Absoluut n droom trip
, moet weer van voor af lees. Wat was vir julle highlights en nie so wow, wat se budget min of meer.
Jis XT Joe, bly jy het dit geniet.
Oor die algemeen is ek mal oor Botswana, so dit is altyd 'n highlight. Ek was nou 3 keer in die laaste 3 jaar in Victoria Falls en ek is altyd bly om daar te wees. Moenie die geleentheid om te gaan river raft op die Zambezi laat verby gaan nie. Dit is 'n "once in a lifetime experience". Ek het al gesien hoe kinders van 14 daar afgaan en selfs mense in hulle laat 60s.
Malawi was verseker die hoogte punt.
Die enigste plek of ervaring wat nie so "wow" was nie soos jy sê, was Tete in Mozambique.
Ek dink mens kan hierdie trip nog beter maak deur of teen die weskus van Namibia op te ry voor jy deur die Caprivi aansluit by Kasane en verder gaan. Of ekstra tyd vat en op ry Kenya toe voor jy omdraai.