Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae  (Read 10268 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Gasman

  • Member
  • **
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Gauteng
  • Posts: 475
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #140 on: October 17, 2013, 11:48:43 am »
Dag 12: 02 Julie 2013
Begin: Casa Branca, Tete, Mozambique (139m bo seespieŽl)
Eindig: Vilanculos, Mozambique (8m bo seespieŽl)
Afstand: 863km
Verblyf: Aguia Negra (http://aguianegrahotel.com)  (S 21į 57' 23.35  E 35į 18' 41.26)



(Jammer, maar daar was geen fotos geneem op dag 12 nie, net gopro footage wat in die video sal wees.)

Ons staan op voor die son uit kom en begin die bikes pak. Daar het 'n tafel met yogurt, koffie, sap en Kellogg's gestaan en wag vir ons. Na die bikes gepak was het ons so vinnig as moontlik die koffie, sap en pap in ons lyf ingejaag, die rekening betaal en in die pad geval. Tete was darem nog redelik stil so vroeg in die oggend en die idea was om tot by Chimoio te ry vandag, daar oor te slaap en die volgende dag aan te skuif na Inhassoro/Vilanculos toe. Dit is ook tussen Chimoio en Inhassoro waar die Renamo rebel opstanding besig was om plaas te vind en ons was nog nie seker of ons daar deur sou kon ry nie. Dit sou ons maar uitgevind het in Chimoio.

Ons het baie trokke langs die pad gekry tot in Chimoio en gevoel dat die situasie in Mozambique nie so erg onstabiel kan wees as almal nog hulle trokke hier deur stuur nie. Die pad suid van Tete is verseker beter as die pad noord van Tete en ons het baie vroeŽr in Chimoio aangekom as wat ons verwag het. Vinnige gesels oor die Senas en ons besluit om deur te druk na Inhassoro toe, wat dan vir ons 'n ekstra dag daar sal gee om vis te vang ens.

Omtrent 65km duskant Chimoio draai ons regs af op die EN1 wat suid loop in die rigting van Maputo. Dadelik is dit duidelik dat hierdie pad heeltemal verlate is, wat nogals 'n einaardige gevoel by jou los aangesien ons nou al vir dae lank gewoond was aan kinders, diere en grootmense langs die pad. Wel geen trokke of diere langs die pad nie maak dat die aap se ore so bietjie meer gedraai kan word.

Na 'n hele klomp kilometers aflÍ is kom Japie in op die interkom met "ouens, hier staan manne hiervoor op die brug met AK47s". Dit is nogals nie een van die goed wat jy verwag om te hoor of wil hoor op hierdie stadium nie. Soos ons stadig aangery gekom het, het die ouens vir ons vriendelik gewaai met hulle AKs op die skouer en dit is hoe ons toe ook uitgevind het hoe die Mozambique soldate lyk, tot ons verligting. Ons het hulle so 'n paar keer langs die pad gekry, maar darem geweet hoe hulle lyk.

So 100km plus op hierdie pad sien ons in die verte 'n militÍre trok wat met spoed van vooraf kom met kilometers se trokke wat hom agtervolg. Dit is die escort wat 2 keer 'n dag deur hierdie 200km gebied hardloop. Daar is egter net 'n escort voor aan die convoy en nie agter ook nie, so die reŽl is "bly by of val uit". Dit maak dit redelik gevaarlik as jy hulle van vooraf nader aangesien hierdie trokke mekaar die heletyd verby vat as die een voor hulle te stadig ry en die groep nie by die escort kan bly nie. 'n Motorfiets van vooraf is geen rede vir hulle om nie verby te steek nie.

Verder het ons van die uitgebrande trokke langs die pad gekry wat ons net herhinder het dat die Renamo Rebelle 'n werklikheid is en nie net iets wat om die vuur vertel word om die kinder bang te praat nie.

Na so 200km van op die pad ry het ons by 'n road block oor 'n groot brug gekom en geweet dat ons nou uit die rebelle gebied is. Dit het begin skemer raak en die pad het redelik baie verswak. Ons behoort darem nog Inhassoro te maak voor die laaste lig uit is. By die afdraai pad na Inhassoro het Berno gevra of ons nie net moet aanskuif Vilanculos toe nie, aangesien ons seker so 30km/40km weg was. So gesÍ, so gedaan. Teen die tyd wat ons die afdraai vir Vilanculos kry begin die son weg raak en ons  bring ons spoed af tot 60km/h aangesien daar kinders orals langs die pad speel. Ek ry voor en is bewus van my spoed net soos 'n "spiedkop" uit die bos uitspring en ons aftrek. Ek weet dat ek onder 60km/h gery het en dat hy op geen manier vir my kon gevang het nie.

Hy kom met 'n helse houding aangestap en begin vir my sÍ ek ry te vinnig.
"How fast were we traveling officer?" kom die vraag van my af.
"You were doing 81km/h and you can come and take a look at the camera if you don't believe me" kom die antwoord terug.
Ek besef hy het iemand vroeŽr die dag (of maand) gevang en die lesing net so gehou sodat hy almal kan aftrek wat hy wil. Nou hou ek al die woorde wat by my mond wil uitkom net terug aangesien dit niks gaan help nie. Ek verduidelik dat ek wel net 60km/h gery het, maar dat ek hom glo en wil weet hoeveel hierdie boete is. Hy beduie 'n belaglike prys en ek begin lag (want teen die tyd is ons al op die fietse van voor sons opkoms en dis nou al laat skemer, met Vilanculos se kos, koue bier en slaap plek minder as 10km voor ons). Dis toe dat hy sy engels begin verdwyn en al wat ek kan uitmaak is dat dit die prys PER motorfiets is en nie net myne nie. Ek wil nog so verduidelik dat hy net een "volgens hom" gevang het en nie lesings op al drie fietse het nie. Ek weet ook voor my siel dat ons nie genoeg geld tussen die drie van ons het vir een bike se boete nie (ja die boete was so belaglik).

Daar kom 'n flatbed trok verby met 'n afgeskryfde ambulaans agterop wat ons vroeŽr verby gevat het. Hy sien wat hier aangaan en stop dadelik. Soos wat hy na die polisie toe stap, knip hy oog in ons rigting. Hy begin gesels met hulle en van sy lyftaal en glimlag kon ek agterkom dat hy en die polisiemanne beide weet dat hulle nou 'n groot kans hierso vat. Die een polisieman kom na my gestap en verduidelik dat die prys nou met 50% af is en dat ons net vir een fiets hoef te betaal. Ek luister toe nog eers so bietjie wat hulle te sÍ het en daar kom die trok drywer na ons te gestap met 'n glimlag en sÍ "you guys can go, no problem". Ek was baie dankbaar vir hierdie ou se hulp aangesien my portugees nie eens amper bestaan nie.

Ons volg die GPS en die koŲrdinate vat ons na wat ons dink Aguia Negra is en eindig op 'n grondpad langs 'n oopstuk veld. Soos wat dit maar werk met 'n motorfiets in Afrika kom mense altyd nader gestap om te kom kyk as jy stop, wat partykeer baie kan help. Ons vra vir een van die ouens waar Aguia Negra is en hy beduie verder by die pad af. Ons kom donker daaraan en tot ons geluk het hulle vir ons plek om te bly. Ons hoor die pryse vir 'n chalet en besluit net daar dis goed genoeg vir ons geprys. Swembroeke aan stap Japie en Berno na die swembad toe en ek gaan kry solank ons eerste rondte bier by die bar.

Dit was 'n lang dag, maar ons is bly ons is hier en smile breed

Offline badballie

  • Macum Amicum Est
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 2,496
  • Thanked: 4 times
  • www.bikersagainstdrugs.co.za
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #141 on: October 17, 2013, 12:15:36 pm »
Jis dis 'n nice trip report.  GesÍ ek gaan julle dophou.  Net uit belangstelling: as ek van Mutare (Zim) na Senga (Malawi) toe ry, is Tete omtrent in die middel.  As Tete so 'n slegte plek is, waar sou julle voorstel mens slaap oor, anders is die dag se roete te lank.  Ek wil volgende jaar daar gaan ry en kyk nou al uit waar, wat en hoe.  Julle trip gee my baie nice idees.  Baie dankie vir die deel.

As jy lus is vir a klein detour, dan kan jy opry van Mutare en dan so paar km's wes op Harare pad gaan na Kotwa en dan bly jy by die Pumpkin hotel.

http://www.safarinow.com/go/ThePumpkinHotelZimbabwe

Dan vroeg oggend laat waai jy grens toe en hardloop deur Moz en Tete een struik deur tot in Malawi.

Dan hoef jy nie oor te bly in Tete nie.

Cash, Gas or Ass............ no-one rides for free :-)

I did it because I can, I can because I want to and I want to because you said that I couldn't !!!!!!!
 

Offline badballie

  • Macum Amicum Est
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 2,496
  • Thanked: 4 times
  • www.bikersagainstdrugs.co.za
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #142 on: October 17, 2013, 12:22:31 pm »
As jy dan deur Moz is, skiet Blantyre toe en gaan crash by Doogles.

http://www.explore-malawi.com/Doogle_s_Lodge/accm_photo_gallery

Volgende dag stock op, doen n toer by Carlsberg breweries and dan meer toe  ;D
Cash, Gas or Ass............ no-one rides for free :-)

I did it because I can, I can because I want to and I want to because you said that I couldn't !!!!!!!
 

Offline Gasman

  • Member
  • **
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Gauteng
  • Posts: 475
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #143 on: October 17, 2013, 01:42:43 pm »
Dag 13: 03 Julie 2013
Begin: Vilanculos, Mozambique (8m bo seespieŽl)
Eindig: Vilanculos, Mozambique (8m bo seespieŽl)
Afstand: 0km
Verblyf: Aguia Negra (http://aguianegrahotel.com)  (S 21į 57' 23.35  E 35į 18' 41.26)

Die oggend het aangebreek en ons het 'n goeie nag se rus agter die blad na die vorige lang dag op die fietse.





Die fietse kon ook darem onder 'n afdak slaap



Ek stap oor na ontvangs toe om te gaan uitvind watter aktiwiteite daar beskikbaar is vir ons. Ons hoor dat daar 'n paar russe is wat gaan duik by die Benguerra eiland en dat daar nog 'n paar plekke oop is op die boot. Spots gebook gaan stap ek vinnig by die strand af om die plek beter te verken.





Ons gryp 'n lekker ontbyt op die dek en maak reg vir ons duik op die eiland. Ons het die trip gebook deur Dolphin Dhow en dit sluit in die boot trip na die eiland en terug, 'n oggend en middag snorkel op die rif, verkenning van die eiland asook middagete op die strand.



Dit is redelik vlak (of kom so voor) meeste van die pad tot by die eiland





Dit was ook nie lank nie toe kry ons twee groot dolfyne met 'n kleintjie





Ons het ook 'n groot pylstert gewaar, maar hy was te vinnig om af te neem.

Aangekom op die eiland en ons kon nie wag om in die water te kom nie. Die sig onder water is uitstekend en daar is geen te kort aan see lewe nie.











Ons was nog nie 20min in die water nie, toe swem ek met my rug in die koraalrif vas terwyl ek vir Berno afneem onder water. Dit is nou nie iets wat jy moet doen nie... Ek stap oor na ons skipper toe en vra of hy iets het waarmee ek die wonde kan ontsmet. Hy het niks by hom nie en ek vra toe wat hy alles het vir middagete. Asyn het hy onder andere gebring vir middagete en ek sÍ vir hom dat dit die trick sal doen tot ons weer aan land kom. So word die wond maar met asyn skoon gemaak en ek begin die eiland intussen verken.











Middagete was uit die boonste rakke uit gewees met rys, krap, vis, hoender, vrugte, aartappels en koue water. Een van die ouens het vir ons 3 gaan bier koop iewers op die eiland sodat ons iets kouds het om te gebruik op die trip laat middag terug land toe.



Die russe wat saam met ons op die boot was is nie bang om die knoppie van 'n kamera te druk nie en beduie dat ons 3 eers moet staan vir 'n paar fotos.









Terug op die vaste land het ek onthou dat my buurvrou vertel het van 'n lekker plek langs die strand wat 'n ongelooflike crab curry maak, maar dat dit nie op hulle menu is nie en jy die dag voor die tyd moet gaan bespreek vir dit sodat die krap eers gevang kan word. So suiker ek en Japie af en gaan maak ons bespreking vir die volgende dag.

Terug by Aguia Negra is Japie op medical duty en krap die stukkies skulp wat in my rug agter gebly het met 'n "MacGyver" mes uit en ontsmet dit met Savlon. All good-to-go tot ek met 'n Suid Afrikaner begin gesels wat al jare daar bly en daarop aandring dat ek eerder antibiotika moet vat aangesien hy al van te vore gesien het hoe daar goed uit hierdie tipe wonde begin groei en dat bloed vergiftiging nie met knoffel en 'n koue stort genees kan word nie. Gelukig het Berno se medi-kit 'n algemene antibiotika kurses in, so nou is alles sorted.

Ons reŽl met 'n paar locals om ons uit te vat vir visvang die volgende oggend 5am en betaal solank 50% van die fooi as 'n deposito. Daarna skuif ons na die bar toe vir 'n lekker seekos aandete en 'n paar biere voor ons gaan slaap vir die volgende dag se avonture wat vroeg afskop.

Offline MegaPix

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DL 650 V-Strom
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,737
  • Thanked: 4 times
    • Kobus Schoeman Photography
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #144 on: October 17, 2013, 02:08:18 pm »
Is jy seker dis nie een van daai anties wat jou rug so gekrap het nie  :imaposer: :imaposer: :imaposer: :imaposer:?
Kobus Schoeman
www.mega-pix.co.za/blog
www.ksphoto.co.za
Bryanston, Sandton 
Bike:  First ever - Big Boy 200  XTG, KLR 650, latest buy... Suzuki DL650 V Strom
 

Offline Gasman

  • Member
  • **
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Gauteng
  • Posts: 475
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #145 on: October 17, 2013, 02:10:03 pm »
Is jy seker dis nie een van daai anties wat jou rug so gekrap het nie  :imaposer: :imaposer: :imaposer: :imaposer:?

 :laughing4:

Nee darem nie

Offline Gasman

  • Member
  • **
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Gauteng
  • Posts: 475
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #146 on: October 17, 2013, 02:43:23 pm »
Dag 14: 04 Julie 2013
Begin: Vilanculos, Mozambique (8m bo seespieŽl)
Eindig: Vilanculos, Mozambique (8m bo seespieŽl)
Afstand: 0km
Verblyf: Aguia Negra (http://aguianegrahotel.com)  (S 21į 57' 23.35  E 35į 18' 41.26)

Dit was nog pik donker en goed koud gewees toe wag ons al op die strand vir die ouens om ons te kom optel met die boot vir die dag se visvang. Ek het met so een oog wakker gelÍ en probeer om nog slaap in te kry. Na 'n uur van op die strand lÍ met die son wat besig is om op te kom het ons besef die ouens kom nie meer nie.

Die son wat opkom oor die Indiese Oseaan







Ek begin die ou bel wat dit gereŽl het en hy tel nie op nie. So bel ek sy bestuurder wakker en vra waar hy is. Daar kom toe twee van sy tjommies uit die bosse uit en kom verduidelik vir my dat hulle engine se prop iewers deur die nag gesteel is en hulle sal ons nie kan uitvat nie. Ek kry toe darem al my geld terug, maar toe is al die companies se bote reeds uitgebook vir die dag en ons kan nie gaan vis vang nie... Ek het al van te vore saam met die locals uitgegaan in Zanzibar en ons het baie meer gevang as toe ons saam met die charters uitgegaan het. You win some, you lose some

Ons het besluit om nog 'n uur of twee se rus te gaan kry voor ons opstaan en 'n rustige dag by die see sal hÍ. So net na middagete begin ons teen die strand af te stap opsoek na daai crub curry wat ons die vorige dag bestel het.





En ja dit was heeltemal die moeite werd gewees! Op daardie stadium was ons egter so honger dat ons elkeen so 'n porsie kon eet.





Oppad terug stop ons by 'n bar op die strand en bestel eers 'n paar biere. Hier kom verkoop die locals van vars vis tot krale op die strand



Terug by Aguia Negra het ons die res van die middag in en om die swembad spandeer met die barman wat elke 15min kom hoor of ons nog res is met ons bier. Ek kan Aguia Negra regtig aanbeveel. Die diens en personeel is 5 ster en die pryse is heeltemal bekostigbaar (veral as jy van Tete af kom).







Daardie aand het ons 'n lekker burger en chips by die restaurant bestel, al die uitstaande rekeninge vir die laaste paar dae betaal en vroeg in die bed geklim. Die plan is om die volgende dag te druk tot by Komatipoort en daar oor te slaap.

Offline Barbelas

  • Member
  • **
  • Bike: Kawasaki KLR 650
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 50
  • Thanked: 1 times
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #147 on: October 17, 2013, 03:03:55 pm »
Awesome RR ,its a while since I was last there ,is Shearwater rafting still operating up there?
R M 125
IT175
YZ 250
XT 500
IT 465
 

Offline Gasman

  • Member
  • **
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Gauteng
  • Posts: 475
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #148 on: October 17, 2013, 03:07:07 pm »
Awesome RR ,its a while since I was last there ,is Shearwater rafting still operating up there?

Yes, they are still going strong. We went with Wild Horizons though

Offline Gasman

  • Member
  • **
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Gauteng
  • Posts: 475
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #149 on: October 17, 2013, 03:08:03 pm »
Dag 15: 05 Julie 2013
Begin: Vilanculos, Mozambique (8m bo seespieŽl)
Eindig: Middelburg, RSA (1514m bo seespieŽl)
Afstand: 1107km
Verblyf: By Berno se broer, Wilhelm



Dit is nog pik donker toe ons die bikes start en die hekwag gaan soek om ons uit te laat by Aguia Negra. Die plan is om te ry tot by Komatipoort en sodoende die girls by die huis 'n dag vroeŽr surprise. Soos ons uitry uit Vilanculos uit begin dit te reŽn en die eintlike swaar wolke lÍ voor ons en nie agter nie. Toe die dag aanbreek het dit ligter begin reŽn totdat dit uiteindelik opgehou het.

Die pad van Vilanculos tot in Maputo is baie mooi, maar daar is die heletyd klein dorpies waarin jy 60km/h moet ry en net voor en na die dorpies moet jy 80km/h ry, so dit gaan maar stadig. Op 'n stadium kom daar 'n Defender verby teen 'n spoed en ons besluit om in te hak by hom. Hy sal ewe skielik stadig begin ry en dan 'n paar kilometer later sal daar 'n roadblock/"spiedkops" wees met 'n kamera. Na die derde keer wat dit gebeur het besef ons die ou ken die area goed. En om eerlik te wees het ek nie geweet 'n Defende kan 140km/h ry nie, maar glo my hy kan. Op afdraende (met die wind van agter) selfs vinniger.

Met die Defender se hulp het ons baie tyd opgemaak en teen 11am se kant kon ons nie meer ons lag hou van die honger nie. Val toe in by so plek langs die pad en kry van die lekkerste mince vetkoeke en koffie wat ek al gehad het. Die spirits loop nog hoog en ons val weer in die pad.

Maputo op 'n vrydag middag 5pm is darem nie heeltemal so erg soos Lusaka nie, maar hy gee hom 'n goeie go. Die verkeer was druk en ons wou net deur hom kom om die grenspos nog oop te vang. Daar word oor die Senas gesels en Berno stel voor ons skip Komatipoort en ry direk na sy broer toe waar ons dan lekker braai en oorslaap die aand. Hy sal hom bel sodra ons in SA aankom. Teen 6pm se kant is ons by die grenspos en ek neem die laaste foto van ons trip buite RSA.



Ons was vinnig deur en in SA in, gooi petrol in by Komatipoort en bel vir Berno se broer. Hy is alleen by die huis die aand en het oor genoeg kos vir ons. Soos ons uitry by Komatipoort se Engen garage is die laaste lig van die dag ook daarmee heen.

Hierdie pad is vol trokke en hulle werk nog aan die pad, so daar is nie verf of reflectors op die pad nie. Die een ding wat ons nie ingedagte gehou het nie, is dat dit in hierdie tyd van die jaar baie kouer is in SA as waaraan ons gewoond was die laaste twee weke...

Teen 10pm trek ons weer af om petrol in te gooi en warm klere aan te trek, want my hele liggaam sit en ruk onwillekeurig op die fiets. 11pm ry ons by Middelburg in en cruise reguit deur na Wilhelm se huis toe waar daar 'n lekker vuur met 'n paar bottels brandewyn en coke op ons wag. Moeg was ek lanklaas in my lewe soos toe ons daar stop, maar dit was wel die moeite werd gewees. In ons oŽ is die trip klaar en word goed afgesluit deur al die stories heel aand om die vuur.



Offline Gasman

  • Member
  • **
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Gauteng
  • Posts: 475
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #150 on: October 17, 2013, 03:32:10 pm »
Dag 16: 06 Julie 2013
Begin: Middelburg, RSA (1514m bo seespieŽl)
Eindig: Johanneburg, Huis (1659m bo seespieŽl)
Afstand: 167km
Verblyf: Home Sweet Home



Ons staan rustig die volgende oggend op en begin die bikes pak vir die laaste stretch home.



Na ons in die vorige aand se braaivleis leftovers ingeklim het vir ontbyt besef ons dat my ketting nou erg slap is. Ek het hom die vorige aand die heletyd hoor sleep as ek enigsins die clutch intrek, maar wou op daardie stadium net in Middelburg aankom. Ons het nou eers die erns van die saak besef en wou eerder nie dink wat verkeerd kon loop nie.

Vinnig stel ons (Japie) die ketting styf en ons groet vir Wilhelm en bedank hom vir al sy gasvryheid. Net anderkant Middelburg verlaat Japie ons en daar word gegroet oor die Senas soos wat ons afdraai na Jozi toe. Ek en Berno kap toe meeste van die pad saam Jozi toe om sodoende een van die onvergeetlikste avonture tot dusver af te sluit.

Home sweet home en baie opgewonde om vir Maryke te surprise!



Wat ek weg vat van hierdie trip af (onder andere):
ē   Dinge gaan baie beter en dit is gemakliker in SA as in ons buurlande
ē   Die mense in ons buurlande is baie vriendeliker as die mense in SA
ē   SA is baie mooi, maar moenie dink daar is niks buite ons grense nie, want dit is waar die paradys begin
ē   So 'n trip is doenbaar en nie so belaglik duur soos wat mens sal dink nie.
ē   Ja, 'n mens kan vir baie goedkoper wegkom as jy net kamp in jou tent en van 2 minute noodles leef en nie gaan river raft, choppers vlieg, na eilande toe gaan in lake malawi en duik langs die kus van Mozambique nie, maar ons het besluit dat ons all out gaan aangesien ons nie gou weer so 'n geleentheid gaan kry nie
ē   Jy hoef nie so baie goed saam met jou te vat nie, maar daar is altyd plek vir 'n kettie en 'n blikkie perskes
ē   Dit was oor en oor die moeite werd om Senas vir elkeen te kry voor die trip. Ek dink nie die trip sou dieselfde gewees het sonder dit nie.
ē   Jy hoef nie te weet waar jy elke aand gaan slaap of wat jy gaan eet nie, kanse is 99% dat alles okay sal wees
ē   Die lewe is te kort om nie sulke goed te doen nie

Volgende keer wil ek nie omdraai in Malawi nie, maar hopenlik eers stop in London  :thumleft:

Dankie dat julle saam gery het

Offline MegaPix

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DL 650 V-Strom
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,737
  • Thanked: 4 times
    • Kobus Schoeman Photography
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #151 on: October 17, 2013, 03:49:17 pm »
Ek kan dink julle gatte was lam na daai 2e laaste trip tot in Middelburg.  Ek het met die bakkie van Inhambane tot in Pretoria gedoen en ek was gatvol.

Great storie en dankie vir die deel van die RR  :thumleft:
Kobus Schoeman
www.mega-pix.co.za/blog
www.ksphoto.co.za
Bryanston, Sandton 
Bike:  First ever - Big Boy 200  XTG, KLR 650, latest buy... Suzuki DL650 V Strom
 

Offline Gasman

  • Member
  • **
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Gauteng
  • Posts: 475
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #152 on: October 17, 2013, 04:29:58 pm »
Ek kan dink julle gatte was lam na daai 2e laaste trip tot in Middelburg.  Ek het met die bakkie van Inhambane tot in Pretoria gedoen en ek was gatvol.

Great storie en dankie vir die deel van die RR  :thumleft:

Ja nee, daai tyd pak nie net jou gat op nie, maar jou rug en skouer ook.

Bly jy het dit geniet  :thumleft:

Offline badballie

  • Macum Amicum Est
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 2,496
  • Thanked: 4 times
  • www.bikersagainstdrugs.co.za
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #153 on: October 17, 2013, 05:00:19 pm »
Great RR meneer !  :thumleft:
Cash, Gas or Ass............ no-one rides for free :-)

I did it because I can, I can because I want to and I want to because you said that I couldn't !!!!!!!
 

Offline Ceaser

  • Member
  • **
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 104
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #154 on: October 17, 2013, 05:55:45 pm »
Great RR!!!!
2012 KTM 990 Adventure
2008 Kawasaki KX450F (sold)
2006 Kawasaki KX250 (sold)
1999 Suzuki RM125 (sold)
 

Offline Duster

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Limpopo
  • Posts: 1,364
  • Thanked: 1 times
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #155 on: October 17, 2013, 06:31:41 pm »
Jis dis 'n nice trip report.  GesÍ ek gaan julle dophou.  Net uit belangstelling: as ek van Mutare (Zim) na Senga (Malawi) toe ry, is Tete omtrent in die middel.  As Tete so 'n slegte plek is, waar sou julle voorstel mens slaap oor, anders is die dag se roete te lank.  Ek wil volgende jaar daar gaan ry en kyk nou al uit waar, wat en hoe.  Julle trip gee my baie nice idees.  Baie dankie vir die deel.

Jis Duster, eks bly jy geniet dit!

Tete is regtig nie 'n great plek nie, dis duur en goed warm. Dit sal doen as jy dit net gebruik as 'n oorslaap, maar dis die enigste plek wat ek voorstel jy jou huiswerk doen oor die internet en 'n plek bespreek. Daar is 'n hotel wat heel netjies lyk en aircon het, maar weereens, dit hang af hoeveel jy wil betaal.

As jy op 'n budget is, try 'n plek kry om jou tent dalk op te slaan. 'n Ander opsie is om dalk op te ry Cahora Bassa toe (lyk so 100km van Tete af) en daar sommer te gaan tiervis vang voor jy verder Malawi se kant toe skiet.

Geniet hom en ek sien uit na jou RR  :thumleft:

Dankie vir die info, ek maak aantekeninge soos ek lees.  Die opsies is gelukkig daar.  Baie dankie vir die deel.  Dit was 'n awesome trip.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline Duster

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Limpopo
  • Posts: 1,364
  • Thanked: 1 times
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #156 on: October 17, 2013, 06:33:44 pm »
Jis dis 'n nice trip report.  GesÍ ek gaan julle dophou.  Net uit belangstelling: as ek van Mutare (Zim) na Senga (Malawi) toe ry, is Tete omtrent in die middel.  As Tete so 'n slegte plek is, waar sou julle voorstel mens slaap oor, anders is die dag se roete te lank.  Ek wil volgende jaar daar gaan ry en kyk nou al uit waar, wat en hoe.  Julle trip gee my baie nice idees.  Baie dankie vir die deel.

As jy lus is vir a klein detour, dan kan jy opry van Mutare en dan so paar km's wes op Harare pad gaan na Kotwa en dan bly jy by die Pumpkin hotel.

http://www.safarinow.com/go/ThePumpkinHotelZimbabwe

Dan vroeg oggend laat waai jy grens toe en hardloop deur Moz en Tete een struik deur tot in Malawi.

Dan hoef jy nie oor te bly in Tete nie.


Thank BB, ek sal dit ook in gedagte hou.  Mens wil nie op 'n plek oorbly waar jy nie gemaklik is nie. Jou tweede opsie klink ook goed.  Dankie.
"Often the test of courage is not to die, but to live!"   (Vittorio Alfieri)
 

Offline badballie

  • Macum Amicum Est
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 2,496
  • Thanked: 4 times
  • www.bikersagainstdrugs.co.za
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #157 on: October 17, 2013, 06:36:47 pm »
 :thumleft: @ Duster

En al die oorsee se girltjies maak ook eers  pitstop by Doogles as hulle in Blantyre aankom  ;)

En hulle het die lekkerste chips ooit - sulke ronde skyfies gesny en perfek gebraai  ;D
Cash, Gas or Ass............ no-one rides for free :-)

I did it because I can, I can because I want to and I want to because you said that I couldn't !!!!!!!
 

Offline Mako

  • Member
  • **
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 102
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #158 on: October 18, 2013, 06:54:40 am »
"Bloody Hell" julle het my nou eers lus geaak vir so n trippie. My plan is om in 2015 die trip te doen

great RR
 

Offline Gasman

  • Member
  • **
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Gauteng
  • Posts: 475
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #159 on: October 18, 2013, 09:45:31 am »
"Bloody Hell" julle het my nou eers lus geaak vir so n trippie. My plan is om in 2015 die trip te doen

great RR

Nice  :thumleft:

Ek sien jy het ook die perfekte bike daarvoor...  :peepwall: