My eerste Namibia Trip

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Apr 14, 2011
Messages
1,692
Reaction score
108
Location
Pretoria
Bike
BMW R1200GS Adventure
Julle is seker nou by die tyd seker al gatvol vir Namibia RR,maar ek gaan die een so sappig as moontlik skryf (Het ek dit geskryf!!! dis nou die tipe druk wat ek nie nodig het as ek nog nie eers begin het nie )

Ek skryf die RR met die ouens in gedagte wat se "Ek kan dit nie bekostig nie"
Sekerlik is daar manne wat hier wegry oppad na Namibia met grand fietse en meer bankkaarte as wat ek van kan droom ( Seen hulle )
Ek val nou ongelukkig nie in daai kategorie nie so ek moes dit maak werk,kom wat wil.

Net so bietjie agtergrond oor die beplanning van die trip ,ChrisL  se skuld,wees gewaarsku,as jy sy RR lees is jy oppad Namibia toe,finish en klaar.
Daar lees ek toe sy RR  en dit is hoekom ek nou hier sit en skryf van my trip.

Het n jaar terug besluit op die 27ste Julie 2013,hoe nader aan die tyd hoe minder het die beskikbare geld geword.
Die Donderdag voor ons ry het ek n tandpyn ontwikkel wat geskrik het vir niks,gat in die verstand tand en hy MOES uit sonder medies.
Daar gaan nog R1600 wat glad nie deel van die beplanning was nie,moes ook nog bande opsit,het toe net n voorband opgesit en maar met die byna klaar agterband opgelos.
Snaaks dat hoe minder geld jy het hoe beter lyk die loopvlak van die band ???

Het toe maar by my pensioenaris vriend wat saamgaan geld geleen,hoe laag kan n mens daal :imaposer:
Ons het toe besluit om liewer die Vrydag middag tot by Kuruman te ry,want Upington is net te wyd vir een dag se gemaklik ry,ook maar goed, want daai pad was vrot van die ry stop goed.
Voor ons vertrek het ek ,soos ek altyd doen,die olie uitgehaal (nie kar olie nie ;D) en die twee bikes gesalf, die agterband het bietjie ekstra olie gekry vanwee die loopvlak se toestand :ricky:

Vroutjie het die Bidwerk gedoen en ons is toe vort.

Saterdag is ons deur die grens anderkant Upington en stoom toe voort na Karasburg,n foto van ons eerste koppie filterkoffie in Namibia oppad na Karasburg.
Die wind het toe al gewys hy gaan n probleem word.
 

Attachments

  • Eerste Namibia koffie-001.jpg
    Eerste Namibia koffie-001.jpg
    215.6 KB · Views: 805
  • Namibia 2013 022.JPG
    Namibia 2013 022.JPG
    304.5 KB · Views: 801
Top