punt bereik (Lake Malawi) en elke kilometer wat jy verder ry nou nader aan die huis is.

Daar is 'n paar stalletjies waar die grondpad weer aansluit by die teerpad



By die afdraai na Monkey bay het ons gestop om die perde net weer vol te maak



Laat oggend/vroeg middag en ons raak goed honger. Die enigste gebou/plek wat ons langs die pad kry is hierdie.





Ek gaan in en vra of hulle kombuis oop is en of ons kos kan kry. Die antwoord kom net terug as "nee". Geen verduideliking of iets nie, net "nee". Ek vra weer of hulle enige iets het wat ons kan eet, chips, broodjies, enige iets. "nee" kom die antwoord weer en ons gryp 'n pak Niknaks, 'n pak Lays, 'n coke en 'n fanta om te deel vir brunch, want dit is al geld wat ons oor het.



Soos ons die pakke chips oopmaak en begin drink aan die cooldrinks, kom daar 'n man by die winkel uitgestap met 'n groot bord warm slap chips... Ja ons was redelik teleurgesteld met wat ons gehad het, maar daar was nie geld oor om slap chips te kry nie. Ek gaan vra toe maar net vir die interessantheid vir die eienaar of hy slap chips het vir ons en ek kry toe net weer 'n "nee". Nou goed dan.

Een van die twee goed van Malawi wat baie oplettend is, is dat daar nie regtig dorpies is waardeur jy elke nou en dan ry nie, maar eerder die heeltyd langs die pad is. So ver soos wat jy ry is daar mense en hutte langs die pad. Almal moes op 'n tyd net besluit het om na die pad toe te trek. Dit maak dinge redelik gevaarlik, want kinder speel langs die pad en van hulle wat seker 2 jaar oud is en net lekker begin stap, staan langs die pad met geen ouer toesig nie en begin sommer in die pad instap as hulle die bikes sien kom. Nie om eens te praat van die honderde honde (die Afrika-Sand-Hond soos ons hom gedoop het), bokke en beeste wat ook in die pad in stap nie (soos die ander lande, maar in 'n groter mate so).

Ons het by die grenspos aangekom waar dit nou goed warm was!! Deur die Malawi Grenspos en ek hak vas tussen al die trokke wat probeer deur kom. So verloor ek vir Berno en Japie teen die tyd wat ek deur al die trokke is. Ek ry solank aan en begin na omtrent so 5km wonder wat nou aangaan, want daar is geen teken van 'n grenspos of van Berno en Japie nie. Net voor ek wil omdraai omdat ek dink ek nou deur die Mozambique kant moes wees en nou onwettig in hulle land is, sien ek oor die volgende bult weer trokke wat stilstaan. Daar staan Berno en Japie en wag. Dit moet die grootste stuk grond tussen twee afrika lande wees wat daar is. Aan die kant is daar geen plek om weg te kruip van die son nie.



On s het 'n redelike tyd by die grenspos spandeer om die paspoorte te stamp, versekering te kry ens. Hier (soos by alle ander grensposte in Afrika) is daar 'n klomp ouens wat geld vir jou wil wissel teen 'n belaglike koers.

Die oorspronklike plan was om vir twee nagte deur te gaan Cahora Bassa toe, maar ons het van plan verander en wou eerder meer tyd spandeer langs die kus van Mozambique. So ons bestemming was Tete gewees vir die aand. Ons het so net na 2pm in die dorp in gery en gedink ons gaan eers iets soek om te eet en te drink voor ons verblyf vir die aand gaan uitsort.

Hierdie is 'n lekker plek wat ons langs die rivier gekry het en daar word Peri Peri chicken Prego rolls bestel, soos wat 'n mens maar maak as jy in Mozambique is.



En hulle word afgesluk met yskoues hiervan...



Vodacom Mozambique is beskikbaar en die kostes nie so belaglik soos die res van die lande waar ons was nie, so daar word huis toe gebel en almal word gerus gestel dat ons nog veilig is en die trip sover ongelooflik is. Die Zambezi hardloop hier dwarsdeur die dorp van Tete en ek neem aan die een kant is die nuwe en die ander die ou deel van die dorp. Dit was nogals lekker om weer die Zambezi te sien, amper soos 'n pel wat ons laas by Victoria Falls gesien het.



Die brug wat oor die Zambezi strek en die twee kante van Tete verbind is indrukwekkend.



Die son begin water trek en ons klim terug op die fietse om verblyf vir die aand te gaan soek en om uit die warm bike klere te kom. Ons gaan stop by 'n plek wat deur suid-afrikaners gerun word en hoor dat hulle geen plek oop het nie, behalwe 'n huis (wat regtig dodgy gelyk het en nie regtig veilig nie). Dit is eers toe ons verblyf begin soek dat ons besef dat Tete buitensporing duur is. Dit is omdat hierdie eintlik 'n myndorp is en maatskappye stuur konsultante hierheen en moet dan maar ten duurste betaal vir hulle verbly. Twee hotelle verder en ons lag die prysse af wat hulle vir ons wil vra, ook aangesien een van ons op ons stretcher sou moes slaap in die kamer.

Teen die tyd is dit pik donker en ons val weer vinnig by die bar in om te hoor of hulle van enige ander plekke weet waar ons kan bly. Daar sit 'n Suid-Afrikaner wat al 'n paar maande werk in Tete en hy bel een van sy vriende wat 'n plek het. So kom ons by Casa Branca aan, wat net beskryf kan word as 'n baie eenvoudige plek met kamers wat ruik na riool. Tete is regtig nie 'n plek waar jy wil bly of wil stop as jy op vakansie is nie, of ooit as jy nie hoef nie. En dit raak goed warm hier. Die ou wat ons van die bar tot hier gebring het, het vertel dat hy al gesien het hoe dit 52įC hier raak.

Die eerste prys wat ons gevra word om daar te bly is dieselfde as die duurste hotel waar ons was en ek begin kliphard lag vir die ou. Ek noem dat ons dit dalk sal oorweeg vir helfte die prys. Daar is in elkgeval niemand anders wat in die kamers bly die aand nie en hy stem in.

Ons kon darem ons bikes agter 'n hek stop op sy gronde, so dit was eintlik die selling point gewees vir my. Dadelik trek ek my bike klere uit (nie seker of ek al genoem het nie, maar Tete raak MAL warm) en klim in die water feature wat langs my kamer is. Nou voel ek vars en dis tyd vir koue bier en peri peri chicken pregos.

Japie het al in Botswana op die panne gekla oor sy een vurk wat olie lek. Dit het hom effe de donner in gemaak aangesien hy die bike ingeneem het na BMW toe net voor die trip om spesifiek te kyk na die shock. Die feit dat dit hom nie gestop het om aan te hou wheelies pop nie het ook nie die situasie gehelp nie. Japie noem ook toe dat as die vurk nou moet gaan is hy darem naby genoeg aan die huis om dit uit te sort...







Offline MegaPix

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DL 650 V-Strom
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,737
  • Thanked: 4 times
    • Kobus Schoeman Photography
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #132 on: October 10, 2013, 05:00:37 pm »
 :sip:   :sip:   :sip:
Kobus Schoeman
www.mega-pix.co.za/blog
www.ksphoto.co.za
Bryanston, Sandton 
Bike:  First ever - Big Boy 200  XTG, KLR 650, latest buy... Suzuki DL650 V Strom
 

Offline 1ougat

  • The Commodore !!!
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS HP2
    Location: Western Cape
  • Posts: 4,303
  • Thanked: 64 times
  • The Commodore
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #133 on: October 10, 2013, 05:32:50 pm »
 :sip: :sip: :sip: :thumleft:
Make mine a Boxer with a shaft!!!!
2006 R1200 HP2 !!!! - La Poderosa - "The Mighty One"
1965 R50/2
1996 R80 GS PD Classic
2010 1200 GS 1975 Suzuki AC50
 

Offline bmad

  • Wannabe Poser
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 3,551
  • Thanked: 10 times
    • Vintage Motorcycle Club
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #134 on: October 11, 2013, 07:08:04 am »
Epic report guys  :thumleft:

Man i wish to go back... can't believe it has been 3 years already since i was there, looking at the photos it feels like yesterday.
Now i need to go through my phot :biggrin:os and relive it all again.

Very jealous of the adventure you had
I'm not a complete idiot, some parts are missing!
 

Offline JMOL

  • The Mayor of Mopani
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,292
  • Thanked: 64 times
  • East London
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #135 on: October 12, 2013, 04:32:02 pm »
Hierdie is 'n trip van format  :deal:

Kan nie wag vir die laaste deel nie
Life is hard - even harder if you are stupid.
 

Offline Vosperd

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1290 Super Adventure
    Location: Namibia
  • Posts: 583
  • Thanked: 1 times
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #136 on: October 15, 2013, 12:45:47 pm »
Manne dis lekker om te lees gooi nog! Was ook on Tete en sal jou se dis n k@k plek!
Back on the horse!
 

Offline Gasman

  • Member
  • **
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Gauteng
  • Posts: 475
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #137 on: October 15, 2013, 04:13:51 pm »
Malawi Video

<a href="http://www.youtube.com/v/9dbiWgA7azw" target="_blank" class="new_win">http://www.youtube.com/v/9dbiWgA7azw</a>

Offline Duster

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Limpopo
  • Posts: 1,364
  • Thanked: 1 times
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #138 on: October 16, 2013, 05:54:37 pm »
Jis dis 'n nice trip report.  GesÍ ek gaan julle dophou.  Net uit belangstelling: as ek van Mutare (Zim) na Senga (Malawi) toe ry, is Tete omtrent in die middel.  As Tete so 'n slegte plek is, waar sou julle voorstel mens slaap oor, anders is die dag se roete te lank.  Ek wil volgende jaar daar gaan ry en kyk nou al uit waar, wat en hoe.  Julle trip gee my baie nice idees.  Baie dankie vir die deel.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Gasman

  • Member
  • **
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Gauteng
  • Posts: 475
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #139 on: October 16, 2013, 06:25:18 pm »
Jis dis 'n nice trip report.  GesÍ ek gaan julle dophou.  Net uit belangstelling: as ek van Mutare (Zim) na Senga (Malawi) toe ry, is Tete omtrent in die middel.  As Tete so 'n slegte plek is, waar sou julle voorstel mens slaap oor, anders is die dag se roete te lank.  Ek wil volgende jaar daar gaan ry en kyk nou al uit waar, wat en hoe.  Julle trip gee my baie nice idees.  Baie dankie vir die deel.

Jis Duster, eks bly jy geniet dit!

Tete is regtig nie 'n great plek nie, dis duur en goed warm. Dit sal doen as jy dit net gebruik as 'n oorslaap, maar dis die enigste plek wat ek voorstel jy jou huiswerk doen oor die internet en 'n plek bespreek. Daar is 'n hotel wat heel netjies lyk en aircon het, maar weereens, dit hang af hoeveel jy wil betaal.

As jy op 'n budget is, try 'n plek kry om jou tent dalk op te slaan. 'n Ander opsie is om dalk op te ry Cahora Bassa toe (lyk so 100km van Tete af) en daar sommer te gaan tiervis vang voor jy verder Malawi se kant toe skiet.

Geniet hom en ek sien uit na jou RR  :thumleft: