Oom Danie en Altie innie Sederberg

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Altie7deLaan

Race Dog
Joined
Nov 5, 2011
Messages
1,957
Reaction score
132
Location
durbanville
Bike
Husqvarna (all models)
Ek was `n snotkop laaitie die eerste keer wat ek saam met my pa nuweland rugky gaan kyk het.
Ek was impressed.
Ek wou in die week `n brandweerman wees, naweke rugby speel op nuweland vir province, en ek wou `n datsun triple s ry soos my pa.
Soos ons uitstap uit die stadion, stap ons verby `n Mike Hailwood Replica, pragtige in groen en rooi, oop pype, wat op daai momentum opstart.
Die klank van daai Italian twin, reverberating tussen geboue was onvergeetlik.
My life changed that day, forever.
I was hooked.
Brandweermanne, Province en Datsuns het uit my geheur register geskuif.
Ek wou net `n bike he.
En my pa was ook hooked, hy het `n Daytona orange clad r90s gekoop wat nou aan Freak behoort

Vir 21 jaar het ek rondgejaag op enigiets tussen cb750`s tot motards en gixxer 1kcc`s en op `n dag net gatvol geraak. Same old, same old.
Koop `n 2011 nuwe 800gs en ry adventure.
Verg meer input as road riding. Die gs baklei ook so bietjie terug soms.
It doesn`t just lie there, it participates. I like that. Very much.
21 jaar en omtrent 24 boneys, phew..!

Sowat `n jaar terug koop `n ver-af oom,  Danie, `n netjiese 1150 en hy en die antie ry die teerpaaie plat. Kinders uit die huis.
Ek en oom danie praat lankal van die sederberge, en op die end doen ons dit op `n Sondag, `n eendag trippie in by ceres kant, uit by algerie.
Net voor die winter.

Ons begin vroeg. Lekker oor Geido. Die 1150 stoot van agter, ongelooflik lekker. Gedink clearance raak in `n issue in die twisties met die boxer layout. Maar nee.
Ek kry `n agter papwiel by ceder lodge. 110mm krat skroef. f@k..
Sondag repair by die lodge, Thomas (inwoner, met n transalp) help, sluit die workshop oop.
R30. Bargain!

Vandaar na Oasis, lekker sarmie en klap n bier of twee. Die sederberg het `n bekoring, dit is n mooi plek. Ons is maar net intrumente onder `n Hand.

Uit by Algerie kant, en grondpad langs na Citrusdal.
Refuel, pomp (tyres manne) en gooi mielies kaap toe, al met die agterpaadjies.
Tyd om die lava express se VVTi te toets.
Variable valve timing se gat man, ek praat van Vrottel-Vas-Teen-Ie-(Stop).
So amper 210 gelykpad, 220 afdraand revs in die rooi met die rooi  LED warning aan, maar geen rev limiter in top gear?
Eh, wonder hoe sal die GS hardloop met `n 1 tand sprocket agter.
Een veilige, lekker trip sonder te veel drama. Bliss.

Oom Danie se jongste seun het onlangs tragiese verongeluk in die middestad op sy cbr600, en oom Danie se 1150 staan `n ruk al.
Ek hoop die tyd genees genoegsaam die rou, en die 1150 kom wys weer gesig.
To live a life is a privilege,  and this planet we explore is a beautiful place.


 

Attachments

  • geido (Medium).jpg
    geido (Medium).jpg
    198.8 KB · Views: 506
  • ceder1.jpg
    ceder1.jpg
    212.5 KB · Views: 502
  • puncture.jpg
    puncture.jpg
    186.2 KB · Views: 475
  • ceder2.jpg
    ceder2.jpg
    221.4 KB · Views: 471
  • citrusdal.jpg
    citrusdal.jpg
    255.2 KB · Views: 477
  • oasis.jpg
    oasis.jpg
    192.4 KB · Views: 470
Top