Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae  (Read 9572 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Avontier

  • Coitus reservatus
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 690 Adventure
    Location: Limpopo
  • Posts: 1,516
  • Thanked: 7 times
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #20 on: August 14, 2013, 03:27:01 pm »
Dis Ivan. Hy sal jou berispe as jy volhou met die Echo 4x4 -storie. ;) Dis eintlik 'n LA Sport.

Ek het al baie geld by hom geblaas.
 

Offline Indy se baas

  • Member
  • **
  • Bike: BMW F800GS
    Location: New Zealand
  • Posts: 100
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #21 on: August 14, 2013, 03:32:46 pm »
 :sip:
 

Offline Jakkals

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,319
  • Thanked: 3 times
  • I never get lost, I only discover new roads
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #22 on: August 14, 2013, 03:59:00 pm »
Reg geskuif in my stoel, popcorn in die hand, ,,,,,, hier gaan dit lekker raak. :thumleft:
Remember that hapiness is a way of travel - not a destination.
 

Offline Lourens ツ

Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #23 on: August 14, 2013, 04:07:26 pm »
 :sip:
Lourens de Lange
 

Offline Stofdonkie

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,550
  • Thanked: 16 times
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #24 on: August 14, 2013, 04:13:33 pm »
 :drif:

Lus vir Malawi ...
Carpe BM.
 

Offline Vaalseun

  • Member
  • **
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 474
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #25 on: August 14, 2013, 04:27:11 pm »
Ek sien 'n ding kom. Wag in spanning :lamer:
 

Offline Gasman

  • Member
  • **
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Gauteng
  • Posts: 475
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #26 on: August 14, 2013, 09:31:53 pm »
Dag 2: 22 Junie 2013
Begin: Tati River Lodge, Francistown, Botswana (1010m bo seespiel)
Eindig: 50km North of Nata, Botswana (938m bo seespiel)
Afstand: 247km
Verblyf: Elephant Sands Camping (S 19 44' 56.65  E 26 04' 16.30)



Ons staan op die volgende oggend op ons eie tyd aangesien ons nie ver het om te ry nie. Die plan is om te ry tot by Nata lodge wat omtrent so 178km van ons af is. Nadat ons die breakfast buffet goed benut het gaan betaal ons die vorige aand se tab en val in die pad na Nata toe.

Nata Lodge



Die vorige aand het die musiek aangehou tot so na 2am en als val toe in plek toe ons hierdie bord sien. DJ Rambo was op sy stukke gewees.



Ons daag toe by Nata lodge op vroeer as wat ons gedink het ons sou.



Ons het 2 opsies.
Of ons sit heeldag en drink bier langs die swembad wat vol Canadese NGO girls is en gaan vir 'n sunset cruise na die panne toe of ons gaan self met die bikes na die panne toe en druk verder aan na Elephant Sands toe. Twee biere later besluit ons vir opsie nommer twee en skiet na die panne toe. Dit maak dan mre se ry nog korter en ons behoort wild daar te sien.

Die park fooie word betaal en ons skyf aan.





Die panne is so +/- 10km se ry van die teerpad af en nogals nice om te sien. Ek sal net nie my dag om dit beplan nie. Toe ons daar kom, l die panne vol water so die Flamingos was nie te siene nie.







Hier het Japie sy kamera vergeet, maar dit het ons ook eers 'n paar ure later besef. Vir die res van die trip het ons 1 kamera en twee GoPros.







Tyd om weer in die pad te val en by Elephant Sands uit te kom. Dis altyd lekker om die tente op te h en die eerste koue te knak voor die son sak.

Dis mos die tipe padtekens wat 'n mens wil sien



Om by Elephant Sands uit te kom moet jy so ongeveer 3km op 'n kronkelpad van dik sand deur ry. Ongelukig het ons niks fotos daarvan nie, maar baie clips wat later gepost sal word. Die 1200GS was natuurlik donners swaar gewees deur die sand en ons kon vir Berno hoor hyg soos 'n pornstar wat sy beste gee oor die Sena.

Om die volgende draai is dit wat vir ons wag... 'n Trop olifante wat water drink



Ons ry om, park die bikes en stap dadelik nader na die olifante toe.













Weer tyd vir 'n paar koues terwyl die olifante agter by hulle water gat staan vir iets ligs.
 

Ons gaan slaan solank ons tente op en trek die bike gear uit na 'n warm, geswete stryd met die sand vroer.





Daar is nou maar net vir my min goed so mooi soos om jou eie fiets te sien staan langs jou tent iewers



Terug by die watergat vir nog 'n paar koue biere en daar kom toe 'n mooi kudu bul uit die bos om te kom water drink





Hierdie outjie het 'n paar van die kampeerders bietjie kom skrik maak





Dit was 'n lekker dag en die trip begin nou eers voel of dit begin het. Rustig by die vuur sit ons en kyk hoe kom die maan op met sonsondergang.







Die bier raak toe later rum en ons besluit ons gaan van die buffet eet die aand ipv om blikkies kos te maak. Die buffet was uitstekend gewees en daar was meer as genoeg vir almal. Dis toe die eerste aand wat ons op die ribz stretchers slaap, wat gesorg het vir min slaap. Vir daai hoeveelheid geld het ek verwag om op 'n wolk te slaap. Ons het later in die trip gewoond geraak aan dit en hulle slaap dan redelik goed.

Daardie nag val die temperatuur tot onder vriespunt en Berno en Japie se klein, ligte slaapsakke het nie heeltemal die mas opgekom nie. Ek het net weer besef hoe belangrik dit is om 'n ordentlike slaapsak te h.

Offline Draadwerk

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Mpumalanga
  • Posts: 7,925
  • Thanked: 39 times
  • My job? Just something I do between rides....
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #27 on: August 14, 2013, 10:11:19 pm »
Sub
 

Online Koet

  • T-Rex 700N "The Beast"!
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,597
  • Thanked: 23 times
  • Splash!
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #28 on: August 15, 2013, 08:28:38 am »
 :drif: :drif: :drif:

Man ek's so lus vir dieselfde trip ek kan iets oorkom!  Ek lees baie lekker!   :thumleft:
Only Bikers understand why dogs love to stick their heads out car windows.
 

Offline stan1975

  • Member
  • **
  • Bike: KTM 690 Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 488
  • 3335'35.71"S 2440'26.84"E
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #29 on: August 15, 2013, 08:38:21 am »
Sub

 :thumleft: lyk frikkin cool...
Ride within yourself, think ahead... Plan your escape route & be safe.... Just remember no one else knows what your thinking until you tell them...
 

Offline charliepappa

  • Member
  • **
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: New Zealand
  • Posts: 399
  • Thanked: 4 times
  • Life's a ride!
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #30 on: August 15, 2013, 08:47:32 am »
Sub  :sip:
R1100S Sport, R1200GS Adventure, R1100S Boxer Cup, F650GS, KTM 950 SE, R1200GS LC, Africa Twin DCT
 

Offline KTMRICK

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 640 Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 598
  • Thanked: 1 times
  • The fun begins where the long black snake ends
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #31 on: August 15, 2013, 08:55:07 am »
sub :ricky:
 

Online Heimer

  • Global Moderator
  • Bachelor Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 12,681
  • Thanked: 112 times
  • Kan nie ALZ onthou nie
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #32 on: August 15, 2013, 09:04:41 am »
EK ry lekker saam.  :thumleft:

Matriek getuigskrif 1979: ........... is 'n vriendelike seun met volop selfvertroue. Hy tree soms vreemd op. Die skool se beste wense vergesel hom.
 

Offline mtbbiker

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR-Z 400
    Location: Gauteng
  • Posts: 515
  • Meerkat V2.0
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #33 on: August 15, 2013, 09:50:04 am »
Subs, Kan nie 'n RR wat deur Bots nie lees nie  ;)
Without goals and plans to reach them, you are like a ship that has set sail with no destination - Fitzhugh Dodson
Project Meerkat:DRZ rally build http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=86025.0
 

Offline Swart Baard

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 704
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #34 on: August 15, 2013, 10:04:30 am »
Freakin Awesome  :drif:  :drif:  :drif:  :drif:  :drif:

Ek wil ook gaan  :bueller:
Mens leef net een keer. Doen dit nou of jy kry dalk nie later kans om dit te doen nie.
 

Offline DirtRebell

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 8,155
  • Thanked: 80 times
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #35 on: August 15, 2013, 10:10:53 am »
Forken cool stuff G.
Dis mos waarvan 'n trip gemaak moet word. :thumleft:
 

Offline DikZol

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Northern Cape
  • Posts: 1,048
  • Jer 1:17-19
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #36 on: August 15, 2013, 10:27:27 am »
Great memories!  Ek was in die laat 90's in Botswana, Palapye, Nata ens.  Ek wil so graag weer gaan, maar hierdie keer natuurlik op 2 wiele.  Ek ry saam so gooi!

Offline 0012

  • Double-oh-Tkwarf
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Rest of Africa
  • Posts: 2,771
  • Thanked: 81 times
  • Race the rain. Ride the wind. Chase the sunset.
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #37 on: August 15, 2013, 10:39:21 am »
Julle moet kom groet as julle deur die dorp ry  :patch:

Jammer Avontier, volgende keer. Al wat ek weet is die eienaar/bestuurder van die eco 4x4 winkel is regtig 'n nice ou. Sal verseker weer daar gaan stop as ek iets nodig het.

Ken jy die ou met die groen bakkie?

Julle kan gerus groet ja!
Lyk na 'n super lekker trip  :thumleft:


->    TransAlp 650 - sold
:(    Yamaha XT1200Z - written off - R.I.P.
 

Offline CoolBreeze

  • Member
  • **
  • Bike: Honda XR650L
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 489
  • 'Live to Ride & Ride to Live'
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #38 on: August 16, 2013, 09:28:19 am »
 :thumleft: :thumleft: :ricky:
'One life, Live it...so...Live to Ride & Ride to Live' :)
F800GS, XT660R....and soon to add XR650L
 

Offline jpbarries

  • Newbie
  • *
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Gauteng
  • Posts: 10
  • Vat die lang kortpad.
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #39 on: August 16, 2013, 11:25:56 am »
Lekker manne!! Sien uit vir die res! :sip: