Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae  (Read 9593 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline popipants

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1190 Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,330
  • I came; I saw; I slept
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #60 on: August 25, 2013, 01:15:16 pm »
Thanks for sharing...now post more
I've been on the Jameson diet for a week, so far I've lost 7 days....
 

Offline Gasman

  • Member
  • **
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Gauteng
  • Posts: 475
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #61 on: August 26, 2013, 11:18:09 am »
Dankie vir die fotos Vis Arend!  :thumleft:

Ons het ongelukig te veel gesukkel in die sand om fotos te neem (en was te lus vir 'n koue bier in daardie hitte). Die video wat binnekort volg behoort darem 'n idea te gee daarvan

Offline Hitman

Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #62 on: August 27, 2013, 10:24:10 am »
Hi Gasman

Jy werk gans te hard aan daai video!!  :'(
Gooi nog n paar scraps (phodies) vir die honne hier onder...
 :thumleft:
Honda MBX 50 "sold"
Yamaha XT 250 "sold"
Bajaj XCD 125
BMW 1200 GS
 

Offline Gasman

  • Member
  • **
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Gauteng
  • Posts: 475
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #63 on: August 27, 2013, 10:27:45 am »
Video is klaar, ek sukkel net om dit op te laai. Hoe maak julle manne met videos, youtube maar? Die ding is 1.2gb groot...

Offline stan1975

  • Member
  • **
  • Bike: KTM 690 Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 488
  • 33°35'35.71"S 24°40'26.84"E
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #64 on: August 27, 2013, 10:54:08 am »
Video is klaar, ek sukkel net om dit op te laai. Hoe maak julle manne met videos, youtube maar? Die ding is 1.2gb groot...

 :laughing4: Aarde... dis groot... happy uploading... kan 'n paar dae vat1
Ride within yourself, think ahead... Plan your escape route & be safe.... Just remember no one else knows what your thinking until you tell them...
 

Offline Gasman

  • Member
  • **
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Gauteng
  • Posts: 475
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #65 on: August 27, 2013, 11:03:30 am »
Video is klaar, ek sukkel net om dit op te laai. Hoe maak julle manne met videos, youtube maar? Die ding is 1.2gb groot...

 :laughing4: Aarde... dis groot... happy uploading... kan 'n paar dae vat1

Ek sal 'n plan probeer maak en dit vanaand op die hinternet sit saam met Zimbabwe se report  ;)

Offline Diesel & Dust

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,548
  • Thanked: 4 times
  • As die koppie klein is kak die hele lyf!!!
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #66 on: August 27, 2013, 11:14:20 am »
Sub :biggrin:
I'll take the high road. You take the psycho path...
 

Online roxenz

  • rocks make sense
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Gauteng
  • Posts: 4,396
  • Thanked: 85 times
  • cheerful yesterdays and confident tomorrows
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #67 on: August 27, 2013, 11:41:24 am »
Looks like an epic inn the making gasman!   :happy1:
 

Offline Gasman

  • Member
  • **
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Gauteng
  • Posts: 475
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #68 on: August 28, 2013, 12:31:37 am »
.

Offline Gasman

  • Member
  • **
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Gauteng
  • Posts: 475
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #69 on: August 28, 2013, 12:32:32 am »
<a href="http://www.youtube.com/v/D0_AxIClkkI" target="_blank" class="new_win">http://www.youtube.com/v/D0_AxIClkkI</a>

Offline mtbbiker

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR-Z 400
    Location: Gauteng
  • Posts: 515
  • Meerkat V2.0
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #70 on: August 28, 2013, 07:27:28 am »
Nice video, kom nou, moet nie skaam wees om die res van die fotos te post nie
Without goals and plans to reach them, you are like a ship that has set sail with no destination - Fitzhugh Dodson
Project Meerkat:DRZ rally build http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=86025.0
 

Offline MURPHY

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 690 Enduro
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 505
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #71 on: August 28, 2013, 08:10:12 am »
Hello Gas , Daskop And myself must have just missed you guys in Malawi - what a lekker place - keep it coming !!!
 

Offline Gasman

  • Member
  • **
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Gauteng
  • Posts: 475
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #72 on: August 28, 2013, 02:08:47 pm »
Dag 4: 24 Junie 2013
Begin: Af dag in Victoria Falls (927m bo seespieël)
Eindig: Af dag in Victoria Falls (927m bo seespieël)
Afstand: 30km (Verkenning van Victoria Falls)
Verblyf: Shoe Strings Backpackers (S 17° 55' 33.17 E 25° 50' 06.55)

Na ‘n lekker aand is Japie en Berno vroeg uit die kamer uit om hulle lift 7am te vang vir die river rafting. Ek staan rustig op my eie tyd op aangesien ek eers 11am opgetel word vir die chopper vlug. So besluit ek om ontbyt by die Victoria Hotel te gaan eet.



Dis ‘n pragtige plek en dit voel dadelik of jy terug stap in tyd in. Die atmosfeer wat daar heers kan nie veel anders wees as 50 jaar terug nie. Ek stap uit op die dek buite waar die brug vandaan gesien kan word en vra vir ‘n ontbyt.



Ek word aangesę dat slegs die mense wat daar bly op die dek ontbyt kan kry, maar dat ek wel na die restaurant om die draai kan gaan. Ek hou vol dat ek graag op die dek wil sit (en myself indink hoe die engelse hierdie brug van hierdie einste dek af “gebou” het.) Die kelner sę vir my dat besoekers wel tee en scones kan kry. Dan sal dit my ontbyt wees, dankie.



Ek lyk erg uit plek uit met my kortbroek, t-shirt en tekkies, maar laat dit nie vir ‘n oomblik my beinvloed nie. Daar word baie goed na die hotel gekyk en die tuin kry ook baie aandag.



Na my ligte ontbyt het ek nog ‘n tydjie oor om vinnig ‘n draai by die markte te gaan maak by die valle.



Terug na die backpackers toe waar by shuttle my kom optel





Dis ‘n baie gesellige plek hierdie en ek kan dit aanbeveel. Hierdie is die kombuis waar ons elke ete gekry het terwyl ons in Vic Falls was.



Net om al die toeriste so bietjie te laat deel voel van Afrika



Die shuttle kom tel my op en neem my na die helipad waar ons vinnig verduidelik word wat alles gaan gebeur en wat ons moet doen en nie moet doen nie. Ek is op die “Flight of Angles” vlug saam met 3 Amerikaners. Die vlug is so tussen 13min en 15min oor die valle en kos USD 140. Dit was vir my heeltemal die moeite werd gewees. Dit is eers uit die lug uit wat jy die krag van die “Mighty Mighty Zambezi River” regtig ervaar (dit en as jy met ‘n opblaas boot daar af dryf).








 
Na die tyd  gaan kry ek weer my fiets en verken die dorp verder aangesien die ander twee eers later sal klaar maak op die river. So eindig ek op by ‘n krokodil plaas en besluit om in te val by een van die toere. Hierdie plaas het glo eers aan een van die gelyste maatskappye van Zimbabwe behoort en hulle het dit gebruik om hulle hande op USD te kry agv die Zim $ se volatiliteit en vermindering in waarde.





Op hierdie toer was dit ook tyd om die krokodille te voer wat nogals interessant was. Die vleis van dooie olifante en ander diere word aan die plaas gegee deur die parke en dit is dan wat vir die krokodille gevoer word.





Kry vir my fiets ‘n souvenir en skiet terug backpackers toe vir middagete en om te wag vir Berno en Japie



Hulle was heel oggend op die rivier gewees en klink my het dit baie geniet. Tot so ‘n mate dat hulle genoem het om terug te kom wanneer die watervlak laer is, want dan is die rapids ook beter. Die River Rafting kos USD 130 as ek reg onthou en dit sluit in ‘n shuttle, koffie en muffins in die oggend, al die gear, middagete en bier/koeldrank na die tyd. Dit is verseker iets om te doen as jy daar is!









Ek het alreeds ‘n pizza in teen die tyd wat hulle by die backpackers opdaag. Ons kry vir ons ‘n bier terwyl daar stories oor die dag uitgeruil word.







Ons sien hierdie kar in die parking lot en maak ons eerste ontmoeting met die Put Foot Rally. Hulle is 60 karre (250 mense) wat besig is met dieselfde trip as ons (behalwe dat hulle deur Namibia opgekom het) en ons besef dat dit beter sal wees om ‘n dag voor hulle te hou aangesien verblyf vinnig ‘n probleem kan raak vorentoe vir al 250 mense en ons.



Daar is nog daglig oor en ons gaan verken die Valle verder







Devil’s Cataract



Main Falls in volle vloed









Ons foto saam met die ware “adventurer”



Soos in Botswana ook is die nie ‘n vreemde verskynsel om vlakvarke langs die straat raak te loop nie.



Die vorige aand het Berno ‘n bottel brandewyn uitgehaal wat hy as geskenk gekry het en saam gery het van Johannesburg af. Ons het net vir ons heel aand cokes gekoop en dit het baie goedkoper so uitgewerk.



So besluit ons om oppad terug na die backpackers eers ‘n draai by Shoprite te gaan maak en so raak dit toe die Gin en Sprite aand.



“My” hond “Simba” wat weer by ons kom lę vir die aand



Offline Voetpomp

  • Member
  • **
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 283
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #73 on: August 28, 2013, 03:39:25 pm »
Nice, dankie vir die deel. Lyk na n bef... trip :thumleft:
Get Busy Living Or Get Busy Dying - Andy Dufresne
GS800-Sold
XT660Z - Sold
2013-R1200GS-Sold
2015-R1200 GSA
 

Offline Loneman

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 685
  • Thanked: 2 times
  • Do no harm ( ....but take no shit)
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #74 on: August 28, 2013, 05:36:01 pm »
Baie nice RR. Thanks for sharing. Deel asb die roetes met ons, want my gat brand vir hierdie trip.
 

Offline capeklr

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,197
  • Thanked: 6 times
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #75 on: August 28, 2013, 06:35:19 pm »
Thanks for a great ride report. Would also be interested in the routes.
 

Offline Andy660

  • Hyundai Specialist
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,528
  • Thanked: 22 times
  • You are responsible for the bike behind you !
    • http://www.hunday.co.za
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #76 on: August 28, 2013, 10:20:11 pm »
Ok , now that I have just read all four pages , don't stop now ?
Very good RR , Jy kan maar verder skryf asb. ???
BEADMASTER LEVERS http://youtu.be/RWH3PRgjOKM  email accentgt8@gmail.com
EMERGENCY NO.                                            
From a cell phone you can dial 147
Also 082 911 will get you through to Netcare's Emergency Control Room[img width=65 height=100 ]   http://www.youtube.com/watch?v=R1Kzcn0SPIA&feature=player_embedded
YAMAHA HELDERBERG  Ambassador
 

Offline laurika

  • hoessenaam van hydrabad...
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT660
    Location: Gauteng
  • Posts: 6,306
  • Thanked: 1 times
  • helmet hair is very cool....everyone says so
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #77 on: August 28, 2013, 11:46:40 pm »
 sub

 "There is no happiness for him who does not travel...Therefore, wander... The fortune of him who is sitting sits, it rises when he rises, it sleeps when he sleeps, it moves when he moves... Therefore, wander!"...The Rig Veda - 800 - 600 BC..

bmw F650GS/ XT 660 R
 

Offline JMOL

  • The Mayor of Mopani
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,141
  • Thanked: 42 times
  • East London
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #78 on: August 29, 2013, 10:09:16 pm »
Lyk asof jou hond nogal moeg is  ;)
Life is hard - even harder if you are stupid.
 

Offline Gasman

  • Member
  • **
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Gauteng
  • Posts: 475
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #79 on: August 30, 2013, 06:53:53 am »
@ Voetpomp & Loneman - Will post all the routes at the end of the report, if you are heading that way soon, I will send it to you  :ricky:
@ JMOL - Ja die hond(e) het 'n lang dag gehad